kategorieë: Ons menseBekendes

5 Vrae aan Tannie Evita Bezuidenhout

5 Vrae aan Tannie Evita Bezuidenhout deur Ilse Salzwedel. Foto’s: Stefan Hurter.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lees ook ons onderhoud met Pieter-Dirk Uys op bl. 32 van die November 2018-uitgawe van rooi rose.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Evita Bezuidenhout, voormalige ambassadeur van Bapetikosweti, is een van die grandes dames van die Suid-Afrikaanse geskiedenis. En glad nie stil en stemmig nie, al kan sy soms al te stigtelik lyk. Tannie Evita glo daaraan om hart en siel betrokke te raak by landsake, maar ons kon haar darem lank genoeg weglok uit die kombuis van die ANC-hoofkwartiere in Luthuli-huis (waar sy tans kook vir versoening) om ’n bietjie te kom skinder oor Pieter-Dirk Uys, die man wat van haar ’n glanspersoonlikheid gemaak het. Ilse Salzwedel het saam met Tannie Evita gaan tee drink (en koeksisters eet).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Tannie Evita, wat dink jy van Pieter-Dirk Uys?

My skat, daar is so baie ander dinge om aan te dink eerder as om my tyd te mors op ’n derderangse komediant wat vroueklere dra! Vir hoeveel jaar nou al sit ek met hierdie irritasie! Destyds, tydens die vorige regering se houvas op ons land, kon ons hom gestop het. Ek het gevra, maar om te bewys hoe demokraties ons was, het ons hom sy vryheid van spraak en uitdrukking gegun. Ek persoonlik gril my dood vir ’n man wat rokke dra. Dis onnatuurlik! En dis on-Afrikaans! En hy laat my vet lyk! Sies, dat julle nou onnodige reklame vir hom gee!

Ons weet tannie is ’n voorslag-kok. Kan Pieter-Dirk darem kook?

My twee kookboeke is legendaries, en jy sal dit kry in elke kombuis waar gehalte seëvier. Ek het gehoor hy mompel oor resepte en wat nog, maar hy kan blykbaar net ’n flou spaghetti bolognaise bymekaar gooi wat gebaseer is op ’n resep uit Sophia Loren se kookboek.

Ek glo vas dat ons kos kan gebruik om versoening aan te moedig. Om saam te eet, is die een manier om vyande met mekaar te laat praat. Ek kook deesdae juis in die kombuis in Luthuli-huis, waar ek deesdae as ANC-lid my bydrae tot Suid-Afrika lewer. En skattie, my dieet vir die comrades het gewerk! Het jy opgelet dat ons kabinetslede en die president deesdae weer in ekonomiese klas-sitplekke op SAA kan inpas?

Tannie het al soveel belangrike mense ontmoet. Wie was jou gunsteling van alle tye?

Behalwe vir Nelson Mandela? Hy is natuurlik altyd eerste op my lys. Wel, daar is Barack Obama en sy pragtige vrou Michelle, en baie jare gelede was daar Margaret Thatcher en haar man Denis. En natuurlik aartsbiskop Desmond Tutu en sy Leah. En laat ek ook dadelik bysê: Dr. Verwoerd en Tannie Betsie was altyd vriendelik en dierbaar teenoor my.

Wat was die hoogtepunte van Tannie se loopbaan in die openbare lewe?

My tyd in die Tuisland van Bapetikosweti as Suid-Afrikaanse Ambassadeur van 1981 tot 1993 was swaar, maar daar. Oe, maar die koeksisters wat ek gemaak het vir Mev. Jacqueline Onassis se teepartytjie in 1985 was beslis ’n hoogtepunt! Ook my bobotie wat die Koningin van Engeland as hoofdis aangebied het by die Staatsdinee vir President Zuma, net voordat hy van sy morele esel afgetuimel het. En natuurlik die geboortes van my kleinkinders – dit was die hoogtepunt van alles!

Tannie het seker al opgelet Pieter-Dirk dra net swart klere. Jeuk jou hande nie om hom ’n bietjie op te tof nie?

O regtig? Ek het dit nie geweet nie. Swart is natuurlik die een kleur wat by alles pas. Maar ek is nie bewus van wat meneer Uys dra nie. Ek bly maar weg van sulke dinge. Miskien kan julle daar by rooi rose iets uitsorteer vir sy klerekas?

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

12 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.