kategorieë: Leef gesondGesondheid

Word jou allergiese reaksie veroorsaak deur ’n seekos-allergie, vis-parasiete of histamiene?

Word jou allergiese reaksie veroorsaak deur ’n seekos-allergie, vis-parasiete of histamiene? deur Salomé Delport

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Het jy ook ’n seekosallergie, soos hierdie twee lesers? Ons het prof. Claudia Gray, allergiespesialis aan die Vincent Palotti- en Rooikruishospitale, gevra om te antwoord.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1. Seekos-allergie vir kreef, maar nie vir kalamari en vis nie – en vir slakke

Vraag: rooi rose-leser Renette Dreyer
“Ek is allergies vir seekos, maar net vir skulpdiere soos kreef en prawns. Ek is nie allergies vir kalamari en vis nie. Hoekom sou dit wees? Ek is ook allergies vir slakke.”

Prof. Claudia Gray
Allergie vir skulpvis soos garnale en kreef is een van die algemeenste voedselallergië by volwassenes. Mens sou dink dat mense wat op seekos reageer vir alles uit die see versigtig moet wees, maar eintlik word seekos in drie groepe verdeel:

  • Skaalvis met ’n buitenste dop of ‘skil’, soos garnale en kreef
  • Skulpvis, of seekos met ’n skulp, soos oesters, mossels, perlemoen en kalamari
  • Vis, soos snoek, geelstert, sardiens, tuna, kabeljou en varswatervis

Jy kan dus allergies wees vir alles in een van hierdie drie groepe, vir alles in enige twee groepe, of vir alles in al drie groepe.

Lees ook: Só ken jy ’n vis-allergie uit

Die goeie nuus

As jy baie lief is vir seekos, is daar darem een ligpuntjie. ’n Positiewe allergiese toets vir een van die drie groepe beteken nie dat jy beslis allergies is vir ál die spesies seekos in die groep nie. Dit is net waarskynliker dat jy vir een of meer van die spesies in ’n groep allergies is. Dit is baie dikwels die geval dat iemand vir net een of twee van die spesies in die groep allergies is en die res kan geniet. Jy kan dus ‘n seekos-allergie vir perlemoen hê, terwyl kalamari jou glad nie pla nie.

Die belangrikste ding wat jy moet weet

Die belangrikste is dat jy jouself laat toets om te bepaal vir watter groep jy allergies is én vir watter spesifieke seekosspesie/s jy allergies, sodat jy weet wat om absoluut altyd te vermy.

Seekos-allergie en allergie vir slakke

Jou reaksie op slakke is baie interessant.

Mens sou dink dat slakke, wat op land voorkom, niks met skulpvis te doen het nie. Maar daar is ’n spesifieke proteïen, genoem tropomisien, in skulpdiere wat ook in slakke voorkom! Mense met ’n skulpvisallergie kan dus ook op slakke reageer as gevolg van hierdie algemene proteïen wat die liggaam as ’n “allergeen” erken.

Handige lys vir mense met seekos-allergie

Skaalvis   Vermy kreef, krap, garnale (prawn, shrimp), sushi wat hierdie seekosse bevat

Skulpvis   Vermy oesters, perlemoen (abalone), kalamari, seekat, mossels (alle soorte), alikreukel, perdekrulle. Vermy ook geblikte en gedroogde oesters en mossels.

Vis     Vermy alle soorte vis – ook bokkoms, alle soorte geblikte vis soos sardientjies en tuna, salm, varswatersalm, tilapia, shashimi en sushi met tuna, salm of enige ander soort vis.

2. Is maagpyn ná sushi ’n teken van ’n seekos-allergie?

Vraag: rooi rose-leser Riandie Coetzee
“Kan jy ’n allergiese reaksie kry na jy sushi en ander seekos geëet het wat voel soos ’n vreemde, seer kramppyn op die krop van jou maag?”

Antwoord: Prof Claudia Gray
Die simptome van ’n seekosallergie wissel van mens tot mens. Party ontwikkel ’n uitslag, maagpyn of maagontsteltenis. Ander begin sukkel om asem te haal, asof hulle ernstige asma-aanval het. By ’n klompie lei die allergiese reaksie tot skielike, skerp en lewensbedreigende val in bloeddruk, en hulle stort ineen (anafilakse) en kan sterf.

Die graad van ’n allergiese reaksie wissel ook van van mens tot mens, en kan lig, ernstig of selfs lewensgevaarlik wees.

Aangesien jou reaksie na volgende blootstellings kan vererger, moet enige potensiële seekos-allergie sorgvuldig en deeglik ondersoek word. As jou allergietoets bevestig dat jy wel allergies is moet jy altyd vorentoe baie versigtig wees vir die spesifieke seekos waarvoor jy allergies is, om te voorkom dat jy dalk later in anafilakse gaan.

Dus, al het jy nou net maagpyn, stel ek voor dat jy vir allergietoetsing gaan.

Lees ook: Wanneer weet jy of jou maagpyn veroorsaak word deur laktose-intoleransie?

Ander redes waarom seekos jou siek maak

Interessante feit: Soms hoor jy dat iemand sê dat hy net een keer op seekos gereageer het. Dan het hy waarskynlik nie ’n seekos-allergie nie. Seekos kan jou ook om ander redes siek maak, soos:

  • Jy het eintlik ’n histamienreaksie

Waneer vis oud raak en bederf, ontwikkel histamiene daarin. Dit ontlok by party mense ’n hewige reaksie.

Waarskynlik sal ’n hele paar ander mense wat van dieselfde seekos gehad het, ook gereageer het – maar nie almal nie. As iemand dus een keer hewig op vis gereageer het maar nie weer nie – en ook nie na toetsing allergies vir vis is nie – het hy waarskynlik eerder ‘n histamienreaksie gehad.

  • Jy is eintlik allergies vir die anisakis-visparasiet

Seekos is soms met hierdie parasiet besmet. As jy allergies is vir die parasiet, maar nie vir seekos nie, sal jy ’n allergiese reaksie hê net as jy besmette seekos eet, terwyl jy glad nie ’n allergiese reaksie op ’n ‘skoon’ seekos sal ervaar nie. Jy kan vir ’n allergie vir anisakis getoets word.

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.