Verskaf deur kykNET
Wat jy alles moet weet oor die volgende seisoen van ‘Boer soek ’n Vrou’
- Die agtiende seisoen van Boer soek ’n Vrou begin Donderdag 23 Julie 2026 op kykNET en sal oudergewoonte in die 20:00-tydgleuf uitsaai. Die werklikheidsreeks wat eers voor dit nog moet uisaai, is In die sop: Gastehuisrevolusie.
- In Boer soek ’n Vrou se eerste episode ontmoet Reandi vir die eerste keer al die boere op hul plase, terwyl sy in die daaropvolgende episode hul briewe aflewer. Kykers sal dus op Donderdag 30 Junie uitvind watter vyf boere se liefdesreis hulle gaan volg.
- Die episode wat op 23 Julie uitgesaai word, tel eintlik as die reeks se tweede episode aangesien die episode, waar kykNET die boere in November bekendgestel het, die afskop van die seisoen was.
- Die reünie-episode, waar kykers uitvind hoe die topvyfboere se soektog nog liefde uitgedraai het en hoe dit ook met die ander vyf boere gaan, saai op Donderdag 22 Oktober uit.
- Vanjaar se tien boere se ouderdomme wissel tussen 26 en 43.
- Die boere verteenwoordig ses provinsies met die Vrystaat wat die voortou met vier enkellopendes neem, terwyl die Noordwes deur ’n vroue boer verteenwoordig word.

Reandi Grey. Foto: Verskaf
Die boere vir die 18de seisoen is:
1. Arno (28)
- Tzaneen, Limpopo
- Bosbouboer
- Vroulike pasmaat
2. David (43)
- Vierfontein, Vrystaat
- Gemengde boerdery
- Vroulike pasmaat
3. Francois (34)
- Hoedspruit, Mpumalanga
- Natuurbewaarder
- Vroulike pasmaat
4. Jack (30)
- Hermanus, Wes-Kaap
- Appel- en peerboer
- Vroulike pasmaat
5. Jacques (32)
- Nelspruit, Mpumalanga
- Makadamianeutboer
- Vroulike pasmaat
6. JD (28)
- Reitz, Vrystaat
- Gemengde boerdery
- Vroulike pasmaat
7. Junior (35)
- Bethlehem, Vrystaat
- Gemengde boerdery
- Vroulike pasmaat
8. Leandi (36)
- Ventersdorp, Noordwes
- Beesboer
- Manlike pasmaat
9. Luan (26)
- Strydenburg, Noord-Kaap
- Skaapboer
- Vroulike pasmaat
10. Willie (37)
- Harrismith, Vrystaat
- Bees- en mielieboer
- Vroulike pasmaat
Lees ook: Erns deurkruis Viëtnam in nuwe Elders
