kategorieë: DieetGesondheid

59 vinnige happies vir jou dieet

Happies vir jou dieet om ’n ontydige hongerte tussen etes te stop is vir ons ’n groot uitdaging, sê leser Annemarie van der Merwe. “Wat kan ons eet as ons dieet? My man vermy vette, my tienerdogter tel die kilojoules en ek bant.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit was ’n lekker uitdaging om te kyk hoeveel idees ons span binne twintig minute bymekaar kon sit. Hier is die resultaat – ’n lys van happies vir jou dieet wat vinnig, maklik en lekker is. Alles bevat min koolhidrate (carbs), min kilojoules (kJ) en min vette. Geniet!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

6 idees met ’n appel

Gebakte appel
Verwyder ’n appel se pit, sit ’n kaneelstokkie daarin en mikrogolf vir 2-3 minute.

Appelskyfie-ysie
Gebruik ’n rasper se skyfie-kant en rasper ’n appel in dun skyfies. Drup suurlemoensap daarop en sit in die vrieskas vir ’n halfuur. Eet soos roomys.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Appelstokkies in doopsous
Meng ’n halwe teelepel suurlemoensap met ’n derde koppie water. Sny ’n appel in stokkies, en doop daarin.

Appelsosaties
Sny ’n halwe appel in skyfies. Ryg dit deur ’n sosatiestokkie saam met selderyringetjies. Vir ’n soet variasie gebruik halwe aarbeie, appelliefies of bessies tussen die skyfies.

Appel-en-mozzarella-toebroodjie
Sny ’n appel dwars in skywe en gebruik dit soos die sny van ’n toebroodjie. Pak skyfies mozzarella en ’n basilieblaartjie binne-in.

Appelringe
Geniet ’n halwe koppie appelringe net so, of dollie dit op met ’n lepel gekapte neute.

4 idees met groente vir ’n souterige tussenhappie

Groentestokkies
Sny ’n groente wat jy rou kan eet in lang repe, soos soetrissies, wortel en komkommer. Skep Bulgaarse jogurt in ’n doopsousbakkie, geur met swartpeper, en doop jou stokkies daarin.

Nog ’n lekker variasie
Meng ’n teelepel olyfolie en ’n bietjie suurlemoensap by jou jogurt.

Roerbraai groentestokkies
Sny groente in repies of skyfies en roerbraai in olyfolie. Die 160 kJ in ’n teelepel olie is dit werd, want dit laat jou versadig voel.

Tzatziki
Rasper ’n halwe komkommer. Sit dit in ’n sif en druk die oortollige sap uit. Meng met ’n gelyke deel Bulgaarse jogurt. Geur met sout, peper en knoffel.

Lees ook: Maak jou eie Tzatziki

2 soet happie-idees met Bulgaarse jogurt

Jogurt-vrugteslaai
Maak ’n koppie een-derde vol met Bulgaarse jogurt en vul die koppie op met ’n halfkoppie van enige soort gekapte vrug.

Jogurtysies
Verpulp ’n koppie van enige vrug. Meng met ’n koppie Bulgaarse jogurt. Giet in ’n ysblokkiehouer en vries. Vier tot ses blokkies is ’n lekker porsie.

6 happies met ’n piesang

Gebakte piesang
Bak ’n halwe piesang in die skil in die mikgrogolfoond. Eet saam met ’n lepel jogurt.

Bevrore piesang
As jy ’n halwe piesang oor het, steek ’n sosatiestokkie in die oop kant en vries dit. Dit maak ’n baie lekker piesanglollie. Laat dit effens ondooi en trek die skil af voor jy dit begin eet.

Piesang-en-feta-happie
Kap ’n halwe piesang op. Krummel ’n bietjie fetakaas oor en geur met ’n knypie paprika.

Piesang-in-die-sak
Rol ’n halwe piesang in ’n skyfie prosciutto toe en steek met ’n tandestokkie vas. Sny ’n halwe piesang in ringetjies en rol in ’n bietjie klapper.

3 staatmaker-happies met tamaties

TBM, of tamatie-basilie-en-mozzarella
Dit bly een van die lekkerste vulsels op ’n pizza, maar dit is net so lekker vars. Jy kan tamatieskyfies as jou basis gebruik, of jou tamatie en mozzarella in basilieblare toerol.

Tamatie en gesmelte mozzarella of ander kaas
Stapel basilie en mozzarellakaas op tamatieskyfies en mikrogolf dit tot die kaas gesmelt is.

Gebakte halwe tamaties
Sny ’n tamatie in twee. Strooi ’n bietjie feta oor en mikrogolf vir ’n minuut. Eksperimenteer en voeg ’n bietjie peper, pietersielie, tiemie, jong uie of toboascosous by.

Tamatie-en-ui konfit
Sny ’n tamatie en ’n halwe ui op en roerbraai baie stadig. Geur met ’n bietjie sout. As jy dit regtig baie stadig doen, kry jy konfit.

5 happies met ’n sous of patee

Omdat jy slegs 1-2 teelepels daarvan gebruik, kan jy groente heerlik opkikker met patees en soos hoenderlewerpatee, snoekpatee, humus, tzatziki en pesto. Gebruik dit saam met wortelstokkies, gaar murgpampoentjies, gaar beet, komkommer of gaar eiervrug.

6 happies met ’n eier

Omelet
Maak ’n omelet en vul dit met baba-tamaties. Skep dit op ’n bed van babaspinasieblare.

Eier-en-ui
Kook ’n eier, dop af, sny in skyfies en sprinkel met uivlokkies. Die lekkerste is geroosterde uivlokkies. Jy kan die gedroogde uievlokkies net so in ’n pan braai of in die oond rooster. Banters kan dit in botter of olyfolie verbruin.

Gerolde eiers
Kook ’n eier, dop dit af en rol in gekapte pietersielie of droë tiemie of biltongpoeier en sny in drie dik skywe. Heerlik op basilieblare of babaspinasie.

Hompie-ke-Dompies
Kook ’n eier, dop dit af, steek ’n sosatiestokkie daarin en bedek dit met ’n teelepel tamatie- of tobascosous.

Eier in ’n jassie
Kook ’n eier, dop dit af en rol in ’n skyfie prosciutto.

Eier-kaas-en-spinasie-tertjies
Kap 2 handevol spinasieblare fyn. Meng met 3 eiers en ’n koppie gerasperde kaas. Roer goed. Spuit ’n muffinpannetjie. Skep ’n lepel in elke bakkie en druk ferm vas. Bak 20 minute by 180 °C. Koel af en hou in ’n lugdigte houer in die yskas.

28 soorte vrugte om te geniet

Gelukkig laat die meeste diëte vrugte toe. Meestal word dit beperk tot een of twee per dag. Kyk na die lekker verskeidenheid waaruit jy kan kies as happies vir jou dieet. ’n Porsie vrugte is min of meer so groot soos ’n tennisbal. Of tel dit so:

’n driekwartkoppie is min of meer ’n porsie van hierdie:
Druiwe
Lemoen
Waatlemoen
Spanspek
Appelliefie
Bessies
Granaatpitte
Vars kersies
Papaja
Pynappel

Vir happies vir jou dieet kan jy een van hierdie kies:
Nektarien
Appel
Perske
Groot kiwi
Koejawel
Kweper
Lemoen
Peer
Halwe piesang

Twee van hierdie tel as een happie:
Kiwis
Naartjies
Pruime
Turksvye
Vye

Tien hiervan is ook gelyk aan een happie:
10 aarbeie
10 lietjies
10 druiwekorrels

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.