kategorieë: Ontspanning

Nuwe era en nuwe voorkoms vir Morgenster

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

In 1994 het Giulio Bertrand 17 voortreflike Italiaanse olyfvariëteite ingevoer en 42 hektaar olyfbome in die landgoed se klipperige grond geplant. Die landgoed se eerste ekstra suiwer olyfolies is in 1998 vrygestel. Die res van die land se boere het kennis geneem en begin om dié kultivars olyfbome aan te plant, alles danksy die innovasie van Giulio, wat die ooreenkomste tussen Suid-Afrika en die Meditereense klimaat van sy geboorteland, Italië, raakgesien en ontgin het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hy is in 2018 oorlede.

Met ‘n oorgeërfde filosofie van “waar daar kwaliteit is, is daar geen kompromie nie”, gaan sy nalatenskap vandag voort met sy dogter, Federica en kleindogter, Vittoria, aan die stuur. Hierdie nuwe era onder die volgende geslag Bertrands is pas ingelui met ‘n nuwe voorkoms vir die landgoed se vier olyfolies en een balsamiese asyn. Die balsamiese asyn word in Modena, Italië gemaak en op Morgenster gebottel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die nuwe voorkoms vir die vier olyfolies en een balsamiese asyn.

Die plaas se unieke logo vertoon die Morgenster “M” en die landgoed se ikoniese oggendster waaraan die plaas sy naam te danke het, in ‘n vars opwindende ontwerp. Die landgoed se Europese invloed word met die gekose Mediterreense kleurpalet van prominente blou aangevul.

Gaste is na die plaas genooi om die nuwe hoofstuk vir die landgoed te vier. Vittoria het by die geleentheid gesê die nuwe voorkoms was ‘’n lang reis, maar beslis die moeite werd”.

Die historiese herehuis op Morgenster landgoed dateer uit 1786.
Gaste kon in die tuin voor die herehuis die olyfproe meemaak.

Graft Branding Studio van Stellenbosch het aan die nuwe voorkoms vir die olyfolie en landgoed se wyne gewerk.

Sy het voorts gesê haar oupa se pionierswerk om olyfbome te plant, het die weg gebaan vir die olyfbedryf soos dit vandag bekend is. Menige olyfplase doen uitstekende werk en verower internasionale pryse, alles danksy haar oupa wat die eerste reuse stappe meer as drie dekades gelede geneem het – in ‘n tyd toe olyfboorde in Suid-Afrika ongehoord was.

“Hierdie is ‘n baie spesiale week. In my oupa se dagboek het hy altyd die eerste week in Mei ’n viering gehad en hier is ons nou weer vroeg Mei vergader om iets te vier.”

Vittoria het vertel dat die nuwe voorkoms tegelykertyd modern en nuut is; dat dieselfde passie wat haar oupa gekweek het, sal voortleef en dat die voorkoms nuut en anders is, maar die kwaliteit dieselfde is.

Fabio Procaccini, olyfolie consultant van Italië, Maggie Davids, olyfolie produksiebestuurder en : Altus van Lill, wingerdboukundige en plaasbestuurder.
Die “Pa van die Suid-Afrikaanse olyoliebedryf”, Giulio Bertrand, is in 2018 oorlede, maar sy nalatenskap leef voort met sy dogter, Federica en kleindogter, Vittoria, aan die stuur.

Gaste kon die hele proses ervaar, van waar die olywe in die kelder inkom, gewas en gesorteer word, tot die olie meganies uitgedruk word. Elkeen kon die olie wat gepars is, vars proe.

Die olywe kom van die boorde af en word gesorteer.
Die olywe word gewas voor dit meganies gedruk word.
Die olyfolie kon van die pars geproe word.

Ons stap daarna onder deur die lang ry bome na die olyfproe in die tuin, terwyl die historiese herehuis oor ons waak. Die ou herehuis wat uit 1786 dateer, se gewel pryk trots met die jaartal.

Die vier ekstrasuiwer olyfolies, Xtra Virgin Olive oil – Vibrant & Versatile is ‘n versnit van tot 14 van hul kultivars en is vars en vrugtig. Die Delicate, Balanced & Subtle is drie kultivars en het ‘n baie delikate smaak. Die Don Carlo – Bold & Robust is van die enkelkultivar, Don Carlo en het ‘n sterk geur. Dit het al die wêreld se voorste kompetisies gewen. Die Lemon-enhanched – Zesty & Tasty gebruik koudgedrukte suurlemoenskil-olies en gee die olyfolie ‘n vars en lewendige smaak. Dis ook heerlik oor goeie kwaliteit vanieljeroomys as nagereg.

Olyfolie vars van die pars is nog effe troebel.
Xtra Virgin Olive oil – Vibrant & Versatile is ‘n versnit van tot 14 van hul kultivars en is vars en vrugtig.

Die balsamiese asyn is drie jaar verouder en word van Trebbiano druiwe gemaak.

Na die olyfolieproe, is gaste in die herehuis op ‘n tradisionele Italiaanse middagete met koue vleis, kaas, tuisgebakte focacia, pasta en wyn onthaal.

‘n Eg Italiaanse middagete in die herehuis.
Wat sal vars brood sonder olywe en olyfolie nou wees?

Die landgoed is daagliks oop vir die publiek vir olyfolie- en wynproeë.

Na al die gaste huiswaarts gekeer het, daal die stilte op die herehuis en sy bewakers neer.

Lees ook: Groot deurbraak vir Kaapstad Opera

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Roeline geniet dit vreeslik om “mevrou dominee” in Diepe waters te speel

Roeline Daneel, bekend vir haar rolle in Fraksie, Binnelanders en Fynskrif en die wenner van die beste aktrise in ’n…

1 hour Gelede

Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig

Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig versorg deur Mariette Snyman. Foto's Pexels “Gedrukte…

19 hours Gelede

Die regte medisyne vir verkoue

JY KAN jou seer keel en koors self dokter én stukke beter voel. Ons wys…

1 day Gelede

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

2 days Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

2 days Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.