kategorieë: KalenderOntspanning

Die Festive Ideas-mark 2018

Die Festive Ideas-mark 2018

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die Festive Ideas-mark vier vanjaar sy tiende bestaanjaar en dit beloof om groter en beter as ooit tevore te wees. Daar sal ’n ongelooflike versameling feestelike geskenk-idees en dekor-inspirasie te sien wees. Die mark vind plaas vanaf Woensdag 24 Oktober tot Sondag 28 Oktober 2018 by die Simondium Country Lodge.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dié elegante gastehuis met sy pragtige tuin sal omskep word in ’n kleurvolle, feestelike basaar met unieke items wat jou feestyd sal opkikker. By die fees sal jy die perfekte geskenk, versierings vir jou Kersboom, mode-items en bykomstighede, en allerlei items kry wat jou huis en tuin ’n feestelike atmosfeer sal gee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die deli sal weer gevul word met heerlike lekkernye – óf vir geskenke, vakansie-etes, lekker peusel tydens die feestyd of om jou feestafel af te werk. Die mooiste Kersfeeskoeke sal te koop wees waarmee jy jou gaste kan bederf.

Die mark is daagliks oop van 09h00 tot 16h30 (van Woensdag tot Saterdag), maar sluit Sondag om 15h00. Toegangskaartjies is beskikbaar by die ingang. Dit kos R40 per volwassene en toegang vir kinders onder 18 jaar is gratis. Daar is ruim, veilige parkering beskikbaar. Simondium se Country Lodge is gerieflik geleë tussen Paarl en Franschhoek en is maklik toeganklik via die N1-snelweg. Dit is slegs 60 km vanaf Kaapstad en ‘n vinnige 15 km vanaf Stellenbosch via die Helshoogtepas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vir navrae, kontak 021 874 1046, volg hulle op Instagram @vintagewilna of op Facebook by @festiveideasmarket. Besoek ook hul webblad vir verdere inligting.

Kry ’n voorsmakie van die uitstallers en produkte by die Festive Ideas-mark!

Kussings

Threadsthatbindus sal jou help om jou huis om te tower met hul pragtige kussingslope. Ontwerpe word met die hand geteken en dan geborduur – pure handgestikte luuksheid! Hierdie kussings en die res van hulle produkreeks, insluitende handgemaakte servette, vadoeke, tafeldoeke, katoen-inkopiesakke en serpe, is beskikbaar by vanjaar se Festive Ideas-mark.

Prys: vanaf R395. Beskikbaar by www.threadthatbindus.co.za

Ringe

Suikerbos spesialiseer in pragtige handgemaakte koper- en vleklose staal-juweliersware soos hierdie. Uit die hartjie van die Vrystaat kry dié ontwerpers inspirasie uit die natuur en die pragtige landskap. Hul juweliersware word geskep met liefde en ’n passie vir mooi goed. Suikerbos se pragreeks bestaan uit ringe, armbande, borsspelde, hangertjies en oorringe.

Prys: R250. Bestellings kan ook gemaak word by suikerbosjeweller@gmail.com

Laventel-seep

Canettevallei Lavender is geleë op ’n laventelplaas net buite Stellenbosch in die Wes-Kaap en produseer ’n reeks laventelprodukte, insluitende hierdie bio-afreekbare seep. Pamperlang jouself met die strelende eienskappe van laventel met hulle vlugolies, laventelsakkies en eetbare laventel.

Prys: R35. Vir verdere besonderhede, skakel 082 829 7509.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.