Saamgestel deur Elna Rossouw
Die seun met die swaeltjie deur Fanie Viljoen


Fanie Viljoen (Foto: Verskaf)
Genre: Jeugroman
Prys R190
Oor sy eerste prys sê Fanie: “Dit is ’n geweldige voorreg om in Afrikaans te kan skryf, en om dan ook bekroon te word vir jou skryfwerk, soveel meer. ’n Driekuns in dié kompetisie slaan my asem weg, weg, weg. Mag Die seun met die swaeltjie lesers inspireer om bo hulle omstandighede uit te styg, waar hulle ook al is, wie hulle ook al is en hoe moeilik dit ook al is”. In 2019 was Fanie se Offers vir die vlieë, en in 2023 Ons laaste legendariese somer in die topposisie.
Die Tusseninners deur Zelda Bezuidenhout


Zelda Bezuidenhout (Foto: Verskaf)
Genre: Jeugroman
Prys R220
Vir haar Die Tusseninners, “ ‘n skreeusnaakse verhaal vir almal wat nie op hoërskool inpas en net in die spasies tussen-in oorleef” is Zelda Bezuidenhout is vanjaar as die naaswenner aangewys.
Die fluisteraar deur Jacolet van den Berg


Jacolet van den Berg (Foto: Verskaf)
Genre: Jeugroman
Prys R220
Jacolet van den Berg het die derde plek met Die fluisteraar gewen. Die verhaal speel in die jaar 2075 af. Kato is 17 en ‘n fluisteraar wat nuwe plantegroei aanmoedig en moet besluit of hy die wêreld gaan red …
- Tweejaar gelede het Zelda se Quinn se jaar van kwik die kollig met Jacolet se Bravo! Charlie en Annerle Barnard se Sterstof as naaswenners gedeel.

‘n Dag in François Bloemhof se lewe
As jy wonder hoe lyk ‘n dag in dié bekroonde skrywer se lewe en hoe hy balans tussen werk en speel skep, lees die boekerubriek in die Junie-uitgawe van rooi rose. François vertel ook hoe dit gebeur het dat hy die draaiboek van die televisiereeks Een keer om die son in ‘n roman omskep. het.
Wen dié boeke vir jou kind
Drie rooi rose-lesers kan elk ‘n geskenkpak met dié drie bekroonde boeke met die komplimente van LAPA Uitgewers wen.
*Slegs een inskrywing per persoon Bepalings en voorwaardes: Alle pryse in rooi rose is onderhewig aan beskikbaarheid en is nie oordraagbaar, herverkoopbaar of terugbetaalbaar vir kontant nie. Vir nog bepalings en voorwaardes, besoek www.rooirose.co.za
Sluitingsdatum: 26 Junie 2026
Lees ook: Kry vir jou nog koek! Bekroonde misdaadkomedie se tweede seisoen binnekort op DSTV Stream


