Die grusame eskapades van ’n voorstedelike huisvrou en ’n ongenaakbare bendebaas woed voort in die tweede seisoen van Wolflight Films se misdaadkomedie Koek.
En dit gaan nes die veelbekroonde eerste seisoen, wat lof van kykers en resensente én ’n Internasionale Emmy-benoeming ontvang het, sorg vir ’n wilde wipwarit van aksie, geweld en bloedvergieting.


Koek se eerste seisoen was ’n stroomtreffer op Showmax, maar vanaf 9 Junie 2026 het dié reeks ’n splinternuwe tuiste. Die tweede seisoen is eksklusief beskikbaar op DStv Stream (binne die Showmax-afdeling), op DStv se Premium-, Compact Plus- en Compact-pakkette.
Christiaan Olwagen; talentvol; regisseur; dramawereldcindy swanepoelDstv StreamkoekkyknetSandra Prinsloo
