kategorieë: Gesondheid

5 slim truuks met ’n teesakkie

Foto: Lynda Sanchez vir Unsplash

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

1. Streel jou sonbrand

Jy moet altyd sonbrand probeer vermy, maar as jy dit opdoen, kan ’n paar klam, koel teesakkies die byt uit die brand neem. Dit werk ook goed vir ander geringe brandwonde en skaafskade van ’n skeermes. Sit ’n paar teesakkies in jou badwater en week jou hele lyf in ’n teebad om sonbrand te streel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

2. Verlig moeë oë

Week twee teesakkies in warm water en plaas dit vir 20 minute oor jou geslote oë om moegheid of geswelde oë te laaf. Die tannien in die tee streel moeë oë en neem sakke onder jou oë weg. Dit help ook om donker kringe onder die oë te versag. Donker kringe is ’n vorm van kneusing en die tannien verlig dit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

3. Verfris jou vel

… en behandel olierige dele met ’n teesakkie. Klad droog met ’n skoon handdoek

4. Stop voetreuke

Laaf jou voete vir twintig minute in ’n koel teebad. Die tannien beveg bakterieë en reuke.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

5. Verlig kneusplekke

Streel ’n kneusplek met ’n klam teesakkie. Tannien vernou bloedvate en staak die lekplekkies wat verkleuring veroorsaak.

Lees ook: Wat jy moet weet oor ystertekort

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.