kategorieë: DekorLeefstyl

Kleur in met strooikussings

Kleur in met strooikussings deur Cornel Dunn en Elandrè Swart. Hooffoto: pexels.com

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Identifiseer jou kleurpalet

  • Kyk na die vertrek waar jy die kussings wil plaas.
  • Fokus op kunswerke, gordyne en bykomstighede om jou kleur te bepaal.
  • Kies minstens drie sentrale kleure in die vertrek.
  • Uit hierdie drie kleure kies twee soliede kleure en ’n paar patrone met ooreenkomstige skakerings.
  • Hou in gedagte dat sommige kleure net nie wil saamwerk nie, soos geel en pers.

Foto verskaf deur: Istock Images / Milkos

Lees ook: Die 11 mooiste dekorneigings vir 2019

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2. Die styl van jou huis bepaal die hoeveelheid kussings:

Hou by ewe getalle vir ’n tradisionele voorkoms. Kies hiervoor twee kussings met soliede kleur wat jy in die hoeke van jou bank sit. Kies dan twee kleiner kussings met patrone en sit dit voor die ander kussings.

Kies ’n onewe getal vir ’n meer eklektiese voorkoms.

Foto verskaf deur: Scovad / istock images

Lees ook: Hoe om die 5 belangrikste beleggings vir jou huis te maak

3. Speel met vorm en grootte

Een van ons gunsteling-maniere om strooikussings te plaas, is die 2-1-2-formaat.

  1. Kies twee groot, effekleurige kussings wat die verskillende skakerings in die vertrek saamtrek.
  2. Kies dan ’n paar kleiner kussings met patrone in dieselfde kleurskakeringg.
  3. Rond hierdie voorkoms af met ’n reghoekige kussing in dieselfde kleurskakering as die groot kussings.

Foto verskaf deur: Skinny LaMinx

Lees ook: Die beste raad vir kinderkamers

4. Tekstuur is pret!

Nog ’n manier om strooikussings te kies is deur teksture te kombineer. Kies een subtiele, neutrale kleur en gooi ’n reeks teksture by om dit interessant te maak.

Foto verskaf deur: Istock images / petrenkod

Lees ook: Jou dekorwoordeboek vir 2019

5. Strooikussings bepaal die atmosfeer van jou vertrek

Beplan goed voor jy finaal kies.

  • ’n Kol helder kleur kan ’n vaal vertrek ophelder.
  • Groot ontwerpe en patrone verander die voorkoms van ’n vertrek vinnig. Wees versigtig om dit nie in ’n reeds kleurryke vertrek te gebruik nie.
  • In ’n helder vertrek is dit beter om donkerder kussings te gebruik en só atmosfeer te skep. Herhaal dit in jou gordyne om jou vertrek kleiner en meer intiem te laat vertoon.

Foto verskaf deur: Istock Images / KatarzynaBialasiewicz

Lees ook: Kies die regte kaggel vir jou huis

6. Verander jou strooikussings saam met die seisoene

Strooikussing bly een van die goedkoopste en maklikste maniere om die styl van jou vertrek te verander.

  • Lente en somer is reg vir helder kleure soos geel, oranje en groen. Blommotiewe is ook perfek vir hierdie seisoene.
  • Herfs en winter vra donkerder kleure soos vlootblou, donkergroen en pruim.

Lees ook: 4 maniere om nou blommotiewe in jou huis te gebruik sonder dat dit outyds lyk

Foto verskaf deur: Istock images / ben-bryant

Foto’s verskaf deur: istockphoto.com/za en Skinny Laminx

Lees ook: Wenke vir gordyne

Deel
Gepubliseer deur
Elandre Swart

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.