kategorieë: Leef gesondGesondheid

6 slim teenveroudering-truuks

Gee jou liggaam (en gees) ’n hupstoot met hierdie ses teenveroudering-truuks deur gesondheidskenner, Desi Horsman. Voel ontspanne en vernuwe, plus lyk jonger!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1 Eet gesonde vette vir ’n sagter, gladder vel

Belangrike vetsure wat in kos soos olierige vis, avokado, olywe en neute voorkom, help om die selmembrane glad en sag te hou en is nuttige middele teen veroudering.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die vetsure speel ook ’n rol in die ondersteuning van selmembrane deur ’n invloed te hê op wat in en uit die membrane beweeg. Sonder vet kan die selmembrane nie vog behou nie en verloor dit tekstuur wat die sel sag laat vertoon.

Vir ’n sagte vel is dit belangrik om noodsaaklike vetryke kosse soos avokado, olywe en olyfolie by jou dieet te voeg. Dit keer ook dat hormoonvlakke daal en jy jou jeugdigheid verloor. Gooi olyfolie op al jou slaaie en probeer om dit direk op jou vel aan te wend.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: 9 Olyfolie-truuks in jou skoonheidsbehandeling

2 Maak tyd vir skoonheid-slaap

Daar is niks beter vir liggaam en gees as diep, verjongende slaap nie. Die gemiddelde persoon moet sewe tot nege ure per nag slaap om die brein effektief te herlaai en te verseker dat jy ’n lewendige, jeugdige voorkoms het, sê Desi. Maak slaap ’n prioriteit deur te ontlaai sodat jy ’n goeie nagrus inkry.

Vermy strawwe oefening, kafeïen of tegnologie (soos televisie of jou iPad voor slaaptyd). Studies het getoon dat die blou ligte afkomstig uit hierdie skerms inmeng met die afskeiding van melatonin, wat die natuurlike slaaphormoon is.

Lees ook: Ses oplossings vir jou slaapprobleem

3 Drink meer water en leef langer

“Die belangrikheid van water kan nie genoeg beklemtoon word nie!” meen Desi. Water is die natuur se manier om die liggaam te help om ontslae te raak van gifstowwe wat elke dag opbou. Sonder genoeg waterinname bou gifstowwe in die stelsel op en veroorsaak dit dat selle vinniger doodgaan. Dit lei tot voortydige veroudering en ’n afgeremde vel.

Water dra ook al die noodsaaklike voedingstowwe na die selle. As jy dors voel, is jy reeds effens ontwater so maak seker jy drink deur die dag water om energievlakke te behou en om ‘n gesonde, lewenskragtige vel in stand te hou.

Lees ook: 6 natuurlike teenverouderingsmiddele

4 Vul aan met Vitamien C om jou immuunstelsel te versterk

As jy net een aanvulling gebruik, maak seker dit is Vitamien C. Dit is noodsaaklik vir die produksie en instandhouding van gesonde kollageen wat selle in die vel steun en die vel ’n jeugdige, ferm voorkoms gee. Dit ondersteun die immuunstelsel en help die liggaam om siektes te beveg.

Lees ook: Meer oor vitamiene en antioksidante

Eet broccoli, bessies, sitrus en kiwi. Vitamien C is ook een van die kragtigste antioksidante. Antioksidante help om skade van vrye radikale te bekamp wat die dood van selle veroorsaak en veroudering bespoedig.

5 Hou jou ingewande gesond

Jy mag dalk dink jou ingewande is net verantwoordelik vir die vertering van kos, maar die waarheid is, dit skep ’n gesonde ekosisteem wat jou liggaam ondersteun om gesond te voel, sê Desi.

Probiotika en gefermenteerde voedsel soos suurkool, natuurlike jogurt, kefir (’n melk-gebaseerde drankie wat in graan vorm), piekels en gegiste tofoe sal voordelige bakterieë behou en die dermvoering beskerm. Dit sal ook help met die opname van voedingstowwe.

Gesonde ingewande verseker dat gifstowwe nie weer in die liggaam geabsorbeer word pleks van om effektief uitgeskei te word nie.

6 Maak oefening ’n gewoonte

Jy hoef nie straf te oefen om die voordele van gereelde oefening te ervaar nie. Onlangse studies deur Harvard en die Internasionale Kanker Instituut dui daarop dat ’n uur se matige oefening per dag die tekens van veroudering aansienlik vertraag en jou langer laat leef.

• Stap 20-30 minute per dag op ’n hoër intensiteit (jy moet sweet).

• Oefen met gewigte, swem of maak jou huis (behoorlik) skoon. Dit is effektiewe maniere om kilojoules te verbrand  en jou metabolisme aan die gang te hou.

Lees ook: Verloor daardie ekstra kilo’s tydens menopouse

Lees ook: Oefen jouself jonger

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.