kategorieë: Gesondheid

6 verskille tussen seesiekheid en voedselvergiftiging

Naarheid en seesiekheid op jou eerste bootreis is ’n persoonlike seeramp. Dit is ongelukkig ook die twee algemeenste krisisse wat mense op ’n bootreis tref, sê dr. Pete Vincent, mediese adviseur vir die Netcare Travel Clinic by Tokai Medicross in Kaapstad. “In ’n werklik onstuimige see sal byna alle passasiers seesiek raak,” sê hy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

En met spyseniering asof vir ’n nimmereindigende onthaal in die somerhitte, is insidente van maaggriep algemeen, wat dosyne en selfs honderde passasiers aantas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Gelukkig kan mens jouself met ’n paar items in jou noodhulptassie gewoonlik help. Daar is ’n dokter aan boord as jou simptome regtig erg raak, maar besoeke is nie gratis nie. Pak dus iets vir al twee in jou tassie en maak seker jy weet hoe om tussen die twee te onderskei, sodat jy die regte medikasie kies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoe verskil seesiekheid van voedselvergiftiging?

Vra jouself die volgende paar vrae:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1 Wanneer het jou simptome begin?

Seesiekheid begin redelik gou nadat die boot begin beweeg. Jy sal ’n maagontsteltenis weens voedselvergiftiging aan boord eers ’n dag of selfs dae na die begin van die reis ervaar.


2 Het die deining opmerklik verander?

Hoe ontstuimiger die see, hoe groter jou kans op seesiekheid, terwyl maaggriep nie daardeur beïnvloed word nie. Terwyl die see kalm is, sukkel min mense met resinaarheid, maar soos wat die deining weens wind of stormweer toeneem, neem die aantal mense wat aangetas word ook toe. In ’n werklik stormsee sal byna alle passasiers seesiek voel.

Dus, as jy eers na ’n paar dae aan boord begin seesiek voel, vind uit of die seedeining ook verander het.


3 Gaap jy?

Hoewel beide diarree en seesiekheid jou moeg en pap kan laat voel, gaap mense wat seesiek is dikwels, waarskynlik omdat die liggaam probeer om die binne-oor by die beweging te laat aanpas.


4 Is jy duiselig?

Is jy werklik naar of is jy eintlik duiselig? Asof jy van balans af is? Lighoofdigheid en ’n gesuis in die ore is ook tipies aan seesiekheid eerder as voedselvergiftiging.


5 Het jy maagpyn?

Voedselvergiftiging gaan gewoonlik gepaard met simptome wat met jou maag verband hou en seer is. Jy sal tipies pyn oor die maag, maagkrampe, maaggeluide, werklike vomering, diarree, winderigheid en/of sooibrand ervaar, asook ligte koors.

Mense wat seesiek is kan naar voel, werklik naar raak en selfs diarree ontwikkel, maar hulle het nooit pynlike maagkrampe nie.


6 Voel jy angstig?

Mense met seesiekheid kan ook paniekerig voel. Baie mense haal vlak en vinnig asem. Hulle voel ook swak en kan nie konsentreer nie. Hul bloeddruk kan val. Mense met ’n maagaandoening voel eerder ongemaklik.

Bly kalm en ontspan

“Gelukkig pas die meeste mense binne ’n dag by die skip se beweging aan,” sê Pete.

“Onthou ook dat angstigheid oor seesiekheid juis jou kans daarop groter maak. En as jy reeds seesiek, is vererger paniek jou simptome.

“Dink dus kalm gedagtes en praat jouself moed in. Bly positief, en gee jouself kans om aan die rustige, ritmiese rol van die boot gewoond te raak. Die meeste passasiers is gou-gou heeltemal tuis op die boot.”

Lees hier wat jy kan doen om gou oor jou seesiekheid te kom.

Lees ook

• Aan boord van die MSC Sinfonia

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

36 minutes Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.