kategorieë: Leef gesondGesondheid

33 gesonde kosse sónder suiker vir jou en jou kinders

Minder suiker, minder geprosesseerde kosse. Ons hoor dit elke dag. Maar hoe doen mens dit? Wat gee jy vir jou altyd-lus peutertjie en laerskoolkinders wat soos riete opskiet en uitrank? Wat hou jy in die koskas vir hongerige tieners wat hulself wil help? Daarby wil ons almal ons kinders help om hul volle potensiaal te verwesentlik, wat daarop neerkom dat ons nie net hul lyfies nie maar ook hul brein wil voed.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

3 gesonde vette

Jou kind het baie vette nodig, spesifiek gesonde vette soos die omega 3’s, want rondom 60% van sy brein bestaan uit vette. Die omega 3’s help veral dat sy neuro-oordragstowwe op hul beste werk, sodat hy op en wakker is, alles inneem wat in die klas gebeur en flink reageer. Wat kan jy in jou koskas aanhou vir snoepgoed propvol gesonde vette?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Avokado – net so, op broodjies, of in skyfies gesny en in sesam- of pampoensaad gerol
2. Neute – al die soorte. Nota: dit is altyd beter om rou, ongesoute neute te koop. Geroosterde neute kan hul voedingswaarde verloor. Daarby wil jy nie ’n smaak vir sout by jou kind ontwikkel nie.
3. Grondboontjiebotter – net so, en op skooltoebroodjies en dbrosbeskuitjies

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

14 vrugte en groente

Dit is die hoofbron van vitamiene en anti-oksidante. Jou kind se brein het veral B-vitamiene nodig vir sy neuro-oordragstowwe om goed te werk. Vitamien C help hom yster opneem, wat op sy beurt help om suurstof na die brein te neem en vitamien E en C help vermoedelik met verbale vaardighede. Wat hou jy in die huis vir snoepgoedjies?

4. Appels – dink aan gedroogde appelringe, gebakte appels, kits vrugteslaai van skyfies appels en skyfies lemoene
5. Pere – vars of gedroog
6. Waatlemoen
7. Spanspek – in vrugteslaai of groenslaai, saam met botterslaaiblare en jonguie
8. Mango – vars of gedroog
9. Nektariens, perskes, appelkose – vars of gedroog
10. Piesangs – vars of gedroog
11. Kiwi-vrugte
12. Druiwe

13. Dadels – gekap saam met neute en geroosterde lynsaad
14. Komkommer – gesny in vingers of ringe, saam met maaskaas as doopsous
15. Droë vrugte, vrugtelekkers, vrugtestafies. Nota: Die beste is die soort wat nie in suiker gerol is nie.
16. Wortels – slaai, stokkies, stokkies saam met dadels
17. Alle groente – Min kinders gaan hieraan dink as tussenhappies, maar vars ertjies wat jou kind self uitdop en dop-en-al eet is weer iets anders.
Sorg dat jou kind saam met elke ete ten minste een groentesoort inneem. Sorg dat jy altyd enige vyf van hierdie in jou yskas het: ertjies, komkommer, slaai, kool, boontjies, pampoen, rissies, skorsies, botterskorsies, murgpampoen, blomkool, brusselse spruite, broccoli, blaarslaaie, jonguie en kruie.

5 stysels

Dit is die energiebrandstof vir jou kind se lyf èn brein. Die brein word beskou as die energie-ondoeltreffendste orgaan in die hele liggaam – met ander woorde, breinwerk verbrand net so baie energie as rondspeel, al lyk dit nie so nie. Growwe stysels verskaf ook vesel vir daaglikse gereeldheid, wat nodig is om toksiese stowwe, wat ook vir die brein skadelik is, uit te werp.

Wat kan jy aanhou?

18. Springmielies
19. ‘Bruin’ stysels soos heelgraanbrood, rogbrood, steenmeelbrood
20. Hawermout – verskuil dit in muesli en mueslilekkers
21. Tuisgemaakte koekies en beskuit met bestanddele soos semels, hawermout, neute, sade en klapper. Nota: Een per dag is genoeg.
22. Sjokolade – dit tel onder die beste van die lekkers omdat dit anti-oksidante, sink en vitamien A bevat. Maar hou by ’n blokkie of twee per dag, omdat dit baie suiker bevat.

6 suiwels

Melk help jou kind se geheue bou. Melkdrinkers vaar tot vyf keer beter in geheuetoetse as nie-melkdrinkers, en dié wat minstens een glas melk per dag drink, vaar beter met alle breinfunksies as dié wat minder of niks drink nie. Melk sal die brein as geheel help.

Wat sit jy voor?

23. Melk – melkkos, gegeurde melk, melkysies. Nota: Gekoopte gegeurde melk kan geweldig baie suiker bevat. Klein porsies hiervan is oorgenoeg. Koop liewer melkgeurmiddels, maak dit van die begin af flou aan sodat jou kind nie te gewoond raak aan baie soet smake nie, en bedien die melk in klein glasies.
24. Jogurt – kies liewer die volvet, suikervrye jogurt as laevet jogurt wat gewoonlik baie suiker bevat.
25. Kaas – skyfies, blokkies, gerasper, gesmelt … op énige iets!
26. Smeerkaas, kaaswiggies – dit word deesdae as ’n gesonde produk beskou.
27. Vla – heerlik gesond, as jy dit tuis maak en min suiker gebruik
28. Roomys – heerlik gesond as jy dit self maak en min suiker gebruik.

5 proteïene

Dit help nuwe breinselle bou en help veral met langtermyn geheue, sodat jou kind die feite wat hy nou leer oor ’n jaar (of tien jaar) steeds sal onthou. Die volgende lyk al te veel na gewone kos, maar dit is ook uitstekende happies omdat veral groeiende tienerseuns ekstra proteïene gebruik om spierweefsel te bou.

Wat sit jy voor?

29. Eiers – Tieners kan heerlik met eiers eksperimenteer en self eiers kook of roer, en met allerlei bestanddele opkikker. Stimuleer hul ondernemingsgees en lus om te eksperimenteer deur gekookte eiers af te dop en te rol in paprika, of gekapte knoffel, jonguie of tiemie.
30. Hoender – kouehoender, vlerkies, boudjies, skyfies borsies vir ’n slaai
31. Vis – maak kamma-sushi met blikkie-tuna, gepekelde gemmer,sojasous en wasabi
32. Frikadelle – groot, plat frikadelle op ’n broodjie, klein, rondes in ’n slaai of sop, ’n sosatiestokkie met klein frikkadelle en babatamaties
33. Gaar wors – in ’n worsrolletjie, saam met kaasblokkies

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.