kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met gesondheidsentrepreneur en leefstylafrigter Uleen Fourie

“Ek volg met alles wat ek doen ’n holistiese benadering. ’n Goeie oefenprogram sal jou nêrens bring sonder ’n voldoende eetplan, genoeg slaap en rus nie. Ek wil vroue help om te verstaan dat beperkende diëte of oefenstyle nie noodwendig die beste roete is om te gaan nie,” sê sy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vandag is Uleen ook die medestigter van Suid-Afrika se nuutste Health-e-toep wat binnekort op die mark sal wees en 18 maande geneem het om te skep.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sy beskryf Health-e as ’n “enig-in-sy-soort Suid-Afrikaanse gesondheidstoep wat alles wat jy benodig om jou reis na gesondheid aan te pak, bymekaarbring”.

Health-e se unieke funksionaliteit maak voorsiening vir al jou gesondheidsbehoeftes en meer: Van ’n interaktiewe maaltydbeplanner tot ’n outomatiese inkopielys. Die toepassing is propvol opvoedkundige stelsels en hulpbronne om jou te help om gesonde praktyke in plek te sit en uit te voer. Die toep sluit ook maklike, voedsame, heerlike, bekostigbare en dieetkundig-goedgekeurde resepte in wat die hele gesin kan geniet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Karlien Meiring het meer oor hierdie inspirerende fiksheidsghoeroe se welstandsreis gaan uitvind.

Waar kom jou passie vir ’n gesonde leefstyl vandaan?

Sport was nog altyd deel van wie ek is. Ek was nog altyd baie aktief en het daarvan gehou om gesond te eet. Op skool het ek aan verskeie sportsoorte deelgeneem, en ek het my provinsiale klere in swem en tennis en my nasionale klere in netbal verwerf.

Oefening was nog altyd deel van my daaglikse roetine, maar vir so lank as wat ek kan onthou, het ek ’n slegte verhouding met kos gehad. Ek het van jongs af kitsdiëte gevolg wat korttermynresultate gegee het. Ná skool was oefening vir my soos ’n straf wat ek moes uitdien vir alles wat ek verkeerd geëet het.

Ek het op Stellenbosch finansiële en beleggingsbestuur studeer, maar het ná drie jaar in die korporatiewe wêreld besluit om diplomas in voedingkunde en fiksheid te verwerf sodat ek myself as ’n voltydse aanlyn leefstylafrigter kon bekwaam.

Hoewel ek nog nooit oorgewig was nie, was ek nog nooit heeltemal tevrede met hoe my liggaam gelyk het nie. Eers nadat ek myself behoorlik opgevoed en toegepas het wat ek geleer het, het ek dramatiese veranderinge begin sien.

Wat motiveer jou om so hard te werk aan ’n gesonde leefstyl en dit met ander te deel?

Niks wen die gevoel van goed oor jouself voel en werklik gelukkig met jouself te wees nie. ’n Mens kan nie in ’n gesonde verhouding of gesonde werk wees as jy nie gelukkig in jouself is nie. Ek is baie passievol daaroor om vir vroue te leer dat ’n mens na jouself kan kyk, hard kan oefen en steeds ’n glas wyn kan geniet. Alles gaan oor balans; fisiek en geestelik.

My grootste dryfveer om ander te inspireer, is dat ek in hul skoene was. Ek het geweet dat as ek hierdeur gaan, daar sekerlik ander vroue is wat ook sukkel. Hoe meer ek oor my reis en transformasie begin deel het, hoe meer mense het daarop gereageer.

Dit was jare van sukkel tot waar ek vandag is en ek leer nog elke dag iets, maar ek deel my reis met jong vroue om te keer dat hulle dieselfde foute maak as wat ek gemaak het.

Wat is die filosofie waarvolgens jy jou gesonde leefstyl benader?

As jy dit nie geniet nie of jouself dit nie sien volhou vir die res van jou lewe nie, dan is dit nie volhoubaar nie. You need to make changes to see change – in enige aspek van jou lewe.

Ek glo werklik dat ’n gesonde leefstyl volhoubaar en haalbaar moet wees en dat elke vrou verdien om van hul liggaam te hou en hul absolute beste te voel.

Wat is jou raad aan vroue wat nie weet hoe om hul reis na ’n gesonder leefstyl te begin nie?

Waar daar ’n wil is, is daar ’n weg. Ons soek maklik na verskonings. Vind iets wat vir jóú leefstyl volhoubaar is. Wat vir my volhoubaar is, lyk anders as hoe dit vir jou sal lyk. ’n Gesonde leefstyl is nie swart of wit nie en elke dag lyk anders.

Hoe het jou swangerskap jou uitkyk op die lewe verander?

Ek het my hele lewe lank gehoop om ’n mamma te wees. Ná anoreksie en soveel gesondheidskwessies het ek altyd geweet dat ek skade aan my liggaam berokken het. Swangerskap is ’n voorreg en dis hoe ek dit benader. Ek is elke dag verstom oor hoe ongelooflik die vrou se liggaam is. Ek sê ook elke dag vir my man, Jarred, dat mans nie vir een dag in hul lewe sou kon swanger wees nie: Hulle is heeltemal te pieperig!

Volg haar op Instagram!

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met mode-ontwerper Stephen van Eeden

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

8 hours Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

11 hours Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

15 hours Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

1 day Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

2 days Gelede

Bronchostop stel nuwe hoesstroop, Bronchostop Nite, bekend

Ons was al almal daar: Jy rol tot twee uur die oggend nog rond van…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.