kategorieë: Gesondheid

4 stappe tot ’n nuwe jy

Dis die tyd van die jaar wanneer die skoonmaakgogga byt en jy jou deurmekaar kombuis, klerekaste en laaie wil organiseer. Maar moenie van jou lyf vergeet nie. As jy ’n gloeiende somer wil beleef en ’n bietjie lyf wil wys in sonrokke en ’n baaikostuum, sal jy van al die lae wintervet ontslae moet raak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Kom ons spring sommer nou in! Volg net die vier eenvoudige stappe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

4 stappe tot ’n nuwe jy

Stap 1

Eet meer rou kosse soos vars groente, vrugte, neute en sade. Rou kos is nie net ’n gier nie, dit is ’n leefstyl en bied voedsaamheid in ’n natuurlike, onverwerkte manier. Jy kry die maksimum voedingstowwe in met minimale bymiddels.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dit beteken ook die voedingstowee word makliker verteer. Jy hoef nie ’n rou vegetariër te word nie, jy moet net meer moeite doen om rou kosse in  te neem.

• Sit vars vrugte om jou kosblik

• Peusel aan rou wortels, seldery, komkommer en rooi soetrissie

• Kook of stoom jou groente sodat dit nog krakerig is

• Kies sade of neute as gesonder opsies om aan te peusel. Droë vrugte en neute is ideale happies

Stap 2

Spoel jou stelsel skoon! Hidrasie het ’n groot impak op jou algemene gesondheid. Ons liggame bestaan uit ongeveer 70% water en baie gaan verlore gedurende die dag deur middel van sweet, urinering en asemhaling. Maak seker jy vul die verlies aan.

Drink water en nie koffie of koeldrank nie aangesien kafeïen kan veroorsaak dat jou liggaam water vrystel. Afhangende van hoe aktief jy is en of jy manlik of vroulik is, moet jy 9-13 glase water per dag drink.

Hier is nuttige wenke:

• Drink twee glase water as deel van jou oggendroetine.

• Hou ’n bottel water byderhand. Dit sal jou daaraan herinner om gedurende die dag water te drink.

• Geur jou water met suurlemoensap, komkommerskywe, Goji-bessies of kruisementblare.

Foto: Pixabay

Stap 3

Kry ’n vars voorkoms! Uit met die oue en in met die nuwe. Versorg jouself:

• Kry ’n haarsny: ’n vars uitkyk vir ’n nuwe seisoen

• Raak ontslae van dooie vel sodat jy in jou mooi lenterok kan pronk

• Gooi grimering met vervalde datums uit en koop nuwes

• Bevogtig jou liggaam: Smeer jou van kop tot toon met strelende rome om van die winterdroogheid ontslae te raak

• Pak jou swaar parfuum weg en spuit jou vol geure van lenteblomme

Foto: Pixabay

Stap 4

Kuier buite! Jy het genoeg tydens die wintermaande gehiberneer. Dit is tyd om vars lug en son te kry. Jy het Vitamien D, ook bekend as die sonskyn-vitamien, nodig om beengroei te bevorder. Te min vitamien D kan sagte bene in kinders (ragitis) en broos, misvormde bene in volwassenes (osteomalasie) veroorsaak.

Terwyl jy buite in die son is, kry sommer ’n bietjie oefening. Dit sal jou energie bevorder en stress wegjaag.

Hier is ’n paar wenke:

• In plaas van om ’n vriend vir ’n drankie te ontmoet, gaan stap eerder langs die see of in ’n park

• Neem jou gesin op ’n staptog vir die naweek. Eet gesonde happies.

• Ry met jou fiets werk toe. Jy spaar geld en word fiks!

Geniet die lente met ’n gesonde liggaam en gees!

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.