kategorieë: GebakKos

#75verjaarsdagkoek 6: Corli Botha se maklike koek met bessie-coulis

genoeg vir 1 groot dubbellaag koek

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Koek
• 6 ekstra groot eiers
• 450 g strooisuiker
• 300 ml melk
• 150 g botter
• 30 ml (2 e) grondboontjiebotter
• 5 ml (1 t) vanieljegeursel
• 350 g koekmeel
• 5 ml (1 t) sout
• 45 ml (3 e) bakpoeier
• 125 g vars frambose

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bessie-coulis
• 1 pakkie Berry Medley Coulis (beskikbaar by Woolworths)
• 60 ml (1/4 k) framboos- of bessiekonfyt
• 5 ml (1 t) mielieblom met ’n bietjie water gemeng

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Outydse melkversiersel
• 45 ml (3 e) koekmeel
• 250 ml (1 k) melk
• 250 g botter, kamertemepratuur
• 200 g suiker
• 5 ml (1 t) vanieljegeursel
• 5 ml (1 t) rooswater

1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer 3 (10, 15, 18 cm) koekpanne uit met bakpapier.
2 Klits die eiers en suiker tot lig en donsig. Verhit die melk en botter tot die botter net opgelos is, verwyder van die hitte.
3 Meng die meel, sout en bakpoeier saam.
4 Vou die meelmengsel by die geklitste eiers en suikermengsel in, voeg ’n bietjie van die warm botter-en-melkmengsel om die beurt by. Maak seker die mengsel is nie te droog deur te veel meel op ’n slag by te voeg nie. Moenie die koek te veel meng nie, dit sal rysgate veroorsaak.
5 Breek vars frambose in die mengsel in en meng deur.
6 Verdeel die mengsel gelykop tussen die drie panne en bak vir 20-25 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom. Koel af op draadrakkies.
7 Vir die outydse melkversiersel: klits die meel en melk saam tot glad en plaas in kastrol, kook tot dik.
8 Skep die versiersel in ’n mengbak en bedek met kleefplastiek sodat ’n dik vel nie vorm nie, laat staan eenkant om af te koel.
9 Klits die botter en suiker in die mengbak van ’n elektriesemenger tot liggeel, voeg die melkmengsel en geursel by, klits tot baie glad (ongeveer 5 minute). Skep die mengsel in ’n spuitsak.
10 Vir die bessie-coulis: kombineer alles in een kastrol en kook tot dit net-net verdik. Laat afkoel in yskas tot benodig.
11 Smeer ’n lagie van die bessie-coulis op elke koek, gevolg deur die outydse melkversiersel wat ek in balletjies gespuit het. Jy kan dit versier en pak net soos jy verkies. Tooi die koek met vars rose en bessies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Verjaarsdagkoek 1: Tina Bester se witsjokoladekoek

Verjaarsdagkoek 2: Wessels van Vuuren se rooiwyn-sjokoladekoek

Verjaarsdagkoek 3: Katelin Williams se gebakte Alaska-koek

Verjaarsdagkoek 4: Kanya Hunt se haselneutkoek met rooifluweel-roosversiering

Verjaarsdagkoek 5: Martjie Malan se framboo-en-suurlemoenkoek

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.