kategorieë: Ons menseBekendes

Hartelief, ‘n bederf vir babas tot bruide

Hartelief, ‘n bederf vir babas tot bruide

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Liesl Morgan vier steeds jaarliks twee verjaardae: haar geboortedag en twee weke later die dag van haar aanneming. Liesl het al die satyn en die skuurpapier van die lewe ervaar en Hartelief is ‘n uitvloeisel hiervan. Soms is ‘n onderneming nie net ‘n bron van inkomste nie, maar ook ‘n hartsaak en terselfdertyd terapie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Foto: Verskaf

Liesl het nooit haar biologiese ma ontmoet nie omdat sy verongeluk het toe Liesl maar agt maande oud was. Sy was vier jaar oud toe haar biologiese familie gevra het om haar te leer ken. Dit was nie altyd vir Liesl maklik om tussen twee huise gedeel te word nie en soms was haar emosies ‘n warboel. Die feit dat maats by die skool boonop nie met haar wou speel nie weens die letsel van die gesplete lip en omdat sy ‘n aangenome kind was, het Liesl werklik soms na ‘n regte Aspoestertjie laat voel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wanneer die klok egter gelui het, kon sy darem weer na haar “regte” huis terugkeer. Daar waar sy altyd liefde gekry het; daar waar water altyd dikker as bloed was.

Haar ma het haar geleer naaldwerk doen, en na skool kon sy nooit vinnig genoeg by die garing, skêr en materiaal kom nie. Huiswerk was nooit ‘n prioriteit nie, want dit was saam met haar ma agter die naaldwerkmasjien waar sy op haar gelukkigste was.

As volwasse vrou het Liesl vier gesonde swangerskappe gehad, maar het ook die pyn van verlies ervaar toe sy eers ‘n dogtertjie, toe ‘n seuntjie en daarna ‘n drieling verloor het. Hoewel sy haar lewe lank al naaldwerk gedoen het, het Hartelief in 2012 amptelik vorm begin aanneem; aanvanklik net deeltyds toe sy appliekwerk met die hand gedoen het.

“Nadat ek en ‘n vriendin saam begin Bybelstudie doen het, het ek my eie naam in Hebreeus opgesoek. ‘Liesl’ se vertaling is ‘Lief’ en ek hou nog altyd van harte! Die naam ‘Hartelief’ het net perfek gewerk.”

Foto: Verskaf

Lees nog: Shaleen Surtie-Richards se laaste vertoning in September op die skerms

Van Liesl se vriendinne het gevra of sy nie vir hulle wou spoegdoeke maak nie en nadat sy ‘n paar foto’s van die artikels op Facebook gedeel het, het sy stadig maar seker al hoe meer bestellings begin kry. Hartelief het nie net die mooiste baba-artikels opgelewer nie, maar het ook daartoe bygedra dat Liesl se hart heel geword het. By Hartelief kan sy haar liefde vir babas uitleef. “Die seening en groot geskenk van ‘n baba was nog altyd vir my ekstra spesiaal juis omdat dit nie vir almal beskore is nie.”

Baie jare later kon die water ook gelukkig onder deur die “aangenome” brug loop. Liesl het deesdae ‘n baie goeie verhouding met haar biologiese ma se sussie, ‘n tannie wat sy werklik haar eie kan noem, want die lewe is kort en opregte harte bet mos lief

Sy vertel hoe sy in 2018 ‘n praatjie van die ontwerper Gert-Johan Coetzee bygewoon het. “Ek het ander dinge gehad om te doen en ek was glad nie lus daarvoor nie, maar ek was vinnig baie bly dat ek wel gegaan het. Hy het vertel hoe hy op 15 weens disleksie uit die skool is. Sy passie vir ontwerp het gegroei en hy het ten spyte van mense se kritiek in homself bly glo. Toe Kourtney Kardashian hom kontak om vir haar ‘n klerereeks te ontwerp, het hy geweet sy uithouvermoe het vrugte afgewerp.”

Liesl het daar uitgestap en geweet dat sy nog nooit genoeg in haarself geglo het nie. “Daardie dag het ek besluit om my volle gewig voltyds by Hartelief in te gooi, in myself te begin glo en uiteindelik my passie te begin uitleef.”

“She believed she could, ‘sew’ she did” het Hartelief se leuse geword en Liesl het nog nooit weer teruggekyk nie.

Haar pa, wat weet dat sy al sedert haar kinderdae ‘n liefde vir naaldwerk het, het in 2018 haar eerste borduurmasjien vir haar gekoop. Die bestellings het in so ‘n mate toegeneem dat sy spoedig ‘n tweede masjien moes aanskaf. Dieselfde dag wat sy haar nuwe masjien sou kry, het ‘n vrou by haar ‘n groot en dringende bestelling geplaas. “Tyd vir opleiding was daar nie en nadat ek maar self al wat ‘n garing, naald en spoeletjie moes uitpluis, het ek die volgende oggend die son sien opkom; gedaan gewerk, maar my bestelling was klaar!”

Aan die begin van die grendeltydperk het Liesl ‘n patroon op Pinterest gesoek om vir iemand ‘n masker te maak en het sommer die foto as ‘n grap op Facebook gedeel met die byskrif: “Kyk, ons is ook veilig!” Net daarna het ‘n vervoermaatskappy 300 maskers by haar bestel wat binne vier dae voltooi moes word. Al moes haar man en kinders kliphard help om dit betyds klaar te kry, was dit juis hierdie bestelling wat vir haar ‘n paar deure oopgemaak het.

“My man se onderneming kon nie in daardie stadium sake doen nie en gevolglik het die maskerbestellings vir kos op die tafel gesorg. My man en kinders het ewe hard saam met my gewerk om in ‘n jaar se tyd 6 000 maskers van ses pante elk te maak.” Haar man het dus 36 000 pante uitgesny, en haar seun se stikwerk het naderhand geensins vir die twee dogters s’n teruggestaan nie! “Ons het maar net geswem; daar was nie tyd om te dink nie!”

Liesl se baba-artikels het intussen al hoe gewilder begin raak. Deurry-ooievaarstees was die volgende grendelgeleent­ heid wat Liesl se masjiene laatnag aan die gang gehou het.

Foto: Verskaf

Voorbeelde van Harteliefse baba-artikels is onder meer spoegdoeke, handdoeke, vroetellappies, dooppakkies, leerborslappe, fopspeenbandjies en selfs vellies. Geslags­ onthullings is deesdae baie gewild en Harteliefverskaf ook produkte hiervoor.

Nadat ‘n klient moedeloos vir Liesl gekontak het om vir haar ‘n 5 XLgrootte satynjapon vir ‘n strooimeisie te maak, het sy die leemte in die mark vir persoonlike, pasgemaakte artikels vir troues en kombuistees gesien. Sy maak ook goed soos kousbande, slaapklere en kniel- en ringkussings.

Strooimeisies, strooijonkers, hofknapies en blommemeisies klop gereeld by Hartelief aan. Die Bruidsgids het die Hartelief-produkte vir bruide en troues raakgesien en Liesl genader om haar produkte by hulle te adverteer.

Hartelief verskaf ook produkte vir swangerskap- en babafotosessies in samewerking met ‘n plaaslike fotograaf. As deel van die fotopakket kry jy dan iets van Hartelief.

Die nare werklikheid van mededinging het Liesl gedwing om innoverend te dink.

“Ek ontwerp nou my eie motiewe volgens die klient se spesifieke behoefte en laat dit dan op materiaal druk. Winkels het nie altyd die materiaal waarna ‘n klient soek nie. Harteliefkan daardie gaping perfek vul. Dit maak die eindproduk soveel spesialer en uniek.”

Watter raad het sy vir antler entrepreneurs?

“Glo in jouself! Moenie jou ore uitleen en na ander mense se negatiwiteit luister nie. Doen wat jou gelukkig maak.”

‘”n Baie groot les wat ek geleer het, is om nooit negatiewe woorde oor jouselfte spreek nie. Moenie dat mense jou in ‘n boksie sit en laat glo dat jy iets nie kan doen nie.”

“Ek hou van tierlantyntjies en detail, so ek sal graag eendag my droom om ‘n trourok te maak wil laat waar word. Dit lyk darem asof my droom om matriekafskeidrokke te maak binnekort bewaarheid gaan word!”

‘n Ware entrepreneur is sy beslis en dis met passie en trots wat sy elke spoegdoek, satynjapon en voorskoot ‘n Hartelief­ naam gee.

Woorde: Rentia Mynhardt

Foto’s: Verskaf

Lees nog: rooi rose gesels met Ludik se Lea Vivier

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

5 lekker hoemoes-resepte

Hou jy van hoemoes? Dan sal 13 Mei vir jou ’n belangrike datum wees. Dié…

16 hours Gelede

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

4 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

4 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

4 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

4 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.