Elke vrou verdien die geleentheid om weg te breek – om asem te skep, nuwe bestemmings te ontdek en tyd te maak vir die mense wat die meeste saak maak. Hierdie Vrouemaand nooi MSC Cruises jou om jouself of ’n besondere vrou te bederf met ’n onvergeetlike droomwegbreek aan boord van die MSC Armonia.
Bespreek gedurende die promosietydperk ’n kwalifiserende MSC Armonia-skeepsvaart en bevestig jou bespreking met ’n R3 000*-deposito op uitgesoekte promosievaarte. Só staan jy outomaties ’n kans om jou vaart terug te wen – nog ’n rede om daardie welverdiende vakansie te bespreek.
Aan boord van die MSC Armonia wag daar veel meer as net ‘n vakansie. Word wakker met asemrowende uitsigte oor die see, geniet ontspanne dae langs die swembad, ontdek ‘n wêreld van smaak in die verskillende restaurante en laat jou aande gevul wees met lewendige vermaak. Elke dag bring nuwe geleenthede om te ontspan, te lag en herinneringe saam met familie en vriende te skep.
Of jy nou saam met jou ma, suster, beste vriendin of jou gesin reis, ‘n vaart bied die geleentheid om weer werklik tyd vir mekaar te maak. Dis daardie spontane oomblikke – ‘n sonsondergang op die dek, ‘n rustige oggendkoffie met die see as uitsig of die opwinding om ‘n nuwe bestemming te ontdek – wat ‘n gewone vakansie in iets besonders verander.
Die mooiste geskenke is immers nie altyd dinge nie, maar ervarings wat nog lank ná die reis by jou bly. Hierdie Vrouemaand gaan dit nie net oor waarheen jy reis nie, maar oor hoe daardie oomblikke jou laat voel: vry, verfris en geïnspireer.
Waarom wag om jou droomvakansie te bespreek? Bevestig jou bespreking met ’n R3 000*- deposito, en jy het outomaties ’n kans om jou skeepsvaart terug te wen. Begin sommer nou al uitsien na jou volgende avontuur op die see.
Besoek www.msccruises.co.za of bel 011 844 6073 vir meer inligting, die volledige bepalings en voorwaardes, en om jou volgende droomwegbreek te bespreek.
MSC Cruises – Die Beste Vakansie Ooit.
Lees ook: WEN ’n Willem Botha Beauty-geskenkpak ter waarde van R3 050!



