kategorieë: VerhoudingsJou lewe

Mislukte verhoudings kan nuwe liefde ruïneer

Soek jy die towerformule om 2017 jou jaar van geluk, liefde en sukses te maak? Gebruik jou kop, sê die kenners, en dink jou in die posisie in waar jy wil wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ja, jy kan jouself gelukkiger en suksesvoller dink as jy jou daarop toespits. Maar die teendeel is ook waar, en daarom moet jy jou brein reg fokus, sê Colleen Lightbody, ’n neurowetenskaplike in Sandton.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

As jy glo dat jy iets nie kan doen nie, kan jy nie, want jou brein het jou oortuig dat dit onmoontlik is

*Lees die volledige artikel, “Maak die onmoontlike moontlik” in die Maart 2017-uitgawe van rooi rose.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Mislukte verhoudings kan nuwe liefde ruïneer

Verhoudings werk op dieselfde manier as ander ervarings in jou lewe, sê Anne Harris, ’n verhoudingskenner van Sandton.

“Jou persepsie van ’n vorige verhouding kan jou toekomstige verbintenisse kelder. As jy die bagasie van mislukking saamsleep, word jy veroordelend en koop nie ten volle in ’n volgende verhouding in nie.

“Ons is geneig om ons maat kwalik te neem vir die foute, want dis moeilik om jou eie vrese en onsekerhede aan jouself te erken as jy in ’n verhouding seergekry het. Jou  interpretasie van ’n situasie gaan verskil van jou maat s’n, want ons almal kyk met ’n ander verwysingsraamwerk na ’n situasie.”

Dis soos daardie sketse waarin verskillende prentjies versteek is. Die een mens sien ’n kat en die ander een ’n blom. Wat jý sien is jóú werklikheid en dit beïnvloed hoe jy ’n situasie ervaar.

“Jy kan die bose kringloop deur bewustheid verbreek sodat jy nie telkens in dieselfde denkpatroon verval nie. Besef dat jou interpretasie nie die enigste waarheid is nie en sien nuwe geleenthede sonder om jou reeds reg te maak vir  mislukking. Wees plooibaar en werk daaraan om met nuwe oë na ou patrone in ’n verhouding te kyk.”

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.