kategorieë: KosSomerkos

5 van ons beste ontbytresepte

5 van ons beste ontbytresepte. Resepte deur Vickie de Beer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Alles-in-een-ontbyt

Genoeg vir 6-8

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

So min as moontlik skottelgoed, dis wat ek in ’n ontbyt soek!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

30 ml (2 e) olyfolie
1 kg boerewors
1 groot ui, fyn gekap
3 knoffelhuisies, fyn gekap
150 ml witwyn
’n hand vol rosatamaties, middeldeur gesny
1 x 410 g-blik witbone
1 x 410 g-blik Italiaanse tamaties
6 groot bruin sampioene
6 eiers
’n hand vol basiliekruidblare
’n hand vol orego

Voorverhit die oond tot 180 °C.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1 Smeer die wors met ’n bietjie olie en rooster vir sowat 10 min. in die oond tot amper gaar.
2 Voeg die ui, knoffel en witwyn by die wors en skraap die vleissappe met ’n spaan los. Rooster vir 5-7 min. tot die ui sag is. Voeg die tamaties, geblikte tamaties en bone by.
3 Sit die sampioene bo-op en verhit tot die sous borrelend warm is.
4 Maak met die agterkant van ’n lepel holtes in die warm sous. Breek elke eier in ’n koppie en skink een vir een versigtig in die holtes. Sit terug in die oond en bak tot die eierwit ondeursigtig is en die geel sag.
5 Strooi basiliekruid en orego oor en sit warm voor met baie roosterbrood.

#rooirosewenk
Vervang die Italiaanse tamaties met Mexikaanse tamaties as jy van ’n bietjie byt in jou ontbyt hou.

Turkse ontbyt

Genoeg vir 2

Jy bak die eiers in romerige jogurt en lekker speserye. Dit klink dalk vreemd, maar dit is ongelooflik lekker! Ons het vir elke ou sy eier in ’n pannetjie gebak maar jy kan ook alles in ’n groot pan bak.

80 ml (1⁄3 k) olyfolie
2,5 ml (½ t) komynsaad
2,5 ml (½ t) mosterdsaad
2,5 ml (½ t) gedroogde rissievlokkies
5 ml (1 t) vinkelsaad
5 ml (1 t) paprika
3 cm-stuk vars gemmer, gerasper
2 knoffelhuisies, fyn gekap
1 klein rooi ui, fyn gekap
1 groot rooi soetrissie, in blokkies gesny (wit vliesies en pitjies uitgehaal)
180 ml (¾ k) jogurt
4 eiers
’n hand vol oregoblaartjies

Voorverhit die oond tot 180 °C.

1 Verhit die olyfolie in twee pannetjies (of een groot pan) en verdeel die komyn, mosterd, rissievlokkies, vinkelsaad en paprika tussen die pannetjies. Braai die speserye vir 4-5 min.
2 Voeg die gemmer, knoffel, ui en soetrissie by en braai oor lae hitte tot sag (verdeel steeds alles).
3 Skep die jogurt op die speserye en soetrissiemengsel, roer liggies deur, laat warm word. Maak met ’n lepel ’n klein holtetjie en breek 2 eiers in elk van die pannetjies.
4 Bak tot die eier na smaak gaar is – sowat 7-8 min. vir ’n sagte eier en 10 min. vir ’n harder eier. Strooi die orego oor en sit voor met plaasbrood vir die mopslag.

Die beste eierbroodjie

Genoeg vir 4

8 snye plaasbrood, gebotter
200 g cheddarkaas in dun skyfies gesny
8 lappies goeie salami of ham
4 eiers

Beslag
4 eiers
60 ml (¼ k) room
sout en swartpeper
60 ml (¼ k) botter vir braai

1 Sit 4 van die gebotterde snye op ’n broodbord en pak die kaas en salami daarop, bedek met die ander 4 snye. Druk met ’n 5½ cm-koekiedrukker ’n gaatjie in die middel van elke toebroodjie.
2 Maak die beslag: Klop die eiers, room, sout en peper saam. Verhit ’n pan oor matige hitte. Smelt ’n klontjie botter daarin.
3 Doop die toebroodjies in die beslag en braai vir 5 min. of tot ligbruin aan die een kant. Draai die broodjies om, breek ’n eier in elke gaatjie en bak vir 4 min. tot die eier gaar is. Jy kan ’n deksel opsit om dit vinniger gaar te maak. Haal die broodjie versigtig uit en smul!

Franse roosterbrood met bosbessies

Compote
150 g bloubessies
30 ml (2 e) suiker
drukkie van ’n halwe suurlemoen
8 snye plaasbrood, redelik dik gesny
125 ml (½ k) mascarponekaas
gerasperde skil van 1 suurlemoen
8 eiers, liggies geklop en in ’n platterige bak gegooi
125 ml (½ k) melk
knypie sout
60 ml (4 e) botter vir braai
ekstra bessies vir opdiening

1 Laat prut die bloubessies, suiker en suur-lemoensap vir 10 min. in ’n klein kastrol. Haal af en laat afkoel.
2 Meng die suur-lemoenskil en mascarponekaas. Smeer elke sny brood aan die een kant lekker dik met die mascarpone. Skep ’n opgehoopte eetlepel bloubessiecompote op die mascarpone op 4 van die broodjies. Versprei effens. Sit die ander snye (mascarpone-kant na binne) op die 4 snye.
3 Meng die eiers, melk en sout en gooi in ’n platterige bak.
4 Doop die broodjies een-een in die eiermengsel, draai om en doop die ander kant ook.
5 Verhit die botter in ’n kleefvrye pan en braai die broodjies een-een daarin tot goudbruin. Herhaal met die res.
6 Sny elke broodjie deur en sit warm voor met ekstra bessies.

Brood-en-botterpoedinkies in ontbytstyl

Genoeg vir 4

8 snye plaasbrood
45 ml (3 e) sagte botter
250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper
4 snye gypsy-ham
8 eiers
500 ml (2 k) melk
hand vol pietersielie, gekap + ekstra
sout en gemaalde swartpeper

Voorverhit die oond tot 160 °C en spuit 4 x 250 ml- (1 k) hittebestande bakkies of bekers met kleefwerende kossproei.

1 Smeer die snye brood met die botter. Strooi kaas oor 4 van die snye brood en sit ’n skyf ham op elk.
2 Bedek met die oorblywende 4 snye om toebroodjies te maak en sny elke broodjie in 4 driehoeke. Verdeel die broodjies tussen die bakkies.
3 Meng die eiers, melk en pietersielie. Geur na smaak.
4 Gooi die eiermengsel oor die broodjies en laat staan vir minstens 3 min.
5 Sit die bakkies in ’n diep oondskottel. Gooi warm water in die skottel sodat die helfte van die bakkie in die water staan.
6 Bak vir 50 min. of tot die eier gestol het.
7 Strooi ekstra pietersielie oor en sit voor.

Lees nog: RESEP: Sjokolade-ontbytbakkie

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.