kategorieë: BlogsOntspanning

YOMA: Koffiebreek

Wanneer julle na my Moedertaal-album luister, sal julle agterkom dat ek nogal gefrustreerd raak met die feit dat ek nie koffie kan drink nie en dis nie iets wat ek kan uitblokkeer nie, want koffie is oral.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die reuk en aroma van koffiebone wat die lug met ’n aangenaamheid besaai, is genoeg om enige iemand se dag te maak, behalwe as jy nie ’n slukkie daarvan kan kry nie. Ek is nou nie ’n persoon wat glo mens moet elke dag ’n koppie koffie drink nie, maar ek waardeer goeie koffie. Veral ’n lekker sterk cappuccino wat my hart so langs haarself laat klop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ek moes begin dink hoe ek lig rondom hierdie scenario kon skep, want ek kan nie toelaat dat iets my keer op keer onderkry nie. Ek het toe maar iets rondom moer geskryf om beter te voel … Daar’s ’n snit op my album wat daarondom handel, maar ek is die moer, moer vir mede swanger vroue wat in dieselfde bootjie sit. Dus, as jy koffie kort wil ek net sê, YOMA is hier en YOMA verstaan!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lirieke uit Koffiebreek

As jy koffie benodig, YOMA is hier.

Ek’s goed vir die gemoed in ’n seldsame uur.

Bitter of soet,

Ek cater vir wie ookal my need.

So vat ’n slukkie en waardeer my, moer.”

Buiten dit is daar redelik ander wonderlike voordele wat koffie inhou wat van toepassing bo-op die vel is.

Ek deel graag ’n paar wenke:

  1. Het julle geweet dat koffie redelik effektief is om die voorkoms van selluliet te verminder?

Die anti-oksidante in koffie help om die vette af te breek wanneer dit as ’n skropmiddel op die probleem-area gebruik word. Jy kan dit sommer in die stort doen, want stoom help om die porieë oop te maak en die skrop beter te laat werk.

Jy kan sagte kitskoffie gebruik. Meng dit met ’n lepel klapper- of enige ander natuurlike olie van jou keuse. Ek stel voor jy doen dit twee keer per week. Dit is veral ’n goeie wenk vir vroue wat oefen en sukkel om van selluliet ontslae te raak, dit maak die proses aansienlik makliker.

  1. Koffie is nie net ’n heerlike opkikker wanneer jy dit drink nie, dit het ook ’n goeie effek op die vel. Koffie help om die vel op te helder, maak dit sagter, verwyder dooie vel, stimuleer kollageen en elastien en maak die vel dus ook fermer! Vermy egter die oog-area wanneer jy jou gesig skrop omdat die vel dun en sensitief is.

pexels.com

  1. Koffie help vir pofferige oë! As jy weet jy het ’n lang week wat voorlê, kan jy jouself gerus ’n guns doen en koffie-ysblokkies maak. Jy kan die ysblokkies onder die oë gebruik om die pofferigheid te laat sak. Buiten die koudheid van die ysblokkie help die koffie om bloedvloei na die area te verminder deur die are te vernou.
  2. Koffie kan selfs as ’n skropmiddel op die kopvel gebruik word om aangepakte produkte te verwyder. Dit help ook om jou hare ’n bietjie donkerder te laat vertoon en is dus veral goed vir donkerkoppe.

Jy meng ’n eetlepel koffie in jou opknapper, wend dit aan en wag dan vir omtrent 5 minute voor jy jou hare afspoel. ’n Wonderlike alternatief vir swanger vroue wat versigtig moet wees vir harde chemikalieë.

  1. Koffie seël ook gesplete punte, laat die hare met ’n pragtige glans en maak dit aansienlik sterker.

Lirieke uit Koffiebreek

“Druk jou vinger in en check die temperature.

As jou melanien nog vassit aan jou vingerpunte.

Mag jy slukkend ruk die way my hitte stir.

Dis gemeng met ’n 100 grade celcius sir.

So kan jy die inhoud van jou YOMA proe.

Kaffiëne in jou maag bru.

Wakker bly, jy sal hartkloppings kry.

Tot hierdie MC haar sin kry.

Kom by as ’n MC dors kry

Deel ek my moer en bring daai dude by.”

Ja, ek rym in my #Moedertaal en onthou #YOMAISAFRIKAANS.

Niks is so erg soos wat mens dit soms maak nie. Als verg wel geduld, want oor ’n paar maande kan ek weer koffie drink! Plus, ons vroue het nie verniet uithouvermoe gekry nie, ek sal eerder wag as wat ek iets doen wat my kleinding kan seermaak. Hierdie kind is my alles!

pexels.com

Kom ons gesels!

Ek wil graag meer van julle hoor!

As jy hierdie blog geniet het, deel dit gerus met vriende en tag my op:

Facebook – YOMA

Twitter – @YOMAIsAfrikaans

Instagram – Claudia Witbooi/YOMA

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.