kategorieë: VerhoudingsJou lewe

7 wenke vir ’n goedkoop, romantiese Valentynsaand tuis

Versorg deur Mariette Snyman. Foto Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Wenk #1

Gaan koop sommer vandag nog daardie Valentynskaartjie en -geskenk vir jou geliefde. Wat verkies jy – wyn, sjokolade of ’n ander ’n tradisionele geskenk, of iets heel oorspronkliks wat by jou begroting pas? Dink aan die verloop van jou geliefde se dag: het hy iets nodig vir daardie eerste koppie koffie of tee, vir sy oggendstort, of vir sy gimsessie? Is daar iets wat sy rit werk toe of sy werksdag kan opkikker? Kan jy dink aan ’n produk wat  inskakel by sy gunstelingmanier om sy vrye tyd te bestee? Miskien iets wat hy vir ’n stokperdjie kan gebruik, of iets wat hom kan help om sy lewe beter te organiseer (soos sy versameling goeters in die motorhuis)? Is daar iets wat hy gereeld by jou of by iemand anders leen? Of iets wat hom lekker laat lag?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wenk #2

Nou is dit jou beurt. Hoe kan jy op jou beste lyk? Hoor gerus by jou vriendin of dogter of jy iets sensueels kan leen om op Valentynsdag aan te trek; dalk kan dit ’n ruiltransaksie wees. Of gaan kyk met ’n vars oog na die klere in jou kas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Die mooiste tuin-idees vir Valentynsdag!

Wenk #3

Beplan ’n besondere Valentynsviering – tuis! Hoe kan jy die huis in ’n kindervrye sone omskep? Kan die kroos die aand by oupa en ouma oorslaap, of dalk by vriende? (Volgende jaar kan jy weer julle vriende se kinders huisves.)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Die dieper betekenis van seks

Wenk #4

Besluit of jy self gaan kook, en of ’n kitsete/kitskos vir twee teen ’n redelike prys jou beter sal pas. Dit hoef nie ingewikkeld te wees nie – indien dit in jou geliefde se smaak val, is kaas, biltong of koue vleis, olywe, agurkies, piekeluitjies, peppadews, brood, vrugte en van jul ander gunstelinglekkernye ’n praktiese opsie. Dek ’n lieflike tafel met blomme uit jou of ’n vriendin se tuin, of raak kreatief met loof of met iets in jou huis wat as versiering ingespan kan word. En moenie die kerslig vergeet nie!

Lees ook: Die perfekte kaasbord

Dink uit die boks oor die vertrekke in jul huis

Wenk #5

Dink uit die boks oor die vertrekke in jul huis. Waar gaan julle die aandjie deurbring? Kan jy dalk die kos in die slaapkamer bedien, en dan na ’n ander vertrek versit? Hoe kan jy dit mooi en gesellig maak?

Lees ook: Hoe om die beste orgasme en seksuele bevrediging op enige ouderdom te kry

Wenk #6

Om atmosfeer te skep, is gegeurde kerse ’n wenner. Dit kos nie veel nie, ruik heerlik en skep ’n intieme atmosfeer. Dis egter verstandig om nie met vuur te speel nie – sit die kerse op ’n oppervlak waar hulle nie maklik omgestamp kan word nie, op ’n veilige afstand van die gordyne.

Lees ook: Liefdesnessies

Wenk #7

Koop ongegeurde kokosneutolie. Dis heerlik sag en werk goed as ’n smeermiddel.

Lees ook: Maak-dit-self skoonheidsprodukte

Mag jou moeite die gewensde uitwerking hê. Gelukkige Valentynsdag!

Lees ook: Hoe om die beste orgasmes en seksuele bevrediging op elke ouderdom te kry

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

18 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

21 hours Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

21 hours Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

22 hours Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

23 hours Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.