Hooffoto: Andrea Piacquadio vir Pexels
5 redes hoekom jy nou moet begin fietsry deur Anet Schoeman
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Fietsry is ’n wenner vir vroue. Hier is 5 redes hoekom jy nou moet begin fietsry:
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Slaaploosheid weens spanning en angstigheid kan jou gesondheid en konsentrasie benadeel. Studiebevindings onder slaaploses toon dat net 20-30 min. se fietsry per dag hulle gouer en sowat ’n uur langer laat slaap het.
Lees ook: Hou bekommernis oor werk jou wakker? Hier is raad
Fietsry is ’n lekker sosiale sport. So kuier-kuier leer jy mense ken en agterna gesels julle verder terwyl almal saam koffie drink.
Sluit by ’n klub aan wanneer jy nie mense ken wat ry nie. Jy ry in ’n groep wat jou vaardigheid pas.
Lees ook: 28-dag oefenplan vir beginner-fietsryers
Fietsry oefen sommer al die spiere in jou bene en agterstewe. Net die ding om van die winterdye ontslae te raak en jou sitvlak reg te kry vir die seevakansie en swembroek.
En jy verbrand natuurlik hope energie wat die winter se ekstra rolletjies vinnig sal laat verdwyn.
Lees ook: Toets jouself – hoe fietsfiks is jy?
Almal waarsku teen die son as jy in die buitelug is, maar ’n studie deur die Stanford Universiteit het bevind dat verbeterde sirkulasie ekstra voedingstowwe na jou vel bring en gifstowwe verwyder.
Boonop prikkel oefening die vorming van kollageen wat jou vel jonger laat lyk.
Lees ook: Jy is nooit te oud vir fietsry nie!
Navorsers aan die Illinois-universiteit sê oefening verbeter jou kardiovaskulêre fiksheid met 5% en breinfunksie met 15%. En die verhoogde suurstof na jou brein kan die risiko op Alzheimer se siekte verminder.
En vir nog goeie fiksheidraad en fietsry-wenke, loer hier.
Hooffoto: Andrea Piacquadio vir Pexels
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.