kategorieë: WenkeMode

5 moderne maniere om pêrels te dra

5 moderne maniere om pêrels te dra

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hooffoto: Superlens Photography vir Pexels

Wenk 1: Laag op laag

Dra verskeie lae en groottes pêrels saam sodat dit bonkig vertoon.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Pêrels lyk die beste by minimalistiese uitrustings omdat dit sinoniem met stylvolheid is. Hou by ooreenstemmende kleure, monochromatiese uitrustings en speel eerder met tekstuur. Jy kan nie beter as om pêrels saam met ikoniese tweed-materiaal te dra nie – soos op Chanel se loopplanke gesien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

As jy ’n meer informele verkies, kan jy pêrels saam met ’n moderne T-hemp en jeans dra. Die kenmerkende stedelike styl sal onmiddellik jou pêrelbykomstighede nuwe asem gee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wenk 2: Subtiel oordadig

Nie almal van ons is voorstanders van bonkige en dramatiese voorkomste nie, maar dit is lekker om af en toe iets nuuts te probeer. Pêrels kan ’n uitrusting ’n gesofistikeerde gevoel gee, sonder om té outyds of té buitensporig te lyk.

Die gerygde pêreltendens is die stylvoller weergawe van hekelwerk. Gehekelde toppies word deur pêrelfrokkies vervang en strooihandsakke deur pêrelsakkies.

Lees ook: 7 maniere om luuks te lyk op ’n stywe begroting

Wenk 3: Haartooisels

As jy teen hierdie tyd nog nie vir haarknippies of -bande plek gemaak het nie, is dit nou die tyd.

Pêrelknippies is groot nuus en sinoniem met modern. Stapel dit op, of rond jou styl subtiel af met ’n paar fyner ontwerpe. Kies ’n veelsydige ontwerp wat by jou klerekas inpas, of koop sommer ’n klompie verskillendes wat jy kan afwissel.

#rrWenk: Haarbykomstighede kan tot jou redding kom as jou hare daardie oggend net nie wil saamwerk nie

Wenk 4: Meng en pas

Moenie dink pêrels moet net saam met pêrels gedra word nie – ontwerpers en modekenners moedig ons aan om rond te speel.

Dit klink dalk vreemd om iets so klassieks soos pêrels saam met iets anders te dra, maar dit is juis hierdie tendens wat pêrels ’n moderne hupstoot gee. Meng en pas dit met ander bykomstighede soos leer, kristalkrale en skulpe. Pêrel-en-goue juwele is ’n gewilde kombinasie, omdat dit gewoonlik met varswaterpêrels vereenselwig word en daardie meermingevoel gee.

Wenk 5: Die Ware Jakob

Indien jy nagemaakte pêrels dra, maak seker die kleur is so na moontlik aan dié van egte pêrels.

’n Pêrel is nie spierwit nie, en sommige style verskil in vorm.

Let veral op wanneer jy verskeie stringe saamdra dat hulle (amper) dieselfde skakering het.

Lees nog: Kies die regte handsak vir elke geleentheid

Woorde: Bea Lingenfelder en Susra Matthee.

Hooffoto: Superlens Photography vir Pexels

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.