kategorieë: TuinmaakLeefstyl

6 dinge wat jy nou in jou tuin moet doen om voor te berei vir die winter

6 dinge wat jy nou in jou tuin moet doen om voor te berei vir die winter deur Cornel Dunn. Hooffoto: pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ons het by Julie van Deventer van Stilbaai se Busy Lizzie tuinbouklub gaan kers opsteek. Sy deel ses dinge wat jy nou in jou tuin moet doen om dit gereed te kry vir die winter, en sodat jy in die lente die ’n pragtuin sal hê.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Natuurlike maniere om ontslae te raak van insekte in jou huis en tuin

1. Dis tyd om te snoei

Dit is nou die tyd om al jou vormplante te snoei.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Daar is soveel verskillende plante en elkeen word op sy eie manier gesnoei. Hierdie is die algemene aanwysing – pas dit dus aan soos benodig:

  • Snoei sowat 1 cm bokant die botsel.
  • Sny weg van die stam af in ’n afwaartse rigting.
  • Pasop om nie te na aan die botsel te sny nie.
  • Wanneer jy met ’n groep botsels te doen kry, sny slegs die af wat na die binnekant van die plant groei.

Lees ook: Kry nou jou huis reg vir die winter en vermy skade

Hoe om die perfekte plantheining te kweek

2. Saai nou hierdie plante

Saailinge soos primulas, petunias, pronk-ertjies en phloxies blom tot 3 maande lank.

Saad is soveel meer waarde vir geld. As jy bereid is om ’n bietjie meer moeite te doen, is die beloning tienvoudig.

Probeer ook allysum (heuningblommetjies), kosmos, vingerhoedjies, gousblomme en coreopsis vir ’n blomtyd van 3 maande.

Lees ook: Hiberneer in styl – 7 mooi idees vir ’n winterhuis

Hoe om jou kombuis reg te organiseer

3. Dis nou ’n goeie tyd om bolle te plant

Omdat die grond nou koeler is, is dit ’n gepaste tyd vir ’n verskeidenheid bolle in jou tuin. Freesias, gladioli, babiana, sparaxis en die beeldskone afodille is nou in hul groeitydperk.

Lees ook: Versier self potplanthouers

Die beste wenke vir binneshuise plante

4. Hierdie plant is ’n winter-wenner

Vir vrolike kleur hierdie winter stel ons voor dat jy osteopermus plant.

Hierdie plant is lief vir koeler weer en sal jou tuin dwarsdeur die winter inkleur.

Lees ook: Berei jou tuin voor vir reën

Maak tuin op jou balkon!

5. Vir die voëls!

Onthou die voëllewe!

Maak nou jou voëltjiebad behoorlik skoon om die plesier van voëllewe in jou tuin werklik te kan bly geniet vorentoe.

Maak só:

  • Verwyder alle saad en afval.
  • Gebruik ‘n mengsel van 1 deel witasyn en 9 dele water om die badjie mee te skrop.
  • Skrop veral oral waar die voëltjies land.

Lees ook: Skep ’n voëlvriendelike tuin

Plante wat selfs beginners aan die groei kan kry

6. Lei jou tuin hierdie tyd van die dag nat

Maak die tuin in die middel van die dag nat sodat die plante kan tyd kry om uit te droog en die grond kan opwarm voor die aand se kilte.

Lees ook: Maak self die mooiste wegpakplek vir jou tuingereedskap

10 kruie wat jy vir die kombuis moet kweek – dis maklik!

Deel
Gepubliseer deur
Cornel Dunn

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.