Hierdie resep was in rooi rose September 2022
Bestanddele
- 8 (1,2 kg) hoenderdyfilette, in 2 cm-stukke gesny
- 5 ml (1 t) kerriepoeier
- 2,5 ml (1/2 t) uipoeier
- 2,5 ml (1/2 t) knoffelpoeier
- 1,25 ml (1/4 t) fynkomyn
- 1,25 ml (1/4 t) rissiepoeier
- 30 ml (2 e) grondboontjie-olie
- 1 groot ui, gerasper
- 10 ml (2 t) gemmer, gerasper
- 250 ml (1 k) klapperroom
- 180 ml (¾ k) growwe grondboontjiebotter
- 30 ml (2 e) soetrissiesous
- 30 ml (2 e) laevet-sojasous
- 60 ml (4 e) geroosterde grondboontjies, fyngemaak
- 450 g mikrogolf-witrys
- 1 komkommer, in wiggies gesny
- 1 vars, klein rooi brandrissie, ontpit, dun gesny
Metode
- Meng hoender, speserye en helfte van olie saam in bak en geur. Bedek en verkoel vir ‘n uur.
- Verhit roosterplaat (of roosterpan of braaivleisrooster).
- Ryg hoender op 12 sosatiestokkies. Braai vir 3 minute aan elke kant of tot hoender gaar is.
- Verhit intussen orige olie in pot. Braai ui en gemmer en roer vir 1 minuut of tot ui sag word.
- Voeg klapperroom, grondboontjiebotter, souse en grondboontjies by en roer terwyl dit vir 1 minuut prut. (Sous kan skei as dit staan, maar sal weer bind wanneer dit geroer word voor opdiening.)
- Verhit rys volgens aanwysings op pakkie.
- Sit hoenderstokkies voor saam met grondboontjiesous, rys, komkommerwiggies en brandrissie. Lemmetjieskywe en vars koljanderblare sal heerlik proe.
rr wenk: Metaalstokkies versnel die kooktyd omdat dit kos verhit. Bamboesstokkies moet vir 20 minute in water geweek word voordat die hoender opgesit word, om te voorkom dat dit tydens die braaiproses skroei.
Lees ook: Hoenderblatjangvlerkies
