kategorieë: Sukses en geldJou lewe

6 Spaarwenke vir studente

6 Spaarwenke vir studente deur Anet Schoeman

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die nuwe jaar is hier en daar is baie matrieks wat amper universiteit toe gaan. As jy ’n eerstejaar-student is, is jy dalk vir die eerste keer finansieel “onafhanklik”.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dalk is jy gelukkig genoeg om ’n maandelikse toelaag van jou ouers te kry, of dalk moet jy later ’n studentelening afbetaal.

In elke geval is dit noodsaaklik om versigtig met jou geld te lewe sodat jou fonteintjie nie lank voor die einde van die maand opdroog nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Jou geldsake – wanneer het jy ’n kenner se hulp nodig?

1. Eerlike begroting

Die beste manier om seker te maak dat jou begroting klop, is om ’n begroting op te stel wat álles insluit. Onthou van “verborge” uitgawes soos banktariewe, rente op jou studentelening en parkeergeld.

2. Ligloop vir winkelkaarte

As jou begroting knap is, is dit beter om van winkelkaarte weg te bly. ’n Vinnige oorsig van die gewildste winkelkaarte het getoon dat hulle jou aanvanklik verlei met ’n rentevrye tydperk en daarna hoë rente vra.

6 Spaarwenke vir studente

3. Kry ’n woonstelmaat

As jy droom van jou eie nessie, moet jy mooi dink. Dis ’n weelde wat jou begroting gaan knou. Wees verstandig en kry iemand om met jou te deel, of trek terug huis toe waar jy minder (of as jy gelukkig is niks nie) vir verblyf betaal.

Lees ook: Hoe om te verseker dat jou geldsake nie ’n vliegramp word nie

6 Spaarwenke vir studente

4. Draai daai sente om

Elke klein bietjie wat jy spaar, help. Vyf rand minder vir ’n pak toiletpapier klink dalk nie veel nie, maar as jy elke keer die goedkoper opsie kies, laai die rande vinnig op. Ry met ’n bus eerder as Uber, skakel ligte af en spaar water.

Lees ook: 5 dinge wat almal moet weet voordat hulle ’n kar koop

5. Moenie met die bure meeding nie

Sosiale media is die ondier wat almal se lewe blinker as joune laat lyk. Moenie in die strik trap om nou Gods water oor Gods akker te laat loop nie, want later gaan jy met ’n reuse-studentelening sit.

6 Spaarwenke vir studente

6. Leer kook

Jy hoef nie in ’n Nigella of Jamie te ontpop nie, maar so kan jy verskillende geregte vir aandete maak en die oorskiet vir die volgende dag se middagete hou, of vir ’n volgende keer vries. ’n Week se uiteet (al is dit wegneemetes) kan jou maklik ’n maand se kruideniersware kos. Koop genoeg vir ’n groot gereg en verdeel dit in kleiner porsies wat jy vries. Dit gaan jou tyd en geld spaar.

Wenke verskaf deur Taryn Schmidtt, hoof van bemarking en kommunikasie by Wonga, ’n maatskappy wat korttermynlenings verskaf. Meer wenke by moneyacademy

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.