kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met avonturier en inhoudskepper Iana Strydom

Sy beskryf haarself as ’n avonturier wat “na die magiese op soek is” en as ’n mens so na haar asemrowende reis foto’s en video’s van om die wêreld heen kyk (en weer kyk), lyk dit asof sy dit al ’n paar keer gevind het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Foto: Ruan Pretorius
Foto: Chantay Pieterse
Foto: Ruan Pretorius

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“In my vyfde jaar van studies was ek met my meestersgraad in omgewingswetenskappe besig, maar het toe besluit om dit te los en eerder my droom na te streef om die wêreld te verken en my ervarings met ander te deel. Ek was nog nie een keer spyt oor hierdie besluit nie,“ sê sy.

Sy was boonop laas jaar as aanbieder van Spoor Stories op SABC2 te sien. Dit is ’n reisprogram wat langs die Kaapstadse spoornetwerk afgespeel het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wanneer sy nie reis nie, bestuur sy haar sosiale-media-bestuur-agentskap genaamd Club Social Design en werk as ’n fotograaf wat in portrette, produkte en troues spesialiseer.

Karlien Meiring het meer oor haar avontuurlustige leefstyl en liefde vir die buitelewe gaan uitvind.

Waar kom jou liefde vir reis en die buitelewe vandaan?

Vandat ek kan onthou, het ek nog altyd ’n liefde vir die buitelewe gehad. Hoewel ek nog altyd in die stad gewoon het, het ek die voorreg gehad om ’n groot deel van my lewe op ons plaas naby Frankfort in die Vrystaat deur te bring waar ons glad nie krag of sein gehad het nie. Dit het beteken dat ons baie buite gespeel, perd en motorfiets gery, in die rivier geswem, visgevang en koeie gemelk het. Dit het definitief daartoe gelei dat ek ’n groot liefde vir die buitelewe ontwikkel het. My liefde vir reis is ook te danke aan my ouers wat vir my die blootstelling en geleenthede gegee het om dit te kon ervaar. Toe ek in graad vier was, het ek vir die eerste keer oorsee gereis en sedertdien kry ek eenvoudig nie genoeg nie! Ek was gelukkig genoeg om al talle ongelooflike plekke oorsee en in Suid-Afrika te kon besoek – in 2022 het ek elke provinsie in ons land besoek!

Foto: Ruan Pretorius

Waarom het jy besluit om jou avonture op sosiale media te deel?

Ek het maar nog altyd dit geniet om video’s en foto’s van my avonture te neem en dit dan op sosiale media te deel. In 2018 het ek wel besluit om dit meer ernstig op te neem en my liefde vir die buitelewe doelbewus met ander te deel, want ek wou my volgelinge motiveer om ook te begin reis. ’n Mens hoef nie eers ver te reis om hierdie genot te ervaar nie, daar is soveel wat jy in jou eie land en provinsie kan sien en doen. Jy moet net wil! Om te reis, leer ’n mens so baie oor jouself, kultuur, kos, natuur, erfenis en mense. Dit het my selfvertroue gegee en geleer om onafhanklik te wees. Dis wat ek aan mense wil oordra; trek jou avontuurstewels aan en gaan sien wat die wêreld daarbuite vir jou bied!

Die video’s wat ek op YouTube deel, gee my die geleentheid om ’n gevoel oor te dra en mense lus te maak vir die lewe. Ek besef almal kry nie altyd die geleentheid om te reis nie en dus hoop ek kykers voel asof hulle langs my op daardie berg staan. Sosiale media stel my in staat om wonderlike avonture met mense te deel en hulle te inspireer om ook die wêreld te verken!

Foto: Gayle Hansby
Foto: Nini Strydom
Foto: Iana Strydom

Wat is die grootste les wat jou avonture vir jou geleer het?

Om te reis of om en die buitelewe te verken, is nie altyd maanskyn en rosegeur nie. Dinge kan maklik verkeerd loop, soos ’n vierdagstaptog in die Drakensberge wat deur ’n nimmereindigende reën- of sneeubui bemoeilik word, jou kar wat in die middel van nêrens in modder vassit of ’n pap wiel kry, temperature so ysig dat jy nie ’n oog in jou tent saans kan toemaak nie. Dit het al alles met my gebeur! Ek het hieruit geleer dat jy die meeste van elke oomblik moet maak, dis deel van die lewe en dit maak jou net sterker. Gewoonlik sorg die moeilik tye ook vir die beste herinneringe!

Foto: Patrick Richardson
Foto: Ruan Pretorius

Wat is jou topdriebestemmings en hoekom?

1) Die Drakensberge

Nadat ek die Drakensberge die eerste keer geklim het, het ek onmiddellik op hierdie bergreeks verlief geraak. Jy is ver weg van alles af en dis net jy en die natuur. Hierdie plek is ook waar ek die naaste aan die Here voel. Jy sien sy skepping, hoor geluide wat jy nie alledaags hoor nie en het tyd waar jy werklik kan stil raak voor Hom. Ek bied groepstaptogte na die Drakensberge aan sodat ander mense ook die geleentheid kan kry om hierdie wonderlike plek te ervaar. Ek vat ’n groep van tien mense saam met ’n gekwalifiseerde gids op na die berg, elke keer na ’n ander gedeelte, en dan stap en kamp ons vir twee tot drie dae saam.

2) Mexiko

In 2018 het ek saam met my familie na Mexiko gereis. Hierdie land is een vir die boeke met soveel om te sien en te doen dat ’n week daar eenvoudig nie genoeg tyd is nie. Ons het een hele dag met ’n boot op die blouste water wat ek nog gesien het, geseil. Ander hoogtepunte was ’n besoek aan die Isla Mujeres-eiland, ’n grot-avontuur, swemsessies saam met walvishaaie en dolfyne, tradisionele Mexikaanse danse en baie ure op die strand.

3) Bali

Ek het in 2017 na Bali gereis. Dit was net ná die vulkaan Mount Agung daar uitgebars het. Die mense van Bali is so vriendelik. Net soos in Mexiko, is daar eindelose goed om te doen, soos om per boot na die omliggende eilande, Nusa Penida en Nusa Lembongan, te reis. Ek het dit ook geniet om die eiland op ’n bromponie te verken, in Nusa Lembongan se silwerskoon water te snorkel en aan hul tradisionele dis Nasi goreng te smul.

Wat was vir jou die lekkerste deel van Spoor Stories op SABC2 aan te bied?

Dat ek so baie dele van die Wes-Kaap kon verken en dit nog op ons plaaslike spoorlyne. Ek het voor die reeks nog nooit op een van ons plaaslike metro’s gery nie, dit was sulke lekker en unieke ervaring. Ek het dit ook baie geniet om meer van die bedrywe te leer en om soveel nuwe mense te ontmoet.

Dit was die eerste keer wat ek die geleentheid gekry het om ’n TV-program aan te bied. Ek hoop in 2023 kom daar meer sulke geleenthede, want dit was iets wat ek ongelooflik baie geniet het en meer van sal wil doen!

Foto: Armando Barbosa

Reis saam Iana op Instagram & Youtube!

Lees ook: 5 dinge wat almal moet weet voordat hulle ’n nuwe kar koop

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Rolene Strauss deel haar storie oor MIV

Na die geboorte van haar eerste seun in 2017, het sy haar mediese studies voltooi…

9 hours Gelede

“Mamma, jy speel nooit saam met my nie!” Hoekom speeltyd so belangrik is

Deur Tanya de Vente-Bijker “Mamma, kan jy asseblief kom speel? Asseblief, net ʼn rukkie? Jy…

11 hours Gelede

Basiese kragsoppe

Ons Suid-Afrikaners hou van lekker vleiserige kragsoppe of “broths”, soos die Engelse dit noem. Dié…

14 hours Gelede

Die twee kante van Luan Jacobs in ‘Diepe waters’

Vertel ons meer van jou karakter. Ek vertolk die rol van Damian. Hy is ’n…

15 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Binnelanders-nuweling, Deoudoné van der Merwe

Jy kan dalk dink Deoudoné van der Merwe se TV-loopbaan het laas jaar met ’n…

4 days Gelede

Verruklike winterpizza

Verruklike winterpizza met gekaramelliseerde uitjies, crème fraîche, orego en tiemie. Resep deur Vickie de Beer

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.