kategorieë: KosMaklik en vinnig

2 blitsidees met tiemie

Tawwe tiemie

• Jy kry verskeie variëteite met unieke geure, soos suurlemoentiemie wat varsheid gee en heerlik is in soeter gebak en drankies. Gewone tiemie gee ’n diep geur aan soutgeregte.
• Omdat tiemie so gehard is, droog dit beter en behou sy geur goed.
• Dié krui is ewe nuttig vir die noodhulpkissie: gorrel met sterk tiemietee om keelinfeksie teë te werk, of behandel velkwale daarmee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

2 blitsidees

Klassieke bouquet garni – vir hoender

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

• Bind 5 takkies pietersielie, 1 lourierblaar en 4 takkies tiemie met 1 preiblaar vas.
• Sit dit in die holte van ’n heel hoender en rooster.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Suurlemoen-en-roosmaryn-bouquet garni – vir lam

Bind 1 lourierblaar, 5 takkies pietersielie, 4 takkies tiemie en 2 takkies roosmaryn met ’n repie suurlemoenskil vas en gebruik in lamsvleisbredies.

Tiemie se geurpasmaats

Knolgroente, peulgroente, lamsvleis, steak, eiervrug, kool, wortels, preie, eksotiese sampioene, tamaties, uie, aartappels, blomkool, soetmielies, knoffel, lemoene, suurlemoene, pere, ricotta, botter en rooibos.

Koop só

• Droë tiemie moet steeds ’n sterk geur hê wanneer jy die botteltjie skud, of die blare tussen jou vingers vryf.
• Wanneer jy vars takkies koop, moet hulle nie swart of gekneus wees nie.
• Koop geure soos suurlemoentiemie by kwekerye – hulle groei goed in potjies op die kombuisvensterbank.

Bêre só

• Pluk vars tiemie wanneer daar oorvloed in die tuin is en hou die stammetjies in water in die yskas, of op klam kombuispapier in ’n sakkie in die yskas.

Maak só

Droog tiemie tuis:
• Sit die blare op kombuispapier en mikrogolf vir 2-3 min. op hoog
• Hang bossies in ’n droë vertrek op en stroop die blaartjies af wanneer hulle droog is. Hou in ’n lugdigte houer.
• Kap die blaartjies fyn en vries in ’n bietjie water om by soppe of bredies te voeg.

Gebruik só

• Stroop die blare van die takkies en vryf oor vleissnitte voor jy dit rooster.
• Sit takkies suurlemoentiemie in drankies soos yskoue rooibos-ystee en jy het ’n verfrissende somerdrankie.
• Gedroogde tiemie is gehard en kan lank kook. Gooi dit vroeg by die pruttende pot en kry die beste geur.
• Tiemie is deel van die klassieke bouquet garni waarmee jy bredies en soppe geur.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

42 minutes Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.