kategorieë: Ontspanning

Showmax se universiteitsdrama, ‘Wyfie’ is hier!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Wyfie kom vanuit die veelbekroonde Homebrew Films-stal (Trompoppie, Magda Louw), en volg vier wildvreemde eerstejaar-kamermaats in die Pantera-koshuis aan die fiktiewe Eike-universiteit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die Safta-wenner Johan Cronje (Wonderlus, Nêrens, Noord-Kaap) dien as die reeksregisseur met Beata Bena Green (Arendsvlei, 7de laan) as Shay, Celeste Loots (One Piece, Trompoppie) as Amanda, Kristen Raath (7de Laan) as Kyla, en Mienke Ehlers (Dinge van ’n Kind) as Mia. Ook in die rolverdeling van dié reeks – wat ’n R18-ouderdomsperk het – tel name soos Adrian Steyn (Die Onderonsie en die Showmax-fliek Matilda & Matthys wat eersdaags première), Marguerite van Eeden (Vaselinetjie), Elzet Nel (Trompoppie), en Chelsea Thomas (Amber in Spinners).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kristen Raath speel die rol van Kyla (Foto: Verskaf)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Beata Bena Green as Shay en Mienke Ehlers as Mia (Foto: Verskaf)

Saam met Johan in die regiespan is Eva du Preez, ’n Silwerskermwenner en tweemalige Safta-benoemde as redigeerder, en bekend vir haar werk op onder meer Kanarie en Trompoppie, wat haar debuut as regisseur maak. Emilie Badenhorst (2023 Silwerskermwenner vir beste kortfilm en beste regie vir ’n Doop om Stilte) rond die span af.

“Universiteit is ’n baie interessante tyd in jou lewe, waartydens jy baie van jouself en van die wêreld wat jy as ’n volwassene probeer aanpak, ontdek,” sê Johan. “Dis ’n tydperk van grootword waar jy jou eie identiteit begin heroorweeg. Dít skep ’n mooi ruimte om stories van vernuwing, en ontdekking van die lewe, te ontgin.”

Wyfie volg vier wildvreemde eerstejaar-kamermaats in die Pantera-koshuis aan die fiktiewe Eike-universiteit. (Foto: Verskaf)

Vir die hoofskrywer Marcel Spaumer is Wyfie ook ’n viering van die vriendskappe wat jy maak as jy uit die huis trek en vir die eerste keer by ander mense intrek. “Wanneer jy by universiteit kom, maak jy vriende met mense van alle dele van die lewe, en mense wat jy nie gedink het jy ooit sou ontmoet nie,” sê hy. “En dan ontwikkel hierdie vreemde, ongelooflike vriendskappe.”

Terwyl Marcel verwag dat Wyfie as “ ’n Afrikaanse Euphoria” bestempel sal word, sê hy die skrywerskamer het eerder meer inspirasie uit hul eie ervarings van die Afrikaanse koshuis- en universiteitskultuur geput. “Baie van ons skryfspan was, soos ek, op universiteit en in die koshuis, so dít is 100% waar die inspirasie vir Wyfie vandaan kom. Dit is natuurlik fiktief, maar baie van my ervarings vorm deel van die storie, en baie van die tradisies wat ons in die koshuis gehad het, het ons omskep deur net ’n bietjie van die Wyfie-kultuur in te bring.”

Johan het nog altyd in die tradisies van universiteite, en veral koshuise, belanggestel. “Dit het my nog  altyd gefassineer – hoe jongmense so verslaaf en aanbiddend kan raak van hierdie tradisies en hierdie nuwe milieu waarbinne hulle hulself bevind.”

Een van Wyfie se groot gesprekpunte gaan sy klankbaan deur die 2023 Safta-wenner Peach van Pletzen (Ludik) wees. Die klankbaan sluit die laaste liedjies in  wat Angie Oeh opgeneem het voordat sy op die ouderdom van 24 in Augustus verlede jaar tragies aan kanker oorlede is. Die reeks is aan haar opgedra.

“Angie was die inspirasie vir die reeks se titel,” sê Johan. “Om haar as deel van die klankbaan te hê, is vir my van ongelooflike groot waarde; hartseer en mooi terselfdertyd, want die musiek wat sy en Peach vir Wyfie geskep het, wat van haar laaste werk ooit is, is spookagtig mooi. Ek voel net baie, baie gelukkig dat ons haar musiek in hierdie reeks kan gebruik.”

“Ek het geweet ek wou Angie se stem ’n groot deel van die klanklandskap en identiteit van die reeks maak,” sê Peach. “Sy is tog die oorspronklike wyfie. Angie se eerste snit se titel is ‘Dis jou Wyfie’ – dis ’n liedjie wat sy self geskryf, opgeneem en vervaardig het. Die snit het ’n kultusaanhang opgebou en is nou al ’n tipe van ’n temalied vir die misfits. Angie het ’n groter impak gemaak as wat mense besef. Die feit dat die reeks Wyfie genoem is, getuig ook daarvan.”

“Toe Angie studio toe gekom het en die idees op die mic gesit het, kon ek dadelik voel ons is met iets spesiaal besig,” sê Peach. “Angie se stem is een van die mees diepgaande mooi stemme wat ek al ooit opgeneem het. Om saam met Angie te kon werk, was ’n tyd wat vir ewig by my sal bly. Ons het haar gedurende die proses verloor, en daar is baie emosie rondom van die musiek en ek moes meeste van dit voltooi ná sy weg is. Sy het haar stem by my gelos en dís ’n groot geskenk en eer vir my.  Sy was baie trots op die werk en ek ook.”

“Vir my is Wyfie ’n reeks van kontraste,” sê Peach. “Dis luid en in jou gesig, maar ook broos en sag. Amper soos mense op daai ouderdom: jy besluit jy weet presies wie jy is en vind uit hoe verkeerd jy is as die lewe aan daai studentidentiteit begin wegkap. Dis ’n mikrokosmos en ’n borrel. Ek wou die borrel omarm én dit ook bars.”

“Mense moet Wyfie kyk omdat ons nie bang was nie, omdat ons nie skaam was nie,” sê Johan. “Ek het in pre-produksie daarna verwys as ’n storie wat nie skaam mag wees nie; dis ’n baie eerlike storie en nie bang om universiteitslewe te wys soos dit werklik is nie. Ek glo mense wil hulself op skerm herken, en baie daarvan kom daarop neer dat jy (as TV-skepper) nie wegsteek hoe die lewe regtig is nie. Enigiemand wat al koshuislewe ervaar het, gaan kan aanklank vind by die storie en karakters van Wyfie.”

KYK: Wyfie se amptelike lokprent

Wyfie is is een van 20 Showmax Originals wat in Februarie saam met die herbekendstelling van die nuwe Showmax-platform première.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met aktrise Mandri Sutherland

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

5 lekker hoemoes-resepte

Hou jy van hoemoes? Dan sal 13 Mei vir jou ’n belangrike datum wees. Dié…

9 hours Gelede

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

3 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

3 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

3 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

3 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.