kategorieë: Leef gesondGesondheid

Is ongejodeerde sout gesonder?

Omdat te veel sout ongesond is, moedig die staat ons deur Salt Watch en die Heart Foundation aan om minder sout te gebruik. Sout het in ons koppe dus ‘ongesond’ geraak. Dit is korrek en reg so, maar ’n subtiele skuif het terselfdertyd so te sê onbewustelik plaasgevind,naamlik dat ‘natuurlike’ sout soos ongejodeerde sout en seesout gesonder is as gewone gejodeerde sout.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Is dit waar?

Sout bestaan uit twee komponente: natrium en chloried. Wanneer sout gejodeer word, word ’n klein bietjie van ’n derde molekuul naamlik jodium bygevoeg. Die enigste skadelike komponent van sout is natrium. Die chloried en jodium doen jou liggaam nie skade nie Dus is gejodeerde sout en ongejodeerde sout ewe gesond. Of ewe ongesond, want sout opsigself is nie ongesond nie. Te véél daarvan is wel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die voorstaanders van ongejodeerde sout het tog op ’n aweregse manier ’n punt beet: wanneer sout gejodeer word, word bymiddels dikwels ook bygevoeg. Party van die duurder soute bevat bymiddels wat keer dat die sout klam raak en klonte maak, wat help dat die sout makliker uitloop. En dan is natuurlike sout eerder vuilwit. Party handelsmerke bleik hul sout, terwyl ander die sout wit kry deur dit deur ’n verdampingsproses te sit. Ál die bymiddels is egter goedgekeur en dus veilig vir jou gesondheid, maar as jy ’n puris is, kan dit jou pla. Die oplossing is om die etiket te lees: soek die handelsmerke wat gejodeer is en as bestanddeel nét sout lys.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat van seesout, wat ‘natuurlik’ gejodeer is?

Seewater is ryk aan jodium en daarom is sout wat uit die see gemyn word ‘natuurlik’ met jodium verryk. Die feit is dat hierdie sout baie min jodium bevat – en ook min van enige ander minerale. Aansprake dat dit gesonder is, is op skramse inligting gebaseer.

Wat van klipsout en pienk sout?

Party mense glo dat swartsout, fleur de sel, Kalaharisout, algsout en organiese sout elkeen sy eie kenmerkende smaak bevat. Is dit egter veilige plaasvervangers vir sout? Sout is sout. Eksotiese soute is nie beter of gesonder nie. Dit is net duurder. Hierdie soute is egter nie gesonder as gewone gejodeerde sout nie. Alle sout word gekoppel aan hoë bloeddruk, en uiteindelik aan hartkwale en beroerte. Méér Suid-Afrikaners sterf hieraan as aan alle soorte kankers saam.

Al wat belangrik is is dat jy:
• ’n gejodeerde handelsmerk kies en
• min daarvan gebruik.

Lees ook:

10 kosse wat die meeste sout bevat – Klik hier
Slim maniere om minder sout te gebruik – Klik hier

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.