Sê dit net: Leer hoe om nee te sê

Sê dit net: Leer hoe om nee te sê deur Rilette Meyer

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Nee” is ’n woordjie waarin baie emosie en mag opgesluit lê. En soos enigiets wat magtig is, het dit die vermoë om ons te help, of om ons seer te maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dit is vir vroue, wat tradisioneel meer emosionele verantwoordelikheid in die samelewing dra, dikwels ekstra moeilik om “nee” te sê. Elke keer wanneer jy ’n vriendin se uitnodiging van die hand wys, stel jy jou immers bloot aan haar teleurstelling, onaangenaamheid of konflik – en die meeste van ons wil dit tot elke prys vermy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dit bring mee dat ons moeite doen om almal tevrede te stel, selfs al beteken dit jy moet op jou enigste “af” Saterdag ’n kinderpartytjie bywoon, terwyl jy veel eerder sou wou fliek.

Sielkundiges beweer dat ons verwerping en om iemand té verwerp ewe veel vrees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Mede-afhanklikheid: Vernietig jou liefde jou?

Wat is verkeerd daarmee om tegemoetkomend te wees? Natuurlik niks nie. Dis tog lekker om te weet jy kon iemand help. Jy is die een op wie se knoppie almal kan druk.

Die probleem ontstaan wanneer jy nie meer tyd of energie het om aan jou naaste én jouself te bestee nie, juis omdat jy vir jou take op die hals haal waarvoor jy geen passie het nie en waarvoor jy eintlik nie kans sien nie – alles omdat jy nie “nee” kan sê nie.

Dit is geen oplossing om in die gewoonte te verval om vir alles “ja” te sê net sodat jy konflik kan vermy nie. Jy ruil inderwaarheid een probleem vir ’n ander een. Wanneer jy uiteindelik breekpunt bereik, is die gevolge baie groter as wanneer jy nou en dan op ’n mooi manier “nee” sê.

Lees ook: Sensitief, sensitiewer, empath

Basiese beginsels

  • Die belangrikste gewoonte wat jy moet aanleer, is om tyd te koop. As jy nie onmiddellik aan ’n rede kan dink nie, sê bloot “ek sal daaroor dink”, “ek sal jou laat weet” of “my kop is nie nou by daardie dag nie, ek sal moet gaan kyk of ek beskikbaar is”.
  • Wanneer jy “nee” sê, is dit nie nodig om baie inligting te gee nie. Weerstaan die versoeking om té kreatief met jou verskonings te wees. Jy gaan dalk voel jy moet uitbrei (slaan daardie skuldgevoel hok!) maar ’n kort, vriendelike antwoord is al wat nodig is. Sou jy te veel detail gee, kan die persoon dalk probeer om oplossings vir jou “probleem” te soek sodat jy beskikbaar is om hom/haar te help! Hou by iets eenvoudigs soos “jammer, ek is ongelukkig nie daardie dag beskikbaar nie”. Indien jy gedruk word vir meer inligting, kan jy aanvoer dat jy ’n ander afspraak het (onthou, alleentyd, of ’n dag tuis saam met jou gesin of geliefde, tel ook as ’n afspraak, selfs al beplan julle nie iets spesiaals nie).
  • ’n Uitstekende manier om moeilike situasies te vermy, soos as iemand wil geld leen, is om ’n “beleid” te hê. Begin jou antwoord deur te sê “jammer, maar ek/ons het ’n beleid om nooit geld uit te leen nie”. Betrek skaamteloos jou wederhelf of dergelike om die tameletjie te vermy. In enige situasie sal ’n “beleid” ook die indruk wek dat jy gedink het daaroor en nie net “nee” sê nie. Werk sommer by voorbaat vir jou ’n beleid uit oor wat jy bereid is om te doen en wat nie, dan is jou antwoord waterdig en eg.
  • Daar is ’n gesegde wat lui “as jy nie deur ’n trein raakgery wil word nie, bly van die treinspoor af”. Vermyding klink dalk eenvoudig, maar dit is ’n belangrike punt om in ag te neem. As jy ’n dag nodig het om net te ontspan, moenie vir jou ma vertel jy het verlof geneem as jy wéét sy sal saam met jou wil gaan inkopies doen nie.
  • Dit is bevrydend om jou definisie van “ek het planne” in ’n ander lig te sien. As iemand jou uitnooi na iets waarin jy nie veel sin het nie en jy was eintlik van plan om met jou hond te gaan stap, jok jy nie as jy sê jy het ander planne nie. As jy liewer ’n aand voor die TV met jou man en kinders wil deurbring as om ’n partytjie by te woon, hét jy mos reeds ander planne gemaak.
  • Dit is wys om te besef dat dit nie altyd nodig is om met die hele sak patats vorendag te kom nie. Soms is dit raadsaam en selfs gaaf om nie die volle waarheid te vertel nie. Indien jy iemand probeer help om van ’n verslawing ontslae te raak is dit goed om presies te sê wat jy dink. Maar dink hieroor: Jy besef iemand is besig om op jou verlief te raak, maar jy voel glad nie dieselfde nie en hy kry nie die boodskap nie. Om reguit te sê hy gee jou ’n kramp, is wreed, maar as jy sê jy sien iemand anders (al isl  dit nie so nie), is dit ’n mooi manier om ’n moeilike situasie op te los.
  • Daar is heel moontlik op morele vlak dinge waarmee jy nie gemaklik is nie. Dit is ’n baie geldige rede om nee te sê.

Lees ook: Omgee is goed vir jou

Leef stadiger, leef meer

Kondisioneer jouself

  • Die beste manier om te oefen is om klein te begin. Wanneer jy “nee” kan sê met die regte gesindheid en sonder om skuldig te voel is die kans goed dat die ander persoon nie aanstoot sal neem nie.
  • Daar is mense wat in die gewoonte is om ander te gebruik en hulle sal dalk “diep seergemaak” voel as jy dié keer nie wil help nie. Herinner hulle vriendelik aan elke ander keer wat jy wel ingespring het, of vra ’n groot guns in ruil en kyk wat die reaksie is.
  • Leer by diegene wat goed is daarmee om hulle op ’n mooi manier te laat geld.
  • Die stemtoon wat jy gebruik wanneer jy “nee” sê, gaan bepaal of die ander persoon jou gaan druk om van plan te verander en of sy jou antwoord sal respekteer. Jy wil vriendelik maar ferm voorkom. Oefen voor die spieël, in die motor of in die bad. Raak gewoond aan jou stem en hoe dit klink as jy die sin uitspreek. Sing uit volle bors saam met jou geliefkoosde sanger sodat jy nie vir jou eie stem skrik in ongewone omstandighede nie. Klink dit dalk laf? Probeer dit gerus …
  • Ons hoor baie keer die frase dress for success”, met ander woorde, kies jou klere vir die werk wat jy graag wíl hê, nie die een wat jy noodwendig het nie. Jy kan dieselfde met jou lewe doen.
  • Kiés die lewe wat jy graag wil leef en oefen elke dag om daar uit te kom.
  • Maak ’n lys van dinge wat vir jou belangrik is en waarvoor jy graag “ja” sou wou sê. Miskien is dit ’n vakansie op ’n eksotiese eiland en voortaan spaar jy hiervoor en nié vir jou spandabelrige sussie se salonnaels nie. Dalk wil jy ’n spesifieke liefdadigheidsorganisasie ondersteun. Maak voorsiening daarvoor in jou begroting en moenie skuldig voel as jy nie vir elke bedelaar ’n geldjie kan gee nie.

Lees ook: 70 topwenke vir geluk

Egskeidingsmediasie: Goedkoper, vinniger, makliker?

Geweld teen vroue: Wat jy moet weet

In die werkplek

  • In jou beroep kan jy in ’n situasie beland waar jy nie noodwendig wil “ja” sê nie, maar nie anders kan nie.
  • Wys jou hoof daarop dat jy reeds aan ander belangrike projekte werk wat ook voorkeur geniet sodat julle saam die sperdatums kan aanpas.
  • Vra jou hoof vir hulp van ander kollegas as die tyd baie beperk is en jy jou skedule verduidelik het. Hierdeur wys jy nie swakheid nie, maar positiewe ingesteldheid om die werk behoorlik en betyds gedoen te kry.
  • Sorg dat jou kollegas bewus is daarvan dat jy verskeie projekte op jou kerfstok het en dat enige nuwe verantwoordelikhede ongeleë sou wees.

Wanneer jy móét ‘ja’ sê

Dit is soms onmoontlik om “nee” te sê. Maar jy kan die situasie beheer, pleks dat die situasie jou beheer. Hier is tegnieke:

  • Indien die versoek met ’n moeilike sperdatum gepaardgaan en jy in ’n hoek gedruk word, stem in om te help maar vra dat julle met ’n volgende geleentheid beter beplan.
  • Jy kan “ja” sê maar die persoon daarop wys dat hy jou ’n guns skuld. Dit kan veral van toepassing wees wanneer ’n vriendin jou vra om na haar kinders om te sien, of ’n kollega jou vra om in sy plek waar te neem. ’n Volgende keer is jy dalk in ’n netelige posisie en dan is dit nie ongemaklik om ’n soortgelyke guns te vra nie.
  • Wanneer jy instem tot ’n projek of guns wat nie dringend is nie, kan jy beheer neem deur jou dagboek na te gaan en ’n voorstel te maak oor ’n tyd wat vir jou geleë is.
  • Wees ferm oor die hoeveelheid tyd wat jy het. Indien iemand beloof dat dit net ’n uur sal neem, kan jy instem, maar maak dit duidelik dat jy werklik nie meer tyd as dit aan die guns kan afstaan nie.

Onthou …

  • Jy skep vals hoop met halfhartige antwoorde soos “ek sal probeer om daar te wees”. Hierdeur gaan jy in elk geval iemand teleurstel en stel jy net die onvermydelike uit. Dit is onregverdig om ’n verwagting te skep wanneer jy nie beplan om daarby te hou nie.
  • Wanneer iemand jou ’n guns vra, maak seker jy is deeglik ingelig oor wat dit behels. Dit maak dit makliker om te besluit of jy kans sien of nie.
  • Moenie “nee” sê bloot uit vrees vir nuwe geleenthede of uitdagings nie. Hierdeur mis jy dalk ’n wonderlike ervaring en groei in jou lewe.
  • Dit is net so belangrik om “nee” vir ’n antwoord te kan vat ook.
  • Almal van ons moet soms ’n guns of hulp vra. Die belangrike onderskeid is om te weet wanneer iemand uit gewoonte sy verantwoordelikhede skuif of hulp vra, en wanneer iemand werklik ’n krisis beleef en dit nie anders kan nie.
  • Onthou, dit is jou goeie reg om “nee” te sê. Moenie dat ander jou as vanselfsprekend aanvaar en respek vir jou verloor omdat jy altyd ’n dienende Martha is nie.

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.