kategorieë: KosMaklik en vinnig

Kosblik-idees week 1

Beplan vir elke week

* Koop ook vars vrugte, groente en sappe saam met die bestanddele vir die week se middagetes en kosblikhappies
* Maak van die geregte wat gevries kan word. ’n Mens het naweke meer tyd vir bak, laat die kinders help en bak sommer al Sondagaand die muffins of neutkoekies
* Koop genoeg koeldrankbotteltjies en vries vyf sappies vir die komende week
* Koop liefs volgraanbrood vir die toebroodjies

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Maandag (middagete-idee)

Herderspastei met basiese maalvleissous
Genoeg vir 4

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Gebruik die basiese maalvleissous vir pastas, gebakte aartappelvulsels en toebroodjies. Maak dit dubbel aan oor ’n naweek, of wanneer jy tyd het, en verdeel dit dan in twee dele: Een is vir die herderspasteitjies en een vir die aartappels en toebroodjies. Vries porsiegroottes in vriessakkies. Ek verdriedubbel die resep en maak dit in een groot bak vir aandete en skep dan vier bakkies uit vir die volgende dag se middagete.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• 15 ml (1 e) sonneblomolie
• 1 klein ui, fyn gekap
• 600 g maalvleis
• 1 wortel, gerasper
• 375 ml (1½ k) tamaties, gekap
• 30 ml (2 e) tamatiepuree
• 15 ml (1 e) Worcestershire-sous
• 125 ml (½ k) hoenderaftreksel
• 250 ml (1 k) bevrore ertjies
• ’n hand vol gekapte pietersielie

Kapokaartappelbolaag
• 3 aartappels, geskil en in blokkies gesny
• 80 ml melk
• 30 g (3 e) botter
• 250 ml (1 k) gerasperde cheddarkaas
• gerasperde neutmuskaat

1 Verhit die olie in ’n middelslagkastrol oor hoë hitte.
2 Voeg die ui by en soteer vir 1-2 min. of tot sag.
3 Voeg die maalvleis by en soteer vir 5 min. of tot die vleis bruin is en breek moontlike klonte met ’n houtlepel.
4 Voeg die wortel, tamaties, puree, Worcestershire-sous en hoenderaftreksel by. Bring tot kookpunt en verlaag die hitte. Laat prut vir 10 min. of tot die mengsel effens begin verdik.
5 Kook intussen die aartappels sag en geur met sout. Roer die ertjies en pietersielie by. Haal van die hitte af en hou eenkant.

Kapokaartappelbolaag
1 Dreineer die aartappels en sit terug in die kastrol.
2 Voeg die melk, botter en 2/3 van die kaas by en druk fyn.
3 Geur met neutmuskaat. Verhit die oondrooster.
4 Sit die maalvleis in 4 oondvaste bakkies met ’n inhoudsmaat van ±250 ml (1 k), skep die kapokaartappels bo-oor en strooi die oorblywende kaas oor.
5 Sit die bakkies op ’n bakplaat en sit vir 4-5 min. in die oond of tot die kaas gesmelt en goudkleurig is.

Dinsdag (snoephappie-idee)

Mout-en-jogurt-doopsous met vrugte
Genoeg vir 6

’n Heerlike en heilsame snoephappie vir kinders. Dit hou hulle ook sommer op ’n prettige, “morsige” manier lekker besig.

• 250 ml (1 k) volroom- Griekse jogurt
• 5 ml (1 t) vanieljegeursel
• 15 ml (1 e) heuning
• 30 ml (2 e) moutmelkpoeier (Horlicks)
• 125 ml (½ k) gekapte neute
• 125 ml (½ k) klapper
• verskeidenheid vrugte om te doop, soos aarbeie, dik skywe piesang en appelkwarte.
• stokkies of vurkies om in die vrugte te druk om die doopslag te vergemaklik

1 Meng al die bestanddele tot voor die neute in ’n bakkie.
2 Sit die neute en klapper in twee afsonderlike bakkies.
3 Pak die gesnyde vrugte uit op bordjies. Die kinders doop eers die vrugte in die jogurtsous en rol dit dan in die neute en/of klapper.

Nog idees
* Maak ’n vinnige doopsous vir allerlei groente soos selderystokkies en worteltjies: Meng gelyke hoeveelhede gladde maaskaas met volroom- Griekse jogurt, geur met sout en peper en gekapte kruie soos pietersielie of vinkel.

Woensdag (kosblik-idee)

Geroosterde maalvleis-en-kaas-broodjie
Genoeg vir 4

Maak die broodjies in ’n japtrap met die maalvleis wat jy vroeër ekstra gemaak het vir die herderspastei.

• 8 snye witbrood
• margarien om die brood te smeer
• 250 ml (1 k) basiese maalvleis soos vir Maandag se herderspasteitjies berei
• 125 ml (½ k) gerasperde cheddarkaas

1 Verhit ’n Snackwich.
2 Smeer die brood deeglik met margarien. Sit 2 snye met die margarienkant na onder in die voorverhitte Snackwich.
3 Verdeel die maalvleis tussen die 2 snye brood, strooi die kaas oor en sit die ander sny brood bo-op met die margarienkant na bo.
4 Bak vir 3 min. of totdat die kaas gesmelt is en die brood goudbruin en lekker warm is.

Nog idees met roosterbroodjies
* Kaas-mielie-en-ham-broodjie: Vervang die maalvleis deur sowat 60 ml (¼ k) geroomde mielies en twee skywe toebroodjie- of piekniekham. Strooi laastens kaas oor.

Donderdag (kosblik-idee)

Grondboontjiebottermuffins
Genoeg vir 12

Ons het dié resep uit die Savvy Kids-kookboek gekry.
Sit die muffins net so voor, of saam met lekker dik mascarpone en gesnyde piesang vir ’n nagereggie. Ek laat my kinders gewoonlik op Sondagaande self die muffins bak (as dit nie te rof gaan nie).

• 250 g (½ k) meel
• 100 g bruinsuiker
• 5 ml (1 t) bakpoeier
• 200 g grondboontjiebotter
• 225 ml (1 k + 2½ t) melk
• 30 ml (2 e) olyfolie
• 2 eiers, geklits
• 45 ml (2 e) grondboontjies, gekap

1 Voorverhit die oond tot 200 ºC. Spuit ’n muffinpan met kleefwerende kossproei.
2 Meng die meel, bruinsuiker en bakpoeier in ’n mengbak.
3 Voeg die grondboontjiebotter by en meng die bestanddele tot dit soos broodkrummels lyk.
4 Voeg die melk, olie en eiers by en roer tot ’n gladde deeg.
5 Maak elke holte twee derde vol met die deeg en strooi die gekapte grondbone oor. Bak vir 20-25 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat effens afkoel.

Nog idees met muffins
* Pak bakkies met neute, sade en droëvrugte soos pitlose rosyntjies uit sodat die kinders daarvan kan byvoeg volgens hul smaak.
* ’n Gerasperde appel, of twee gerasperde wortels, is ’n lekker toevoeging.
* Druk twee piesangs fyn en meng deur die basiese beslag.

Vrydag (snoephappie-idee)

Piesangroomys
– Genoeg vir 4

• 4 piesangs
• 4 balletjies goeie vanieljeroomys
• klaarbereide karamelsous
• 60 ml (¼ k) gekapte neute

1 Sny die piesangs in die lengte middeldeur.
2 Plaas albei helftes in 4 afsonderlike bakkies.
3 Skep ’n balletjie roomys op die piesangs en gooi lekker baie karamelstroop bo-oor.
4 Strooi die neute oor en smul.

’n Heilsame variasie
* Vervang die roomys deur volroom-Griekse jogurt en die karamelstroop deur heuning.

Goeie snoephappie-idee

* Vars vrugte soos aarbeie (eintlik alle bessies), druiwe, geskilde nartjies of lemoene is ideaal omdat dit nie soos appels verkleur nie en klein handjies dit maklik kan vat.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.