kategorieë: DekorLeefstyl

4 dinge wat jy moet weet om die beste kuierkombuis te skep

4 dinge wat jy moet weet om die beste kuierkombuis te skep deur Cornél Dunn. Hooffoto deur Easylife Kitchens

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Die kombuis moet prakties wees

Hoewel die estetiese belangrik is en daar gelukkig deesdae soveel pragtige afwerkings en toebehore beskikbaar is, moet die kombuis ook funksioneel wees met genoeg plek vir kook, skoonmaak, opdien en onthaal.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

’n Oop herd in die kombuis is ‘n bate – Suid-Afrikaners hou mos van braai.

Hoewel toonbanke die algemene keuse vir ’n eetplek is, moet ons nie van die getroue kombuistafel vergeet nie.

2. Fokus op iets!

Kies ’n element in jou kombuis wat as fokuspunt dien. Dit kan ’n eiland wees, ’n wasbak wat oor die tuin uitkyk, ‘n pragtige spatmuur agter jou stoof, of selfs Ouma se antieke Delft-opdienbakke. Onthou die blomme!

3. Gee dit gas

Soms gee ’n mens nie genoeg aandag aan kragopsies nie. Gas is deesdae baie gewild omdat elektrisiteit duur is en beurtkrag dalk nog lank met ons gaan wees.

4. Maak seker daar is genoeg opruimplek

Dit is lekker om te onthaal. Maar oorweeg ’n afsonderlike plek waar jy kan opruim. Hoewel dit vir gaste dalk lekker is om jou te sien kook, is vuil skottelgoed ’n seer oog.

’n Klein spens waar jy al jou benodigdhede kan stoor, is ‘n slim idee omdat dit ook jou kombuis summier ontklotter. Easylife Kitchens het hope bêreplek!

Wanneer jy jou kombuis beplan, ken jy jou behoeftes beter as enigiemand anders. Oorweeg dit om met professionele beplanners soos Easylife Kitchens te gesels.

Verskaffers

Easylife Kitchens | easylifekitchens.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Cornel Dunn

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.