kategorieë: Bekendes

Prins Harry en Meghan Markle gesels oor hul verlowing

Die Briste koninklikes het gister die nuus gedeel dat Prins Harry en die aktrise Meghan Markle verloof is. Die paartjie het vroeër die maand verloof geraak en hulle beplan om in Mei 2018 te trou. Die troue sal plaasvind in die Heilige George-kapel in die Windsor-kasteel. Die koningin het glo toestemming gegee dat hierdie kapel gebruik mag word en die koninklike familie sal vir die troue betaal.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write('
'); }

Lees hier om meer uit te vind oor die amptelike aankondiging.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die twee verloofdes het eergistermiddag ’n verskyning gemaak in die Kensington-paleis se tuin sodat die eerste amptelike foto’s van hulle as verloofde paartjie geneem kan word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Hulle het ook ’n amptelike video-onderhoud uitgereik waar hulle meer vertel van die verlowing. Prins Harry, geklee in ’n vlootblou pak en Meghan, in ’n donkergroen rok, het op ’n bank gesit, hulle het hande vasgehou en die twee het gereeld oogkontak en grappe gemaak tydens die onderhoud.

Oor die verlowing vertel hulle dat hulle besig was om aandete te maak (gebraaide hoender) in die Nottingham Cottage by die Kensington-paleis waar Harry woon en waar die paartjie sal aanbly na die troue. Harry het op sy knie gaan staan en vir Meghan gevra om te trou en voordat hy sy sin kon klaarmaak, het sy “ja” gesê. Meghan sê dit was “’n soete verrassing;” dit was “baie natuurlik” en “baie romanties.”

Het jy geweet gebraaide hoender is ook Prins William en Katherine se gunstelingdis? Kry ons resep vir die lekkerste gebraaide hoender

Harry en Meghan het in Julie 2016 deur ’n gemeenskaplike vriendin ontmoet. Hulle het op ’n blind date geneem en nie een het veel van die ander geweet nie. Meghan noem wel dat sy haar vriendin voor die tyd gevra het of Harry goedhartig is, want anders stel sy nie belang nie … Hulle het mekaar ontmoet en dadelik van mekaar gehou – hulle het sommer ’n tweede afspraak gereël vir die volgende dag! Harry het haar ’n paar weke later genooi om saam met hom Botswana toe te gaan en hulle het “in die middel van nêrens” onder die sterre uitkampeer en mekaar beter leer ken. Hulle het vir die eerste paar maande hul verhouding geheim gehou sodat hulle soveel moontlik privaatheid kon hê om mekaar beter te leer ken. Na vyf of ses maande is dit aan die openbaar bekend gemaak.

Harry sê oor die oomblik wat hy vir Meghan ontmoet het was hy “beautifully surprised” deur dié vrou. Hy vertel dat toe hy haar die eerste keer gesien het hy gedink het: “I really have to up my game here,” om ’n kans met haar te staan. Beide Harry en Meghan noem wel dat dit heerlik verfrissend was om mekaar nie te ken nie en om nie baie kennis oor mekaar te hê nie want hulle kon mekaar leer ken sonder enige slegte skinderstories wat hulle indrukke van mekaar dalk sou beïnvloed.

Hulle het ’n langafstandverhouding aangeknoop aangesien Meghan (’n Amerikaanse aktrise) besig was om reekse en ander werk te verfilm (onder andere Suits, waarin sy al vir jare speel), en Harry in Engeland en ander dele van die wêreld moes wees vir sy werk namens die Britse koninklikes. Hulle noem egter dat dit ’n keuse was om dit te laat werk. Hulle het besluit om hul verhouding ernstig op te neem deur tyd te maak vir mekaar. Hulle moes baie heen en weer reis, maar dit was alles die moeite werd.

Een van die groot vrae op almal se lippe was of Meghan geweet het wat vir haar wag wanneer sy deel gaan word van die koninklike gesin. Volgens Meghan het sy nie geweet hoe dit is nie, veral nie omdat sy van Brittanje af kom en gereeld sien wat die koninklikes doen nie. Harry het haar glo gewaarsku, maar hy sê dat geen waarskuwings naby die werklikheid kan kom nie: hulle moes dit self sien en ervaar. Hulle het erken dat hoewel mens daarvoor kan voorberei, jy nooit heeltemal gereed sal wees vir die wêreld se reaksies as jy in die openbare oog is nie. Meghan sê ook dat alhoewel sy self in die vermaaklikheidswêreld betrokke is, sy dit nie verwag het nie omdat sy het altyd probeer om uit die publieke oog te bly. Hulle sê egter dat hulle hulself nie steur aan enige betragtinge of kritiek nie. Sy is byvoorbeeld gekritiseer oor haar etnisiteit en agtergrond. Meghan se antwoord hierop was: “Of course it is disheartening. You know, it is a shame that that is the climate in this world to focus that much on this or that it would be discriminatory in that sense but I think, you know, at the end of the day I am really just proud of who I am and where I come from and we have never put any focus on that. We just focused on who we are as a couple and so when you take all those extra layers away and all of that noise, it makes it really easy to just enjoy being together and tune all the rest of that out.”

Die paartjie dink nie dat hulle ’n verandering of iets anders in die tradisionele koninklike familie sal bring nie, en hulle probeer ook nie om die dinamiek te verander nie. Volgens Harry is Meghan bloot ’n nuwe spanlid wat sal help met koninklike verantwoordelikhede. Hy dink sy sal baie goed wees met die werk wat hulle doen. Hy noem ook dat hulle ’n goeie span maak en dat hulle saam ’n groot verskil in die wêreld kan maak. Meghan is lankal reeds betrokke by welsynwerk en is ook ’n VN-vroueambassadeur. Op die vraag van wat sy nou gaan doen het Harry gegrap: “Sy gaan sing” en Meghan het baie vinnig “Nee!” geantwoord.

Op die vraag van of hulle kinders wil hê of nie, het hulle gesê hulle sal graag eendag hul eie gesin wil begin.

Gepraat van gesinne, hulle het albei al mekaar se families ontmoet. Meghan het reeds baie lede van die koninklike familie ontmoet. “Dit is baie spesiaal,” sê sy. Hulle het die gesin ook goed leer ken omdat hulle die afgelope jaar baie tuis was om die verhouding so privaat moontlik te hou. Hulle sê dat hulle die verhouding eintlik ’n bietjie agterstevoor aangepak het. Maar omdat hulle soveel tyd alleen saam spandeer het, het hulle in ’n korter tyd baie nader aan mekaar gegroei. Harry gee grappenderwys verhoudingsraad deur te sê mense moet “hul afsprake rustiger maak en meer tyd tuis spandeer” om ’n goeie verhouding te kweek.

Meghan het selfs die koningin ontmoet. “Sy is ’n ongelooflike vrou,” sê Meghan van Elizabeth. Harry voeg by dat die koningin se corgis tydens die ontmoetings baie van Meghan gehou het. Volgens hom probeer hy al vir 33 jaar dat die honde nie vir hom blaf nie, maar Meghan kon net inloop en hulle sou by haar voete lê.

Prins Harry vertel ook dat hy Meghan aan sy broer William en hul pa Charles voorgestel het. Niemand het aanvanklik van die verhouding geweet nie, maar William en Catherine wou haar op die ou einde baie graag ontmoet. William en Catherine was baie gaaf teenoor Meghan en hulle wou haar haar deel maak van die gesin. Hulle wou haar ook voorberei op wat vir haar wag – veral Catherine. Meghan het ook al tee saam met Charles en Camilla gaan drink. Harry sê sy grootouers ken Meghan al ’n tydjie en dat dit “’n wonderwerk is dat hulle nog nie vir iemand vertel het van die verhouding nie.”

Het jy geweet Prins Charles is kunstig? Lees hier.

Al het Harry nog nie Meghan se pa ontmoet nie, het hy darem al haar ma ontmoet en hy hou baie van haar. Hulle noem dat haar ouers in die begin ’n bietjie bekommerd was oor die verhouding, veral oor die mediastorms wat dit losgelaat het, maar hulle is bly oor die verhouding, veral omdat hulle haar nog nooit so gelukkig gesien het nie.

Meghan se verloofring is van geelgoud, wat Meghan se gunsteling is. Die hoofsteen is ’n diamant van Botswana, ’n plek wat hul albei na aan die hart lê, veral omdat hulle al baie tyd daar deurgebring het. Die kleiner diamante wat die groter diamant omring kom vanuit Harry se ma, Prinses Diana, se juweelversameling. Dit is spesifiek gekies omdat Diana nie meer met hulle is nie, maar dat dit wel ’n manier is om herinneringe aan haar naby hulle te hou. Meghan voeg trots by “… én Harry het dit self ontwerp!”

Die onderhoudvoerder het eindelik gevra wat Harry dink Diana sou gedoen (en gedink het) as sy nog hier was. Harry het met sy kenmerklike humor geantwoord: “They would have been thick as thieves!

Lees hier wat Harry en William onthou oor hul laaste oproep aan Diana.

Kyk hier na al rooi rose se Diana-voorblaaie.

Meghan en Harry sal ook vanaf Vrydag (1 Desember 2017) saam koninklike verantwoordelike aanneem by geleenthede. Die eerste geleentheid waar hulle saam sal verskyn is by die Terrence Higgins Trust vir Wêreld Vigsdag.

Kyk hier na die video

Lees hier om meer uit te vind oor Harry se grootouers, Koningin Elizabeth en Prins Philip se 70ste trouherdenking wat verlede week plaasgevind het.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.