kategorieë: Ons menseBekendes

15 redes hoekom jy die Januarie 2020-uitgawe van rooi rose moet koop

15 redes hoekom jy die Januarie 2020-uitgawe van rooi rose moet koop deur Catherine Schenck

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Anna-Mart van der Merwe en Rolanda Marais is op die voorblad

Die aktrises Anna-Mart van der Merwe en Rolanda Marais het altyd nóg ’n storie om te vertel. Verlede jaar was hulle skoonsusters in Koningin Lear en nou speel hulle twee susters in die film Poppie Nongena. Ons het met die twee ‘skone susters’ daaroor gesels.

Die pragtige uitrusting is spesiaal vir dié fotosessie gemaak en ontwerp deur die uiters talentvolle Elrico Bellingan. En die mooi rooi lipkleur? Ons het Chanel se ‘Holiday Collection’ Exclusive Creation Rouge Allure (Rouge Spectaculaire) in True Red gebruik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Kom kyk agter die skerms van Poppie Nongena

Foto: Kristina Stojiljkovic

2. GRATIS Romanza-boekie

Jy kan een van vier gratis lekkerlees Romanza-boekies saam met jou rooi rose kry! Lees dit lekker op die strand of om sommer net te ontspan en te ontsnap.

Lees ook: Ons lekker vervolgverhaal, Vlam – dis gratis

Luister ook: Na ons prettige voorlesings: Botox, Barbies en Bietse en Dans met die rooi rok

3. Ons gesels met Mej. Heelal Zozibini Tunzi

Ons nuwe Mej. Heelal, Zozi Tunzi, het van die oomblik dat sy gekroon is as Mej. SA, die tonge laat klap met haar eiesoortige skoonheid en uitgesproke benadering tot kwessies wat vroue raak. Lees op bl. 30 om meer oor dié merkwaardige vrou te leer.

Lees ook: Skryf sommer nou in vir die Lesersforum en WEN die lekkerste pryse!

Foto: Garreth Barclay

4. Die heel lekkerste nageregte

Ons het betyds vir die vakansie- en Nuwejaarsvieringe ’n verskeidenheid gunsteling-drankies in heerlike poedings verander – soos hierdie Piña Colada-panna cotta!

Vir nog lekker nageregte, loer hier.

Foto: Lee Schwagele

5. Die somermodes wat jy nou moet dra

Ons modespan het die 10 moet-hê someritems gevind wat jy nou moet dra.

Loer hier vir nog goeie mode-raad

6. Bejaarde ouers en jou vakansieplanne

Ma of Pa is nie meer dieselfde nie, en die vakansie saam lyk vir jou na swarigheid. Ons wys jou hoe jy jou bejaarde ouer met liefde kan toevou en ’n verrykende vakansie-ervaring vir die hele gesin skep.

15 redes hoekom jy die Januarie 2020-uitgawe van rooi rose moet koop
Foto: iStock

7. Die ABC van groen skoonheid

Paniekerige pleidooie en somber voorspellings oor die lot van die aarde, die skade wat rommel aanrig (en die skoonheidsindustrie is ’n groot sondaar), en wat en hoe ons moet kies, kan so oorweldigend wees dat dit ’n mens byna verlam.

Maar begin 2020 met net een verandering tot jou skoonheidsroetine, maak dit geleidelik meer, en dra by tot ’n skoner wêreld.

Vir nog goeie skoonheidsidees, loer hier

15 redes hoekom jy die Januarie 2020-uitgawe van rooi rose moet koop

8. 10 dinge wat jy kan doen om beter met jou verhoudingsmaat te kommunikeer

Mooi verhoudings verg goeie kommunikasie. Maar dis ’n vaardigheid waarvoor ons selde riglyne kry. Ons deel 10 gesprekke wat jou verhouding kan red …

Loer hier vir nog goeie raad vir verhoudings.

iStock

9. Dekor-inspirasie: ’n Pragtige huis in die Kaapse Waterfront

Argitek John Fraser Frame-Tolmie en sy span het ’n eenvoudige, oninspirerende huis in die Kaapse Waterfront in ’n moderne, eklektiese en besonderse vakansiehuis omskep.

Die pragtige dekor in dié huis is deur Framework design.

Foto: Matthew van Niekerk

10. Word jou kind geboelie?

Wanneer ’n kind geboelie word, staan ouers en onderwysers dikwels magteloos. Ons het van twee inisiatiewe gaan uitvind wat ’n daadwerklike verskil kan maak.

15 redes hoekom jy die Januarie 2020-uitgawe van rooi rose moet koop
Foto: iStock

11. “Is jy die Kaalvoetluitenant?”

Die lewe gooi soms onvoorsiene draaie met ons. Die liefde óók … Albi Prinsloo vertel haar liefdesverhaal wat meer as 30 jaar geneem het om af te speel.

Foto: Verskaf

12. Daardie puntenerigheid kan dui op sensoriese probleme

Ken jy iemand wat puntenerig is oor kos, die samedromming in winkelkomplekse vermy, of moeilik in ’n oopplankantoor funksioneer? As die oorsaak sensoriese integrasiedisfunksie is, is daar hulp …

Lees ook: Een onderwyser en ma vertel van haar reis met sensoriese integrasiedisfunksie

iStock

13. Luiheid is goed vir jou

Wanneer jy vreeslik besig is, kry jou brein nie kans om kreatief te dink en oplossings te kry nie. Jy kan ook op ’n bewustelike manier met mense en ervarings omgaan en meer daaruit put. Ons wys jou hoe.

Lees ook: Leef stadiger, leef meer

15 redes hoekom jy die Januarie 2020-uitgawe van rooi rose moet koop
Foto: iStock

14. Simoné Pretorius – talent én passie

Jy kan nie in karakters se skoene klim as jy hulle veroordeel of jou van hulle distansieer nie, sê die veelsydige aktrise Simoné Pretorius.

15 redes hoekom jy die Januarie 2020-uitgawe van rooi rose moet koop
Foto: Reece van der Merwe

15. Rooiwarm man: Henré Pretorius

Henré Pretorius het min bekendstelling nodig, maar het die laaste paar jaar meer agter die skerms as voor die kamera gewerk. Ons gaan egter binnekort weer meer van hom op televisie sien … Loer op bl. 34 om uit te vind wat hy in die mou voer.

Foto: Johan Wilke

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.