15 pretfeite oor troeteldiere
Hase
- Raak vinnig verveeld as hulle alleen in ’n hok is sonder voorwerpe om mee te speel.
- Hase het amper ‘n 360 grade uitkyk op alles, maar het ‘n blinde kol voor hulle gesig.
- Hase is bang vir water, so hulle maak hulself skoon sonder ‘n bad.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
Voëls
- Hul hart klop 400 keer per minuut as hulle rus en kan tot ’n 1 000 keer per minuut klop wanneer hulle vlieg.
- Voëls het hol bene om vlieg makliker te maak en om hul liggaamsmassa laag te hou.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Visse
- Goudvissies het tande en is in hul keel geleë.
- Baie visse kan hul kos proe sonder om hul monde oop te maak.
- Visse kan versmoor en sterf as hulle hul kos probeer kou, omdat die kou van kos inmeng met die beweeg van die water oor hul kiewe.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Hamsters
- Hamsters kan net een oog op ’n slag knip.
- Hulle kan hul eie liggaamsgewig in kos in hul wange stoor indien nodig.
Honde
- Sweet net aan die onderkant van hul pote.
- Kan ongeveer 100 gesigsuitdrukkings maak, meeste daarvan met hul ore.
- Honde lek hul neuse om hul lyf se temperatuur te beheer.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Katte
- Katte het geen sweetkliere nie.
- Elke kat se neus het ’n unieke patroon net soos die mens se vingerafdruk.
Onlangse plasings
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.