kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Frankie en Felipé-aktrise Kim Syster

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Aanhangers van die dinamiese aktrise Kim Syster, wat bekend is vir haar meesleurende vertolkings in verskeie rolle, is in vir ’n ding! Sy is te sien in die nuwe Afrikaanse fliek, Frankie en Felipé wat nou in rolprentteaters oor die land heen is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Ek is verskriklik opgewonde dat mense uiteindelik Bradley en Solomon se liefdeskind kan sien! Ek hoop dat mense hierdie pragtige stuk werk van hulle net so baie sal geniet soos wat ons dit geniet het om dit te maak,” sê Kim.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: ‘Frankie en Felipé’ is nou in rolprentteaters landswyd!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

In die fliek vertolk sy die karakter Kim Fortuin, die verloofde van Franklin Blaze (Bradley Olivier), ’n hardwerkende man wat daarna streef om sy verarmde agtergrond ’n geheim vir sy kollegas en sy toekomstige eggenoot te hou. Die storie neem ’n interessante wending wanneer Franklin se biologiese halfbroer, Felipé Baadjies (Solomon Cupido), kom aanklop vir hulp, wat Franklin se opkomende troue en werk in gevaar stel. Felipé het dringend geld nodig en dreig om Franklin se geheime te verklap as hy hom nie help nie.

Met sy rug teen die muur besluit Franklin om ’n toevlug vir sy broer te skep, maar kort voor lank is hy spyt oor dié halsoorkop besluit …

Die storie het sy oorsprong in die gedeelde droom van die skrywers en vervaardigers, Bradley Olivier en Solomon Cupido, gehad. Volgens Solomon is hierdie vrystelling die resultaat van vier jaar se harde werk.

“Al is my beste vriend nie meer aan my sy nie, weet ek hy kyk af en is net so trots soos ek op die eindresultaat. Ons wou mense laat lag, laat huil en vir hulle ’n uur en ’n half se ontvlugting bied sodat hulle weer die wêreld met ’n ligte gemoed vol inspirasie kan aanpak,” vertel hy.

Lees ook: Ons laaste onderhoud met Bradley Olivier

Kim Syster het al diep spore in die vermaaklikheidsbedryf gestap met uiteenlopende karakters in gewilde reekse soos Binnelanders, waar sy die vurige dr. Jax Davids vertolk het, en Arendsvlei, waar sy gehore as die slinkse Rachel Saaiman bekoor.

Net soos hierdie rolprent Bradley en Solomon se eerste “baba” is, kan Kim self nou met haar eie bondeltjie vreugde spog. Ná afloop van die verfilming van die fliek het sy aan haar eerste baba, Nikolas geboorte geskenk – dit nadat sy voorheen drie miskrame gehad het.

En ten spyte van haar sukses in die bedryf, bly Kim gegrond in ’n diepgaande liefde en passie vir haar gemeenskap. In 2018 was sy medestigter van die Rising Rainbow Kids Academy, ’n vroeë kindersorgsentrum.

Karlien Meiring het meer by die borrelende Kim oor hierdie nuwe fliek gaan uitvind.

Kan jy vir ons meer vertel van jou karakter, Kim Fortuin, en wat jou na hierdie rol in Frankie en Felipé gelok het?

Sy is werklik ’n optimis en wil altyd die beste in ander sien. Ek was nog altyd bevoorreg om sterk vroue te speel. Kim Fortuin is sterk in haar beginsels, maar voel steeds soos ’n fresh breeze. Ek dink kykers sal haar geniet, want sy is so lig soos ’n veer.

Sonder om te veel weg te gee, kan jy ‘n spesifieke toneel in die fliek uitlig wat vir jou uitstaan?

Daar is ’n toneel met Bernard (Zane Meas) en Felipé (Solomon Cupido) wat skreeusnaaks is. Dié toneel het my heeltemal onkant gevang (op ’n goeie manier). Ek kan nie wag vir mense se reaksies nie!

Hoe was die ervaring om saam met Solomon Cupido en Bradley Olivier te werk?

Hulle was die heel beste base! Dit was so gemaklik en werklik ’n plesier om stel toe te kom. Behalwe dat hulle so snaaks is en baie genot verskaf, was hulle ook uiters professioneel.

Met die wete dat Bradley nie die gehoor se reaksies op die rolprent sal ervaar nie, wat dink jy sou hy wou hê kykers moet van die fliek wegneem?

Dit was vir hom altyd belangrik dat kykers ons bruin mense in ’n ander lig sien en nie as die gewone, stereotipiese karakters wat ons gewoonlik vertolk nie. Ons besit ook wynplase en ondernemings. Hulle het hierdie storie so relatable gemaak – die kykers is in vir ’n heerlike bederf!

Watter herinneringe het jy van saam met Bradley op stel werk?

Hy was altyd dieselfde mens, altyd op ’n positive buzz. Jy het altyd ’n glimlag op jou gesig gehad as jy saam Bradley was – op en af stel. Ek mis hom verskriklik baie en is só trots op die werk wat hy agtergelaat het.

KYK: Amptelike voorskou – Frankie en Felipé

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Angelique Gerber oor haar nuwe ‘wilde’ rol op Diepe Waters

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig

Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig versorg deur Mariette Snyman. Foto's Pexels “Gedrukte…

17 hours Gelede

Die regte medisyne vir verkoue

JY KAN jou seer keel en koors self dokter én stukke beter voel. Ons wys…

21 hours Gelede

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

2 days Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

2 days Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

2 days Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.