
Genoeg vir 4.
Bestanddele
- 350 g macaroni
- 15 ml (1 e) olyfolie
- 250 g (1 pakkie) spek, in blokkies gesny
- 250 g (1 houertjie) roomkaas
- gerasperde skil van een suurlemoen
- 250 g camembert, in blokkies gesny
- ’n hand vol Italiaanse pietersielie, ruweg gekap
- 180 ml (¾ k) broodkrummels
- 80 ml (¼ k) parmesaan
Metode
- Voorverhit die oond tot 220 °C.
- Kook die macaroni volgens die aanwysings op die pakkie tot al dente.
- Verhit intussen die olie in ’n pan oor matige hitte en braai die spek tot goudbruin en bros.
- Dreineer die macaroni, hou 300 ml van die pastawater eenkant. Voeg die roomkaas by die water en roer tot die kaas gesmelt is. Giet die roomkaasmengsel oor die macaroni.
- Voeg die suurlemoenskil, camembert en pietersielie by en meng goed. Skep die macaroni in ’n bak met ’n inhoudsmaat van 2 liter. Strooi die broodkrummels en parmesaan oor die macaroni en bak vir 30 min. tot goudbruin.
Lees ook:

