Ter viering van dié geskiedkundige dag 50 jaar gelede, is kykNET besig met twee projekte wat die gebeure rondom die eerste hartoorplanting ondersoek.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Die eerste projek is ’n dokumentêr wat deur middel van beeldmateriaal en onderhoude fokus op die eerste hartoorplanting en die vooraf gebeure wat tot dié geskiedkundige operasie gelei het. Die impak op Suid-Afrika en mediese navorsing word ook verbeeld.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Die dokumentêr sal as volg ingedeel word:
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Vyftig jaar na die eerste hartoorplanting word op Sondag, 26 November 2017 om 21:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.
Die tweede projek waaraan kykNET werk is ’n dokudrama, Hartstog uit die pen van Deon Opperman wat die gebeure van die dag onder die vergrootglas plaas. Die gebeure word uit die perspektief van die mediese span, die skenker en betrokke partye vertel. Lees meer hier
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Carel Nel as Prof Chris Barnard in Hartstog
Hartstog word op Sondag, 3 Desember 2017 om 20:00 op kykNET DStv-kanaal 144 uitgesaai.
In Junie 2013 het ons met Karin Berman, Chris se gewese vrou, gesels. In dié voorblad-artikel het Karin heelwat oor haar en Chris se verhouding gedeel. Hier is ’n uittreksel uit die artikel:
Ná Chris se dood, so tragies omdat hy oud en alleen was, het die familie nader aan mekaar beweeg. Volgens Karin was “al die onbenullige vetes skielik vergete, die oomblik en almal se band met Chris net soveel groter as dit”.
Voor sy en hy uitmekaar is – sy was 37 toe sy die moeilike besluit moes neem – kon selfs haar onvoorwaardelike aanvaarding dinge nie meer red nie.
“Roem kan ’n mens bederf. Chris was ’n uitsonderlike mens. Iemand wat nie ’n steen onaangeraak sou laat om mense se fisieke pyn te probeer verlig nie. Ek het ’n groot deel van wat ek vandag is aan hom te danke.
“Maar so eg en op die aarde soos wat hy was, kon hy later nie sonder al die bewondering nie. Hy moes gedurig oorsee. Dit is wat hom gemotiveer het. Hy wou nooit … ” Sy tas na woorde, sê dan stil: “Hy kon nie net tevrede wees met my en om vir Armin by die skool te gaan haal nie. Hy het nog die week voor sy dood uit Israel gebel om te sê hoe opgewonde hy is oor die genetiese navorsing wat hulle daar doen.”
Lees die volledige artikel hier
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.