kategorieë: TrendsMode

Bella Hadid is Tag Heuer se nuwe ambassadeur

1 Bella Hadid se lewensverhaal inspireer Tag Heuer se #DontCrackUnderPressure-veldtog. Bella se droom was om by die Olimpiese Spele deel te neem vir perdry, maar sy is in 2012 met LYME-siekte (bosluiskoors) gediagnoseer en moes haar drome opsy sit. Kort daarna het haar modelloopbaan begin vlamvat en hoewel haar siekte ’n daaglikse struikelblok is, laat sy nie toe dat enigiets haar onderkry nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

2 Bella behou haar fietse lyfie deur te boks wat goed aansluit by die hooffoto van Tag Heuer se veldtog waar sy met bokshandskoene afgeneem is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

3 Bella kan enige styl bemeester – soos Tag Heuer se wye reeks horlosies, wissel haar modestyl van sportief en militêr tot vroulik en elegant.

4 Bella is lief vir haar swart klere en sy het haarself oortref by die ambassadeur-bekendstelling in haar swart uitrusing waar sport en klassiek mekaar ontmoet. Haar oefentoppie en -broek word met ’n elegante haksoen afgerond om daardie ekstra lengte te skep.

5 Bella is self mal oor horlosies en het tydens die bekendstelling gesê dat dit ’n verstek-item saam met enige uitrusting is.

Bella se gunsteling Tag Heuer-horlosies is die swart Aquaracer en silwer link.

Silwer Tag Heuer Link (prys op aanvraag)

Swart Aquaracer (prys op aanvraag)

Bella het meer as 10 miljoen volgelinge op Instagram. Volg haar ook en kyk waarmeer hou sy haarself alles besig.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

5 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.