17 dinge wat jy kan doen om beter verhoudings met jou kollegas te kweek

17 dinge wat jy kan doen om beter verhoudings met jou kollegas te kweek deur Anet Schoeman: Foto: Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Liewe kollega …

As jy die ure per dag tel, is jou kollegas die mense saam met wie jy die meeste tyd deurbring. Jou verhouding met hulle kan jou uitkyk op die lewe beïnvloed en jou bui bepaal. Negatiewe energie mergel ’n mens uit en kan uitkring en jou kreatiwiteit benadeel. Werk aan jou ingesteldheid en werk lekker.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Luister

Die internasionale magnaat, skrywer en korporatiewe kenner Dale Carnegie, het volgehou dat luister die beste kommunikasievaardigheid is, en ook die maklikste een om aan te leer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Jy hoef nie ’n prater te wees om goeie verhoudings te bou nie. Luister is jou sleutel tot sukses, veral in ’n tegnologiese eeu waar die meeste kommunikasie deur kriptiese boodskappe en emoticons geskied.

As jy ten volle beskikbaar is, toon dit respek en wys jy dink iemand is belangrik. As jy ordentlik luister en nie heeltyd dink wat jy volgende wil sê nie, onthou jy ook beter sodat jy in ’n volgende gesprek kan uitvra na dit waaroor julle laas gesels het. Maar pak weg daardie foon en los jou rekenaar.

2. Goeie maniere

Dit klink dalk outyds, maar goeie maniere waar jy dinge doen soos mense groet en dankie en asseblief sê, is steeds belangrik. Kenners glo dieselfde dinge wat jou op skool gewild gemaak het, werk ook in die werksomgewing.

Maya van Wagenen, ’n Amerikaanse tiener wat moeilik vriende gemaak het, het ’n 1950-etiketboek, Betty Cornell’s Teen-Age Popularity Guide, gebruik om haar by ’n nuwe skool in te burger. Die raad het gewerk, en boonop het haar dagboek en stories haar ’n boekkontrak van R4,5 miljoen en fliekregte besorg.

3. Moenie skinder nie

Wil jy hê ander moet agter jou rug praat? Jou kollegas voel dieselfde. Enige gerug kry gestalte as dit ’n paar draaie geloop het. Maak seker jy is nie die een wat die stories versprei nie. Dis veral belangrik as dit met werkskwessies verband hou. Wag tot die feite bekend is voor jy jou stuiwer in die armbeurs gooi.

4. Glimlag

Skaam mense kan nors voorkom as hulle nie oogkontak maak en vrolik lyk nie. Glimlag en lyk toeganklik, al is jy nie die grootste prater nie.

5. Wees betyds

Ons almal het nou en dan ’n onvoorsiene probleem wat ons laat maak, maar moenie elke tweede oggend vol verskonings laat instorm nie. Beplan beter.

Volgens navorsingsbevindings is laatkommers onrealisties optimisties oor hoe lank dit duur om dinge gedoen te kry. Skryf neer hoe lank jy dink dit jou sal neem om iets te doen. Kyk dan op jou horlosie en bepaal presies hoe lank dit jou werklik geneem het om soggens reg te maak, ontbyt te eet en tot by die werk te kom.

Jy kan verbaas wees oor jou optimisme! Onthou om ’n paar minute ekstra in te werk vir ’n verkeersknoop of robot wat nie werk nie.

6. Lyk selfversekerd

Eerste indrukke word veral bepaal deur jou voorkoms en lyftaal, eerder as dit wat jy sê, sê die navorsers.

Lyk selfversekerd, staan fier en regop, trek jou skouers terug en hou jou kop hoog. ’n Studie het ook getoon dat mense wat hulself aan hul goeie hoedanighede herinner het voordat hulle ’n groep mense genader het, het meer inisiatief geneem in groepbesprekings en ook meer bekwaam voorgekom.

7. Wees vrygewig met komplimente

Komplimente laat mense goed voel en wys dat jy belang stel.

Sê wanneer iemand iets goed doen of mooi lyk. Moenie skynheilig wees, dit elke dag doen of die grense oorsteek met iets  soos “Jy lyk baie sexy in die hemp” nie.

8. Moenie voorgee nie

Moenie ter wille van gewildheid iets probeer wees wat jy nie is nie. Jy kan net die beste weergawe van jouself wees. Fokus liewer op jou unieke sterk punte. Dink aan wat mense gewoonlik van jou waardeer; dalk is jy ’n positiewe mens of ’n goeie luisteraar. Gebruik hierdie bates om jou bemind te maak.

9. Netheid

As jy in ’n oopplankantoor werk, is dit belangrik om jou werksplek netjies te hou. Niks krap ’n Netjiese Nettie vinniger om as ’n tsunami van klotter wat van haar buurvrou af na haar werksplek oorspoel nie, of kos en krummels wat rondlê en vlieë lok nie.

10. Persoonlike oproepe

Jy’t nie lus om na jou kollega se eindelose foongesprekke te luister nie, so hou jou oproepe kort en saaklik as jy nie jou eie kantoor het nie. Moenie die lawaaimond wees wat almal irriteer met jou luide gesprekke nie.

11. Respekteer ander se tyd

Moenie ander mense kort-kort onderbreek en lang gesprekke voer nie. Hou jou vrae kort en bondig en kry jou ry sodat hulle kan werk.

12. Ligloop vir e-posse

Dink mooi voor jy ’n e-pos aanstuur. ’n Onskuldige en grappige opmerking wat jy oor iemand maak, kan by die kollega uitkom, jou in ’n slegte lig stel en dalk ’n permanente vyand tot gevolg hê.

Maak ook seker daar is geen kommentaar in vorige e-posse voor jy dit vir die volgende mens aanstuur nie. As jy ’n probleem wil oplos, praat direk met iemand. Dan het jy die voordeel van lyftaal en stemtoon om seker te maak daar is geen misverstande nie.

Moenie via ’n e-pos gal afgaan oor een kollega by ’n ander nie. Onthou, e-posse is permanent en dit kan iewers opduik en teen jou tel.

13. Stel belang

As jy nie ’n natuurlike geselser is nie, kry alledaagse dinge om oor te gesels. Vra uit oor hul naweek om ’n aanknopingspunt te kry. As jy eers weet waarin hulle belang stel, is dit makliker om ’n gesprek aan die gang te hou. Luister met aandag sodat jy volgende keer makliker by jul vorige gesprek kan aansluit. Gesprekke oor die weer is blykbaar die suksesvolste as jy aan niks kan dink om te sê nie, en boonop gee dit nooit aanstoot nie.

14. Moenie vloek nie

Jy gebruik dalk voor jou maters ’n kragwoord of twee, maar hou dit maar vir daardie geleenthede. Dieselfde geld grappe wat jy nie vir jou ouma sal vertel nie, asook Internetgrappies wat rassisties, seksisties, vulgêr of polities is. Jy sal nie die eerste wees wat jou loopbaan hiermee knou nie.

15. Besige bytjie

Jy is nie die enigste mens wat hard werk nie. Moenie jou kollegas heeltyd verveel met praatjies oor hoe oorwerk jy is nie. As jy nie die mas opkom nie, praat met jou bestuurder om hulp te kry. Plak andersins ’n glimlag op jou gesig en doen jou werk.

16. As die klok lui

Moenie altyd die eerste een wees wat jou tassie pak en uitstorm nie. As jy kinders moet oplaai, is dit te verstane, maar wys ook af en toe dat jy nie soos ’n skoolkind net wag vir die klok om te
lui nie.

17. Wees positief

Dis warm. Dis droog. Die ekonomie laat veel te wense oor. Die politiek is ’n nagmerrie … Moenie in die gewoonte kom om gedurig te kla nie. Mense sweep mekaar op en later word dit ’n negatiewe draaikolk wat jou aftrek.

Praat oor ander goed en straal positiewe energie uit. Wees net versigtig dat jy dit nie oordryf en altyd die vrolike sonstraaltjie is wanneer die ander jaag teen spertye en min geslaap het nie. Min goed maak iemand gouer ongewild. Bied liewer aan om vir die oorwerkte kollega koffie te maak.

Lees nog: Jou werk: 10 dinge wat alle goeie bestuurders moet weet

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.