kategorieë: Reis

8 reis-apps vir die pad

Hunker jy na oop paaie en avontuur? Voordat jy jou paspoort afstof, laai hierdie Windows apps af vir jou Lumia 535 en #MakeItHappen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

HERE Maps (Gratis)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dit maak nie saak of jy in Rome of in Rondebosch is nie, die HERE Maps sal weet waar jy is. Gebruik LiveSight en hou jou selfoon in die lug en HERE Maps sal jou stap vir stap aanwysings gee om in enige land jou plek te vind. Selfs al is jy nie aan lyn nie sal dit jou roetes in meer as 90 lande gee. Gebruik stem navigasie, sodat jy nie nodig het om die foon dop te hou as jou oë op die pad is nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Find Free WiFi (Gratis)

Bly verbind waar jy ookal is, met FIND FREE WiFi. Dit is ‘n oulike toep wat WiFi kernpunte sal vind waar jy nie hoef te betaal om aan lyn te gaan nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Where am I? (Gratis)

Jy is met vakansie, maar weet nie waar die naaste restaurant is nie? Die toep Where am I? sal jou presiese ligging vasstel en help om die naaste restaurant, winkelsentrum en bank te vind.

Currency Converter (Gratis)

Elke avonturier het soms kafeïen nodig! CURRENCY CONVERTER sal gou uitwerk wat jou koppie koffie in ‘n vreemde land in rande kos. Hierdie toep bly op datum met wisselkoerse en kan geldeenhede van meer as 160 lande omskakel.

MixRadio (Gratis)

Elke avontuur het musiek nodig en MixRadio sal die beste liedjies vir die lang pad uitsoek. Gebruik jou gunsteling
musiek as beginpunt, MixRadio is jou eie persoonlike radiostasie, sonder die irriterende advertensies.

Uber (Gratis)

Nodig om ’n taxi te haal? Jy hoef nie jou hand op te lig of te bel nie. Jy kan net Uber! Uber is nou beskikbaar in meer as 50 lande. Laai die toep af, skep ’n profiel, pons in waar jy die taxi nodig het en Uber sal die koste bereken.

FlySAA (Gratis)

Die FlySAA toep lig jou nie net in wanneer jy op die lughawe moet wees of waar jou bagasie is nie – dit is ook ’n reisgids, gelaai met nuttige inligting oor bestemmings regoor die wêreld. Jy kan vir jou vlug op enige Suid-Afrikaanse Lugdiens vlug aanmeld deur die toep te gebruik.

Translator (Gratis)

Brei jou woordeskat in vreemde tale uit met die nuttige “Woord van die Dag” funksie wat ingesluit is in Translator. Jy kan ook met vertroue van enige spyskaart af bestek met die hulpmiddel.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.