kategorieë: Bekendes

5 akteurs wat ook outeurs is

Tom Hanks is die nuutste toevoeging tot akteurs wat ook skrywers is met ’n kortverhaalbundel wat onlangs vrygestel is. Terwyl ’n hele klomp akteurs wel ook draaiboekskrywers is, het ons ’n lys saamgestel van bekende akteurs wat prosaskrywers is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Tom Hanks

Tom Hanks het pas sy debuutkortverhaalbundel gepubliseer, genaamd Uncommon Type. Die titel verwys na een element wat in al die verhale in die bundel verskyn: tikmasjiene. Hanks is glo baie lief vir tikmasjiene en het ’n versameling van ongeveer 300 daarvan. Hoewel ’n tikmasjien in elke storie verskyn, is dit gewoonlik nie die spil waarom al die stories draai nie. Die boek het louwarm terugvoer van kritici ontvang, maar tog word dit as ’n sjarmante versameling stories erken wat ’n meer goedgesinde werklikheid bied – tipies daaran wat mens van ’n persoonlikheid soos Tom Hanks sou verwag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees een van die kortverhale hier, eksklusief beskikbaar gemaak deur Penguin Books.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

James Franco

James Franco is bekend vir sy lys belangtstellings buite toneelspeel, wat verf en skryf insluit. Hy het ’n Meestersgraad in kreatiewe skryfwerk deur UCLA verwerf en is glo ingeskryf vir ’n Doktorsgraad by Yale. Sy eerste bundel kortverhale, Palo Alto, is vernoem na die stad waar hy grootgeword het. Sy werke, wat verder ’n roman (Actors Anonymous) en ’n digbundel (Directing Herbert White) inlsuit, kry meestal negatiewe terugvoer en die oorwegende meerderheid van resensente voel hy moet eerder by toneelspel hou.

B.J. Novak

Die komediant B.J. Novak, bekend vir sy rol in die Amerikaanse weergawe van The Office, het twee kinderboeke en ’n versameling kortverhale gepubliseer, met meestal goeie terugvoer. Sy kortverhale, One More Thing: Stories and Other Stories het heelwat goeie resensies gehaal. Met sy twee kinderboeke probeer hy kinders aanmoedig om woorde te geniet en om lief te word vir lees. Sy eerste kinderboek, The Book With No Pictures, is soos die naam sê, ’n prentlose boek, met die boodskap dat woorde magtig kan wees. Met sy tweede boek The Alphabet Book with No Pictures, leer hy kinders oor die alfabet. Dit bevat ook geen prente nie en hy het grappenderwys in ’n verklaring genoem dat hy ’n monopolie op die mark in prentlose boeke kry voordat kinders besef dat meeste boeke nie prentjies bevat nie. Die belangrikste kritici, kinders, lyk asof hulle mal is oor die boeke, soos die video hieronder laat blyk.

Carrie Fisher

Carrie Fisher, veral bekend vir haar rol as Prinses (en later Generaal) Leia Organa in Star Wars, het ook ’n sekondêre loopbaan as skrywer gevolg. Sy het nie net draaiboeke geskryf en ander mense s’n verbeter nie, maar sy het ook ’n paar prosawerke geskryf. Haar eerste roman, geskryf in 1987, is die semi-outobiografiese Postcards from the Edge, wat sy ook in ’n draaiboek en gelyknamige film verander het. Meryl Streep het die hoofrol vertolk en dit handel oor ’n disfunksionele verhouding tussen ’n bekende ma en dogter. Dit het gunstige reaksies ontlok. Sy het verskeie ander fiksiewerke geskryf, asook ’n paar outobiografieë. Haar laaste boek wat voor haar dood in 2016 gepubliseer is, is The Princess Diarist, wat handel oor haar ervarings tydens die opname van die Star Wars-films.

Ethan Hawke

Ethan Hawke, akteur in films soos Dead Poet’s Society, Boyhood, Before Sunrise en Before Sunset, het heelwat boeke agter sy naam. Sy eerste twee boeke is romans, The Hottest State en Ash Wednesday, wat beide handel oor jong paartjies wat die liefde en verantwoordelikhede wat daarmee gepaardgaan moet aanvaar. Hy het verder ’n boek geskryf (Rules for a Knight) vir jongmense wat handel oor onderwerpe soos vergifnis, eerlikheid, moed en geduld. Hawke het dit geskryf vir sy eie kinders en dit world vertel vanuit die perspektief van ’n ridder wat raad gee aan sy eie kinders. Sy mees onlangse boek is ’n grafiese roman wat hy saam met die illustreerder Greg Ruth geskep het, genaamd Indeh: A Story of the Apache Wars. Dit handel oor die Apache-oorloë in Noord-Amerika en fokus veral op die jong Apache-soldaat Goyahkla, wat later onthou sou word as Geronimo. Hawke se boeke het almal baie gunstige resensies van kritici ontvang.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.