Tennis: jou kind en sonsteek

°Die menslike liggaam kan net vir ’n rukkie by ’n kerntemperatuur van 41 °C oorleef. Maar ons vergeet dat dit tot 50% warmer is op ’n tennisbaan as op die grasperke en onder die sambrele langs die baan. ’n Dagtemperatuur van selfs net 30 °C kan op die tennisbaan opstoot na diep in die dertigs. Tog speel ons kinders gereeld tennis op dae wat die temperatuur op 36 °C en selfs 38 °C staan. Op die tennisbaan stoot sulke temperature vir seker op tot bo 40 °C.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Moet jou kind op tipiese Februarie-dae tennis speel?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Draf jy en/of jou man soms en selfs gereeld saam met die kinders op die tennisbaan? Mooi so! Die International Tennis Federation, wat tennis onder alle ouderdomme help bevorder, sê hoe ouer jy raak, hoe meer tas hitte jou aan. Al die wenke vir jou kinders is net so voordelig vir julle.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat is die maksimum temperatuur vir veilige tennis?

Dit hang af van ’n verskeidenheid faktore, sê Liza Duckitt, sportwetenskaplike wat in kondisionering spesialiseer. Sy werk in die Paarl, ’n Bolandse dorp wat berug is vir sy kookwarm somersdae.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Jou kind kan tennnis speel solank sy liggaam in staat is om sy temperatuur onder 40 °C te hou. Die liggaam koel af deur te sweet. Die vraag is dus nie hoe warm dit is nie, maar of die omgewing toelaat dat jou kind doeltreffend genoeg kan sweet om af te koel.”

“Sweet, hidrasie, temperatuur en humiditeit beïnvloed mekaar direk. Mens kan heelwat doen om koel te bly op die tennisbaan.”

Hoe om jou kind te help om sy beste tennis te speel, selfs op baie warm dae

1. Kweek hitte-verdraagsaamhei lank voor Februarie

Die liggaam is wonderlik aanpasbaar, en kan leer om uitstekend by hoë temperature te funksioneer, sê Liza. “Maar dit neem tyd. As jou kind in die lente begin speel en regdeur die somer bly speel, is hy teen Februarie goed in staat om hitte te hanteer. As hy eers teen middel Januarie begin speel en nie aan hitte gewoond is nie, gaan hy nie dieselfde mate van hitte-verdraagsaamheid as’n ander tennisspeler hê nie.”

2. Laat hom in gepaste tennisklere speel

“Kinders wil almal koel lyk. Dit is reg, solank hulle bly by los klere wat lug deurlaat sodat hulle kan afkoel. Die nuwe materiale is juis ontwerp om sweet deur te laat. Laat jou kind hou by ligter kleure. Dit weerkaats sonlig, wat help dat hy koeler bly. Ek sal tog aanraai dat ouers belê in ’n geskikte hemp of twee vir warm dae.”

3. Kies ’n koeler haarstyl

“Die regte haarstyl kan ’n groter verskil maak as wat mens sou verwag, veral as jou kind maklik warm kry. Probeer ’n poniestert of korter, losser hare vir jou dogter – enige styl wat help dat sweet op die kop maklik verdamp.”

4. Speel met ’n piek of hoed wat lug deurlaat

“Party mense kla dat hoede hulle warmer hou. Maar dit beskerm die gesig teen sonbrand.

5. Kry ’n goeie sportsonskerm

Ons son is kwaai. Ons weet ook dat sonblootstelling eers na baie jare in velkanker kan ontwikkel. Daarom is ’n sonskerm met ’n SPF van minstens 30 ononderhandelbaar.

“Laat jou kind se velkleur jou lei. ‘n Kind met ‘n blas en donker vel kan wegkom met ‘n SPF 30. Hoe ligter, hoe hoër moet die SPF wees. Blonde kinders moet die hoogste moontlike SPF gebruik – ten minste 50. As jy nie weet watom te kies nie gebruik liewer ‘n hoër SPF as ‘n laer een.

“En onthou, as jou kind ’n toernooi speel, moet hy elke twee ure weer sonskerm aanwend. Hulle sweet en vee dit af.”

6. Kies die beste drankie vir hidrasie

Die Internasionale Tennisfederasie (ITF), onder wie die groot Grand Slams soos Wimbledon en die Australiese Ope val, beveel doodgewone water aan.

Hulle sê sportdrankies met meer as 5 g suiker per 100 ml vloeistof (kyk op die etiket) bly langer in die maag as skoon water. Gevolglik neem dit die liggaam langer om vog daaruit op te neem as uit water. Dit maak water ’n beter drankie as vrugtesappe en sportdrankies wat tipies van 10 g tot 40 g suiker per 100 ml bevat.

Liza stem saam: “Sportdrankies bevat eintlik te veel suiker. Water is heeltemal goed genoeg vir gewone wedstryde en oefensessies van onder twee uur. As jou kind tog lus is daarvoor, verdun dit om die helfte met water.”

7. Laat hom ’n halfuur voor tennis reeds begin water drink

Die ITF sê tennisspelers kan tot vier liter water binne ’n uur van harde spel uitsweet. Terselfdertyd kan die liggaam nie meer as 1.5 liter in ’n uur opneem nie. Om die stadiger opname met die vinniger verlies te versoen, beveel hulle aan dat tennisspelers rondom 500 ml (2 koppies) vloeistof in die halfuur voor die wedstryd of oefensessie drink. So bou hulle ’n stewige voorsprong op.

8. Verskaf deurlopend water

Die belangrikste ding op die tennisbaan is om heeltyd gehidreerd te bly, sê Liza. “Sorg dat jou kind met vrymoedigheid tydens die wedstryd tyd neem om water te drink. Sowat 200 ml water na elke twintig minute is ’n goeie riglyn.”

9. Evalueer die soort hitte

Sweet verdamp baie moeiliker in ’n klam klimaat met ’n hoë humiditeit, terwyl jy jouself makliker koel sweet in ’n droër omgewing waar verdamping makliker plaasvind.

Kortom, dit is gevaarliker om tennis te speel by ’n laer temperatuur met ’n hoër humiditeit as by ’n hoër temperatuur in ’n droër klimaat met ’n laer humiditeit.

Die Amerikaanse weerdiens het ’n tabel opgestel om jou te help om die wisselwerking tussen humiditeit, temperatuur en veiligheid vir sport te evalueer. Kry die tabel hier as jy wil sien hoe veilig die temperatuur/humiditeit dit op die oomblik vir tennis maak.

As algemene riglyne: Hou die weersvoorspelling dop en wees baie versigtiger vir hittte-uitputting by temperature bo 32 °C en/of ’n humiditeit bo 60%.

10. Moenie tydens ’n wedstryd droog aantrek nie

Dit lyk asof jou kind gemakliker moet voel as hy na ’n harde stel sy klewerige, natgeswete hempie verruil vir ’n vars een. Maar dit werk nie, sê die ITF. Volgens hulle is dit beter om in sy papnat hemp te bly speel. Die rede? Afkoeling begin eers as die hemp deurnat gesweet is. Dus begin jou kind eers afkoel nadat die nuwe hemp papnat van die sweet is, wat ’n goeie tydjie kan neem. Die skoon hemp vertraag dus afkoeling.

11. Koel tussenin af

Help hom eerder om op ander maniere sy liggaamstemperatuur af te bring, sê die ITF:

  • Sorg vir koel, nat handdoeke langs die baan, sodat jou kind tussen stelle (of elke vier potte) sy gesig, kop, arms en bene kan afkoel.
  • Hou ’n bak koel water byderhand waarin hy sy gesig en hande kan afspoel vir vinnige afkoeling.
  • ’n Spuitmis met skoon water is ook heerlik koel op die kop, gesig en selfs bene.

12. Speel in die koeler tyd van die dag

Die warmste tyd van die dag is tussen 11.00 en 15.00. Ouers het selde hieroor beheer maar dit is tog heel dikwels moontlik om te reël dat tennis, veral wedstryde, eerder vroeg of laat gespeel word as in die middel van die dag. Kinders (en ouer mense) kan nie hitte so goed hanteer soos tieners en twintigers nie. Wedstrydorganiseerders en afrigters behoort dus ook die deelnemers se ouderdom in ag te neem.

13. Laastens: Hoekom is yskoue water nie goed wanneer jy tennis speel nie?

Baie ouers daag op met reuse yshouers vol ys om hul kind se water yskoud te hou. Ander glo ysies help die jong tennisspelers afkoel.

Die ITF sê egter yswater is glad nie ’n goeie idee nie, en Liza stem saam:

“As jy hom ysies of yskoue water gee, moet sy liggaam energie gebruik om dit na liggaamstemperatuur te kry. Dit tap sy energie onnodig. Gee hom liewer water teen normale kamertemperatuur – so 20 °C. Dit word verreweg die maklikste opgeneem en hidreer jou kind die doeltreffendste.”

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.