kategorieë: Doen dit selfLeefstyl

5 top wasdagwenke

5 top wasdagwenke. Promosie: Bosch & OMO

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sorteer dit uit

Voordat jy al jou wasgoed in die wasmasjien sit en eenvoudig begin was, moet jy eers jou wasgoed sorteer. Deur jou wasgoed volgens kleur te skei sal jy verseker dat jou klere nie deur onstabiele kleurmiddels in helder- of donkerkleurige kledingstukke of linne verniel word nie.

Skei die kleure as volg – ligte kleure, helder kleure, donker kleure en klere wat baie vuil is. Onthou om denims ook apart te was sodat die kleurstof wat uitwas nie ander klere vlek nie. Moet egter nie jou wit denim saam met donker denims was nie – anders het jy netnou nóg ’n blou denim!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hou ook in gedagte dat dieselfde tipe materiale saam gewas moet word om te voorkom dat dit verniel. Jy kan delikate items, byvoorbeeld onderklere, in wassakkies sit voordat jy dit was. Wanneer jy jou klere of linne was, moet jy ook die etikette wat aan die items vasgestik is, lees.

Lees die etikette

Nie alle klere behoort op dieselfde wasmasjieninstelling gewas te word nie, byvoorbeeld delikate items moet op die “delikate”-siklus gewas word en nie een gemik op linne of komberse nie. Suiwer wol moet altyd op die delikaatste, handwassiklus gewas word en dan ook in koel water, aangesien warm water die materiaal sal vervilt! ’n Koel watertemperatuur is dus ’n veilige opsie vir alle materiale.

Elke kledingstuk sal ’n etiket met geskrewe instruksies of simbole op hê om aan te dui hoe die item gewas behoort te word. Dit sal, byvoorbeeld, aantoon of dit teen ’n warm of koue temperatuur gewas behoort te word, of dit gebleik kan word, gestryk kan word al dan nie, en nog baie meer.

Moenie te veel op een slag was nie

Deur te veel wasgoed in jou wasmasjien te sit, kan jy swak wasresultate kry en boonop jou wasmasjien beskadig. In plaas daarvan om tyd te spaar omdat jy net een bondel wasgoed was, sal jy eintlik tyd, energie en water mors omdat jy die wasgoed nog ’n keer sal moet was.

Moenie net ’n bondel wasgoed in die wasmasjien se drom indruk nie. Sit die items een-vir-een in. Dit sal verseker dat hulle in die drom kan beweeg tydens die wasproses. Laat altyd ten minste 10 cm tussen die bokant van die wasgoed en die onderkant van die rubberseël.

Vlekke se Moses

Die meeste alledaagse vlekke sal in die was verwyder word indien hulle vinnig behandel word. Een manier om plekke wat baie vuil is – soos ’n hempskraag of –mou – vooraf te behandel is deur OMO Auto Liquid te gebruik. Sit die Omo Auto Liquid direk op die vlek en vryf dit in die materiaal in voordat dit in die wasmasjien gesit word. OMO Auto Liquid verwyder die hardnekkigste vlekke in ’n vinnige was.

Moenie te min wasmiddel gebruik nie

Die aanbevole hoeveelheid wasgoedmiddel op die OMO Auto Liquid-etiket is wetenskaplik nagegaan vir seker wasgoedbondel gewigte. Al dink jy dat jy spaar deur minder te gebruik, sal dit jou oor ’n tydperk meer kos.

OMO Auto Liquid word deur Bosch aanbeveel vir die beste resultate in hulle masjiene.

Hoekom Bosch kies?

  • Geniet die uiters stil werking en uitstekende duursaamheid
  • 10-jaar-waarborg op die EcoSilence Drive™
  • Bosch is uiters energie-doeltreffend en stil wanneer dit in werking is, met veral ’n lang lewe
  • Duitse ingenieurskap
  • Energie-doeltreffendheidsklas: A+++
  • Bied jou hoë energie-doeltreffendheid sonder om die wasresultaat in gedrang te bring

BOSCH beveel OMO AUTO aan om hardnekkige vlekke met ’n vinnige was te verwyder

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.