Foto: Johan Wilke
7 Bekostigbare aandetes met bestanddele wat reeds in jou spens is Deur Vickie de Beer. Foto’s deur Johan Wilke
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Al het jy net ’n pakkie aartappels in die groenterak, eiers, melk en kaas in die yskas en ’n pakkie spek in die vrieskas, kan jy steeds smaaklike etes opdis.
Hier en daar het ons ’n paar vars blare of kersietamaties bygvoeg om kleur te gee maar dis nie eens nodig nie, want met net vyf basiese bestanddele kan jy en jou mense soos konings eet.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Lees ook: 9 blink planne met blikkieskos
Hierdie is meer soos ’n aartappelkoek. Dis ’n ete op sy eie, maar is ook baie lekker saam met braaivleis. ’n Kleinerige losboomkoekpan sal die uithaalslag vergemaklik, maar dit keer redelik maklik uit as jy ’n gewone koekpan met bakpapier uitvoer.
Hierdie aartappelgebak is heerlik as bygereg by geskroeide steak. Maak daarvan ’n aandete met bros gebraaide spek tussen die lagies en sit saam met ’n kraakvars tuinslaai voor.
Foto: Johan Wilke
Dit is een van my staatmakers, aandete is op die tafel sodra die pasta gekook is.
Foto: Johan Wilke
Rösti is heerlik krakerig en soutig. Dis ’n lekker bygereg en heerlik saam met ontbyt, of sit dit as voorgereg saam met delikate aspersies voor.
Foto: Johan Wilke
Ek het ’n oorskietpasteitjie die volgende aand deurgeroer tot alles gemeng was, opgewarm en as bygereg saam met steak voorgesit en dit was heerlik.
Foto: Johan Wilke
Hierdie eiergebak werk goed as ontbyt, maar is net so lekker vir aandete. Jy kan die resep maklik vergroot tot 8 eiers vir 8 mense as jy ’n lekker groot oondpan het.
Foto: Johan Wilke
Ek is mal oor ’n geposjeerde eier maar as dit na te veel werk klink, kan jy die eiers net sag kook, afdop en in kwarte in die slaai sit.
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.