kategorieë: Ons menseBekendes

Robbie Wessels se nuwe lied ‘n ode aan Eben Etzebeth

Die sanger en liedjieskrywer Robbie Wessels is behoorlik begeesterd deur die Rugbywêreldbeker wat tans in Frankryk plaasvind en het sopas nog ‘n rugbysnit vrygestel– dié keer ‘n ode aan die geliefde Springbok-slot Eben Etzebeth.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die liedjie, getiteld Eben Etzebeth, is uit Robbie se eie pen en vereer die speler vir sy vreesloosheid as rugbyspeler en sy ongelooflike talent vir die spel. Die lied se genre word beskryf as “‘n kombinasie van folk en komedie, ‘n lekker geesvang-liedjie met ‘n oulike storie.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Ek dink Eben Etzebeth het al sulke diep spore in Suid-Afrikaanse rugby getrap dat ek gevoel het ‘n liedjie is in orde,” sê Robbie oor die inspirasie vir die liedjie.

“Ek het ook die voorreg gehad om hom te ontmoet by ‘n funksie net ná die Rugbywêreldbeker in 2019. Nadat ek met hom gesels het, het ek besef hier is ‘n ou met ‘n groot hart wat boonop nog nederig ook is en ek glo hy gan nog dieper spore trap as wat hy reeds het.”

Robbie sê hy geniet dit baie om rugbyliedjies te skryf en om iemand spesifiek te vereer, veral as die persoon ook dan van die liedjie hou.

Hy glo en hoop luisteraars sal die saamsing-liedjie baie geniet omdat dit ‘n lekker storie van Eben Etzebeth vertel en hoop die liedjie laat luisteraars op eie bodem ook trots Suid-Afrikaans voel.

“Die lied beskryf hom lekker. Sy passie. Sy vreesloosheid. Dat sy teenstanders versigtig moet wees vir hom, want hy is kookwater, sterk en vinnig.”

Robbie het ook onlangs die rugbytreffer “Hiep Hiep Hoera” bekendgestel. Hy beplan om saam met sy orkes landswyd te toer en sien uit daarna om in die toekoms meer toneel te speel en programme aan te bied.

LUISTER: Eben Etzebeth


Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Bennie Fourie oor die splinternuwe komediereeks, Taktiek

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Besoek Stellenzicht se unieke ekowyn-pod vir ’n uitsonderlike wynproe-ervaring

Soos jy aankom, word jy deur welige wingerde en groen heuwels begroet. Die wyn-“pod” self…

12 mins Gelede

Geurige roerbraairys

Hierdie geurige roerbraairys kry die lekkerste dadel-en-sjerrie-hoender by.

2 hours Gelede

Die beste gebruik van herfsblare in jou tuin

Die helder skakerings van oranje, rooi, geel en bruin blare gedurende die herfs is werklik…

4 hours Gelede

Leer jou breipatrone beter verstaan

Ons deel breilesse uit ons argiewe.

22 hours Gelede

Gebruik oogomlyner vir langer wimpers

Nie almal is geseënd met lang wimpers óf weet hoe om vals wimpers aan te…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.