kategorieë: Dra dit soMode

Vier style met pumps

Is jy gedurig op die uitkyk vir nuwe trends in die modewêreld? Wonder jy soms hoe jy jou alledaagse voorkoms kan optower met bykomstighede of oulike skoene? Ons deel vier style in samewerking met CROCS™ se splinternuwe reeks deurskynende pumps!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1 Pump dit saam met ’n spanbroek of noupassende denims

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die vorm van noupassende denims en spanbroeke (leggings) werk uitstekend saam met ’n paar plat skoene. Wil jy jou denims meer modeieus laat lyk? Kies ’n paar pumps met ’n punt-vorm by die tone en ’n effense hakkie. Ons hou baie van die CROCS™ Rio Flat, beskikbaar in brons en violet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2 Pump dit saam met ’n rokkie

Jy kan maklik ’n mooi rokkie saam met pumps dra. Gemaklike rokkies wat of baie lank of baie kort is, werk perfek saam met pumps. As die pumps ’n effense hakkie het, nog beter aangesien dit jou bene langer laat lyk. ’n Eenvoudige maksirok en ’n paar pumps skep die ideale someruitrusting. Ons hou van die CROCS™ Adrina III Flat, veral omdat dit in kleure soos helderpienk, ysblou, swart en Espresso beskikbaar is.

3 Pump dit saam met ’n denim of kakiebroek

Maak nie wat jou liggaamsvorm of -grootte is nie, pumps lyk altyd goed saam met ’n denim of kakiebroek. Wenk: rol die broek effens op om ’n klein gedeelte van jou enkel te wys. CROCS™ Cap Toe Flat is beskikbaar in drie kleure: Latte, swart en pleister.

4 Pump dit saam met ’n rompie

Pumps met ’n effense hakkie lyk mooi saam met ’n kort rompie (kyk uit vir pumps met ’n wighak). Knielengte-rompies werk ook goed saam met pumps. Probeer CROCS™ Gianna Flat, beskikbaar in peper, swart en Espresso.

Vir meer inligting oor die reeks besoek www.crocssa.co.za of bel 086 169 2762.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.