kategorieë: Leef gesondGesondheid

7 maniere om werklik te ontspan

Deur Anet Schoeman. Foto: Unsplash

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Ontspan net,” maan vriende as jou oë wydgesper van spanning in jou kop sit. Maar ons almal weet dit is makliker gesê as gedaan. Die geheim is om ontspanning as noodsaaklik en nie as opsioneel te sien nie. Dit kan jou beskerm teen hartvatsiektes en vetsug, dien as buffer teen depressie en kan selfs jou immuniteit ’n hupstoot gee. Hier is ’n paar maniere om tot verhaal te kom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ontspan jou lyf

Adrenalien en kortisol veroorsaak spanning in jou spiere en ná ’n dol dag voel jou lyf soos ’n saamgedrukte veer. Begin deur jou lyf stelselmatig te ontspan: trek die spiere in jou tone vir sowat 5 sekondes saam en ontspan dan vir 30 sekondes. Werk van onder na bo deur elke spier en voel hoe die spanning wegvloei.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Skakel sosiale media af

Die Amerikaanse Sielkundevereniging het in sy verslag vir 2017 gesê dat mense se stresvlakke styg hoe meer gereeld hulle sosiale mediaplatforms opsoek, teksboodskappe en e-posse lees/stuur. Veral vroue is weerloos teen die stres van sosiale media nadat hulle gesien het dat goor goed met vriende gebeur het.

Gebruik jou terugreis om tot verhaal te kom

As jy van openbare vervoer gebruik maak, kan jy hierdie tyd gebruik om te mediteer. Calm, Apple se App van die jaar, bied begeleide meditasie wat wissel van drie tot 25 minute. (Kyk ook na Headspace, Muse, Insight Timer, Smiling Mind, The mindfulness app). Bly net weg van jou e-pos! Bel eerder ’n vriend of familielid vir ’n geselsie of luister na musiek. Julie Morgenstern, skrywer van Time Management from the Inside Out, skryf dat haar een kliënt sy tyd gebruik om te dink wat hy by die huis wil doen: “Ek wil vanaand saam met my metgesel kook en wil seker maak dat een van die kinders sy huiswerk doen, maar ek sal dit op ’n mooi manier doen … ”

Maak net een lys

Lysies verlig spanning omdat jy weet jy het dit iewers neergeskryf. Maar as jy te veel plekke het waar jy lysies maak, soos in jou dagboek, op die rekenaar en selfoon, teen die yskas … skep dit spanning. Besluit waar jy dinge gaan aanstip en bly daarby (probeer die app Cozi).

Maak ’n wenslysie

Soms het jy tyd vir pret, maar sit dan sonder idees. Hou ’n lysie op jou selfoon of langs jou rekenaar van lekker dinge wat jy graag wil doen. Dit kan iets so eenvoudigs wees soos om tee onder ’n boom in jou tuin te drink tot ’n spesiale vakansie.

Wat is die ergste wat kan gebeur?

Ellen Langer, bekende sielkundige en bewustheidsghoeroe, sê jy moet jou elke nou en dan afvra wat die ergste is wat kan gebeur as jy nie jou lang lys takies afhandel nie. Gaan jy vyf jaar later onthou dat jy die kas reggepak het eerder as om saam met ’n vriendin koffie te drink?

Geen verskoning nie

Dis maklik om ontspanning uit te skuif as jy besig raak of net bloot te moeg is. Maak aan die begin van die maand afsprake met vriende vir die dinge wat jy graag wil doen. Dis moeiliker om nee te sê as jy dit reeds gereël het.

Lees ook: Komkommer-spaghetti met ’n soetsuur slaaisous

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.